Cornelis Rudolphus Jansen Tak

- Bygewerk deur Simon Jansen

Cornelis Rudolphus Jansen #255 Storie

Daar ontbreek nog foto's terwyl die kamer in aanbou is!


Daar is nie baie opgeteken of bekend van Cornelis Rudolphus, die eersgebore seun van die Jansenafstammeling, vir die periode vanaf 1772 tot in 1786, toe daar vir die eerste keer weer van hom verneem is nie. Hy was dertien jaar oud toe sy vader oorlede is, en hy was reeds 27 jaar oud toe hy as 'n grensboer naby Graaff-Reinet 'n bestaan gemaak het saam met sy gesin. Op 5 April 1786 het hy toestemming verkry van die Goewerneur aan die Kaap om die verlate plaas van Hercules Malan, Rietfontein aan die Buffelsrivier, as weiveld vir sy vee te gebruik. Die volgende jaar, in 1787, het hy 'n ander plaas, Snyderskraal teen die voorste Sneeuberg, Noord van Graaff-Reinet vir weiding gebruik.

Vier jaar later, op 23 Maart 1791, het landdros Woeke van Graaff-Reinet toestemming verleen dat Cornelis die plaas, "De Vyf Seekoegaten" op 'n plato van die voorste Seeuberg, aan die boonste beginpunt van die Paarde Vallei, met sy vee kon beset. Hierdie was 'n verlate plaas wat voorheen deur Albertus Viljoen, 'n seun van Henning Viljoen, die welbekende stamvader van die Viljoen familie se Henning-stam, besit is. Die toekenning deur landdros Woeke was egter net vir een jaar geldig. Cornelis Jansen was toe 32 jaar oud. Die betrokke dokumente is op Graaff-Reinet opgestel en geliasseer.

Cornelis is op 6 April 1777 met Johanna Catharina Smit getroud. Hulle het vier seuns en drie dogters gehad. Die vier seuns was, met hul geboortedatums in hakies, Christoffel Jacobus (1779), Cornelis Rudolph (1787), Willem Alwyn (1789) en Roelof Johannes (1797). Die dogters was Maria Jacoba (1783), Johanna Catharina (1791) en Sophia Adriana (1794). Dit is weereens interessant om te let op die feit dat Cornelis nie sy vader volgens die tradisies van die tyd vernoem het nie. Die afstammelinge van hierdie kinders het in Graaff-Reinet, Beaufort-Wes, Colesberg en in Kroonstad in die Oranje Vrystaat gewoon. Cornelis is later vir 'n tweede keer met Geertruy Maria Swanepoel in Graaff-Reinet getroud.

Cornelis Rudolphus Jansen #255, (2.Zirke, 1.Cornelius) Gedoop 9 Desember 1759.  Hy trou op 6 April 1777 in Kaapstad, Johanna Catharina Smit #256, Gedoop 14 Junie 1758.
Kinders:
15.     Christoffel Jacobus Jansen, b3c1 #257 oorlede 25 Feb 1864
16.     Maria Jacoba Minnaar (Jansen), b3c2 #296
17.     Cornelis Rudolph Jansen, b3c3 #298
18.     Willem Alwyn Jansen, b3c4, #300 gebore 1789
19.     Johanna Catharina van Heerden (Jansen), b3c5 #303 Gedoop 7 April 1791.  Sy trou in 1806 met Izak Jacobus Van Heerden #304.
20.     Sophia Adriana Venter (Jansen), b3c6 #305 Gedoop 14 Desember 1794.  Sy trou op 2 Desember 1810 in Graaff-Reinet met Petrus Jacobus Venter #306.
21.     Roelof Johannes Jansen, b3c7 #307
22.     Catharina Elizabeth Viljoen (Jansen), b3c8 #4751 oorlede 1808
Nie Europese Banier

TERUG