Museum en Argief

Idee vir 'n kubermuseum - Stander en Ferdie Jansen - RIV
Opdatering en bywerking - Simon Jansen

Voorstoep

Dis met groot hartseer en leedwese dat ons moet afskeid neem van Professor Stander Jansen, die kurator van ons webblad. Stander het na 'n lang stryd met 'n longinfeksie sy stryd verloor.

Professor Stander Jansen riv, was vroeër verbonde aan die Vrystaatse Universiteit en ’n direkte afstammeling van die eerste Jansen-eienaar van Schaapkraal, 'n plaas in die bo-Karoo (Philpstown-distrik), en was die dryfveer agter die vestiging van ’n museum vir die Jansen-familie.

Huidiglik is ons bewus van nog een afstammeling van die Schaapkraal Jansen naamlik Berrie Jansen van Ermelo (ook 'n afstammeling van Schaapkraal se Jansens) wat moet krediet kry vir sy idee om ’n gebou op Schaapkraal op te rig om die Jansen uitstallings in te huisves. Die plaas is egter afgeleë en die veiligheid van die versamelings, bedryfskoste en toegangsbeheer was enkele van die onmiddelike probleme wat die uitvoering van die projek gekniehalter het. Stander en Ferdie het geredeneer dat ’n kubermuseum as tussentydse maatreël die uitstallingsmateriaal dadelik aan die familie (en ander besoekers) beskikbaar kan stel.

Stander Jansen verrig die funksie van Kurator vir die museum, en met Ferdie Jansen se afsterwe is verantwoordelik vir die publisering van die uitstallingsmateriaal op die internet op gedra aan Simon Jansen met die hulp van Elise Jansen, die eggenote van Ferdie (riv). Die museumruimte is in 'n aantal "vertrekke" verdeel wat die uitstallingskategorië verteenwoordig.

Stap gerus deur die vertrekke, kyk, lees en geniet u besoek en as u 'n bydrae wil maak stuur die artikels/fotos/staaltjies aan vir Simon by "simonair50@hotmail.com". U ondersteuning en besoeke is vir ons baie waardevol en word op prys gestel!

Simon Jansen is afstammeling van Hermanus Jansen, wat 'n afstammeling is van Cornelius Jansen wat 'n afstammeling is van Cornelius Jansen die seun van Zirke Jansen ons stamvader. Ek is dus die agste geslag in Suid Afrika en op die ou genealogiese nommer stelsel word ek as a1.b3.c1.d2.e7.f7.g8.h2 aangedui.

Nie Europese Banier

Vanaf hierdie kamer kan u nou deurgaan na die voorportaal van die emuseum. 'n Reis wat u gaan neem van storie en staaltjies oor Jansenfamilie lede, fotos en nog baie interessante verhale en gebeurlikehede waarby 'n Jansen betrokke was, of wat die gebeurtenis geskep het. 'n Ryke verhaal wat vertel moet word.

Nie Europese Banier

Gaan nou deur na die Voorportaal waar u 'n lys van onderwerpe in die Museum sal vind.

As besoeker is u dan welkom om 'n opmerking, kritiek of storie en fotos vir opname te los. U ondersteuning en besoek is belangrik vir ons en ons wil graag u opinie hoor.

Nie Europese Banier

Laat asseblief 'n boodskap in ons besoekersboek wanneer u klaar is.

Dank en Waardering

Nie Europese Banier