Voor huis

- Opsteller en skrywer - Ferdie Jansen - RIV
- Opsigter en byvoegings - Simon Jansen

Welkom

Die "Vanne" en "Gesinne" hoofstukke moes ons geheel en al oor bou. Ons het tans 10000 plus familie lede wat ons weer moet registreer. U kan die Gesinne en Persone (Vanne) deur kyk op twee maniere.

1. Op die hoof Menu kan u na Register gaan en dan na familie-register. Daar sal u vyf hoofstukke vind - Gesinne, Mediavoorwerpe, Persone, Plekhiërargie en Takke. Elkeen van hierdie hoofstukke sal u na nuwe blad neem waar u, u seleksie sal kan maak en volg die blaaie wat vertoon sal word.

2. Op die hoof Menu gaan u na Stamboom. Dit sal u neem na die nuwe blaaie wat gebou is en waar u 'n nuwe menu sal sien - Stambome, Diagramme, Lyste, Kalender, Verslae, Knipselmandjie eb Soek. Elkeen va hierdie afdelings sal u neem na informasie oor die familie.

Ons het ook die familie opgedeel in drie stambome - Zirke, Cornelius en Roelof. Dit is gedoen net vir die gemak van u soeke na familie lede.

Indien u nie kry wat u soek nie kontak my Simon Jansen b3c1d2e7f7g8h2 (Cornelius Stamboom) deur epos te stuur aan simonair50@hotmail.com.

Familie groete en geniet u besoek.

Nie Europese Banier
22 November 1957


Voorwoord tot Jansenhuis


My eggenoot, Ferdie Jansen, is op 25 Augustus 2020 na 'n baie lang siekbed oorlede. Die afgelope 4 jaar kon hy a.g.v. swak sig ook nie meer aan die webblad werk nie. Daar is dus baie onvoltooide hoofstukke en baie fotomateriaal het verlore geraak. Ons gaan, met die bekwame hulp van David Cooke, Simon Jansen en Francois Jansen, probeer om alles weer te herstel.

Groete,
Elise Jansen


Stander Jansen. Napier, Suid-Afrika is op 20 Oktober 2021 oorlede na jare van sukkel met 'n longkwaal. Ons gaan hom mis weens sy onbaatsigtige bydrae wat hy gelewer het tot die Jansenfamilie Webblad.


Ferdie en Elise Jansen doen sedert Januarie 1975 genealogiese navorsing (Jansen, Breytenbach, Venter, Landey en Douglas) in hul vrye tyd. Hierdie webwerf is gebou rondom ‘n raamwerk van genealogiese materiaal wat oor meer as veertig jaar ingesamel is deur Ferdie en Elise.

Die webwerf is egter lank nie meer net die eindresultaat van Ferdie en Elise se navorsing nie. Vanuit hul beskeie persoonlike familiewerf het dit vanaf 2004 gegroei tot ‘n ware familietuiste vir al stamvader Zirke Jansen se nageslag en afstammelinge. In sy huidige formaat is die webtuiste ‘n gesamentlike poging van verskeie outeurs met verbintenisse tot die Suid-Afrikaanse Jansenfamilie.

Alhoewel dit soms beter is om nie name te noem nie, is dit tog nodig om hier erkenning te gee aan persone wat buitengewone bydraes gelewer het, in alfabetiese volgorde na Ferdie Jansen:


  • Jansen, Ferdie. Saamsteller, Suid Afrika (1949 - 2020)
  • Jansen Stander. Bydraes, Suid-Afrika (1942 - 2021)
  • Clemens, Michael. Neustadtgödens, Duitsland
  • Davis, Susan. Graaff-Reinet, Suid-Afrika
  • Jansen, Fred. Molopolole, Botswana
  • Jansen, Johan. Strand, Suid-Afrika
  • Laing, Pieta. Sydney, Australië
  • Van Zyl, Johan. Gordonsbaai, Suid-Afrika
  • Wolvaardt, Gerhard. Pretoria, Suid-Afrika

Ferdie is bewus van slegs een ander publikasie wat spesifiek gerig is op die Jansen-familie van Suid-Afrika.  Dit is die outobiografie van Ds. Johannes Christoffel (Johan) Jansen van die Strand, naby Kaapstad.  Hierdie massale werk bevat ‘n skatkis van genealogiese inligting vanuit Johan se tak van die familie.  Johan het sy familie-register gedurende 2011 bygewerk en ryklik geïllustreer met foto’s. Ferdie dra graag spesiale dank oor aan Johan en sy eggenote Ena, vir hulle besondere bydrae tot hierdie webwerf.

’n Uitsonderlike bydrae is vanaf Michael Clemens, Ferdie se medewerker in Neustadtgödens, Oos-Friesland, ontvang.   Michael was verantwoordelik vir ’n dramatiese deurbraak deurdat hy daarin geslaag het om die besonderhede van stamvader Zirke Jansen se ouers in Oos-Friesland op te spoor.  Hiervolgens kan die Jansenfamilie van Suid-Afrika nou sonder enige twyfel daarop aanspraak maak dat hulle van Duitse herkoms is.  Besondere dank word dus ook aan Michael oorgedra vir sy bydrae tot die nasionale Jansenregister en hierdie webtuiste.

Alle Suid-Afrikaanse Jansens,  Jansen-afstammelinge en persone met Jansen-verbintenis, is welkom om hulle eie familiebesonderhede aan te bied vir opname in die nasionale Jansenregister. Kontak asseblief vir Simon (simonair50@hotmail.com) met vrymoedigheid sodat die nodige vorms en vraelyste aan u gestuur kan word (onthou u epos adres en kontak besonderhede).

Nie Europese Banier

Aan al ons gewaardeerde besoekers: Ons werk op 'n deurlopende basis aan die Jansengeskiedenis, Familieregister, Museum en Foto-album op hierdie webwerf.  Ons is ook besig met navorsing oor die spesifieke geskiedenis van die stamland - iets wat nie as sulks in die literatuur bestaan nie.   U sal sommige gedeeltes van die werk dus onvolledig vind, maar ons glo dat u die materiaal wat reeds gepubliseer is terdeë sal geniet.  Ons publiseer namate hoofstukke en artikels voltooi word.   Die inhoud van hierdie webwerf is dus dinamies van aard en dit groei voortdurend.  Natuurlik verander ons voortdurend aan reeds gepubliseerde artikels namate nuwe feite bekend word.  U  word vriendelik uitgenooi om gereeld terug te keer vir nuwer en meer resente byvoegings.

Nie Europese Banier

© 2021 Die inligting op hierdie webtuiste mag nie sonder toestemming gekopieer of vir enige kommersiële doeleindes aangewend word nie.

-- Jansen Familie Groete --