Besoekers Blad

- saamgestel deur Ferdie Jansen b4c5d6e1f8g2h1 #2 RIV
bygewerk deur Simon Jansen b3c1d2e7f7g8h2 #5284

EPOSTE VAN DIE LEDE WAT SOEK NA JUL GESLAGTE

Laat vir ons 'n boodskap, 'n versoek en vertel 'n storie en ons kom terug na u so spoedig moontlik. Ons wil graag hierdie webblad interaktief maak en sodoende die familie geskiedenis uitbrie to die hedendaagse geslag en dit bewaar vir die nageslag wat nog sal kom. U besoek word waardeer en hoog opprys gestel.

Lewer kommentaar 
Teken as outeur 

Richie?13 May 2026, 07:05

Психолог

Simon Jansen?30 October 2025, 11:10

Hierdie is 'n toets. Werk die besoekers blad. Dankie vir u Ondersteuning.

Nie Europese Banier

Theuns Jansen? (theunsjansen@gmail.com) Woensdag, 2 April 2025 19:37 Hallo Simon Jansen… I have a few pages with a short family tree of the Jansen Family that my Grandfather wrote up years ago. I have been trying to look around the site to find a link but I'm not having a lot of luck. Is there an address I could email the documents I have to help possibly add to the tree, or is there a way to search the site that I am missing that I could use? My Grandfather was Theunis Johannes Botha Jansen from Pietersburg. Kind Regards, Theuns Jansen

Antwoord van admin

{Hi Theunis, Baie dankie vir die epos wat u gestuur het. Vergewe my dat ek nou eers daarop reageer. Ons was by die kinders en klein kinders in Nederland. Ek is baie opgewonde oor die inligting wat jy vir my kan aan stuur want daar is gapings oor die Jansen's van Pietersburg. U het nie dalk ook foto's van die familie wat U bereid sal wees om te deel en my toe te laat om dit in die webblad vas te lê. Nogmaals baie dankie vir die inligting wat u bereid is om aan te stuur. Familie Groete, Simon Jansen}

Kommentaar op Admin Antwoord

{Goeie dag Simon, Jammer dat ek nou eers terugkom, ek het self die epos heeltmal gemis. Ek het die lys aangeheg wat lankal deur my Oupa gedoen is. Is daar n vorm of n spesifieke manier wat ek vir julle die res van die stamboom kan deurgee wat dit maklik sal maak vir julle om op die website by te las? Ek sal probeer uitvind wie presies het al die ou familie fotos wat ons dalk n paar van kan aanstuur. Vriendelike groete, Theuns Jansen

Cornelia? (rprcmr@gmail.com) Sondag, 26 Januarie 2025 00:14 Hello Simon, after many years of trying to find where my great grandmother's family are from I just found it on your website! Thank you so much for all the Jansen information, how interesting and finally linking me to Jan Stephanus Jansen's (born 11 March 1866), wife, Maria Christina Elizabeth Brooks' family. Beste groete, Cornelia

Antwoord van admin

{Hi Cornelia, Baie dankie vir die epos en mooi woorde. Dit word opreg waardeer. Kan ek U vra of u dalk fotos van u familie het wat U bereid sal wees om aan te stuur en my toe te laat om dit op die webblad te plaas. Familie Groete, Simon Jansen}

Kommentaar op Admin Antwoord

{Hallo Simon, So goed om van jou te hoor! Ek het n foto van my oumagrootjie, oupagrootjie en hulle familie, dit is n baie ou foto en nie in die beste toestand toe ek dit gekry het nie, maar wys wel die familie. (Ek is nie so seker dat die foto in 1912 geneem is nie).

  1.      - Oupagrootjie Jan Stefanus Jansen, gebore 11 Maart 1866
  2.      - Oumagrootjie Maria Christina Elizabeth Brooks, gebore 28 Februarie 1870
  3.      - Ouma Cornelia Magrieta Jansen, gebore 27 Augustus 1894
  4.      - Ernest George Jansen, gebore 1896
  5.      - Anne Marie Jansen, gebore 1898
  6.      - Baba Jansen

Die ander foto was geneem in 1953 en is van Cornelia Magrieta Jansen van hierdie familie en haar man, Hendrikus Johannes van Loggerenberg, geneem by hulle dogter Jacoba Elizabeth van Loggerenberg en Pieter Frederick Rhenier Venter se troue, (my ouers). Ek sal nog rondkyk vir ander fotos en vir jou stuur. Beste groete, Cornelia}

Kommentaar op Admin Antwoord

{Hallo Simon, dit was nou gelukkig ek het die epos op die regte tyd vir jou gestuur! Ek waardeer dit so baie dat julle so n pragtige website bou, ek kon nie glo al die informasie wat daarop is nie, om nie te praat van fotos en inligting oor die dae wat die Jansens in Bechuanaland was nie. Baie, baie dankie aan julle almal. Beste groete, Cornelia}

Antwoord van admin

{Hi Cornelia, Ek was besig met die van Loggerenberg's en toe jou epos deurkom was ek regtig baie bly en toe voeg ek die fotos by. Ek moet nou net die Kiekie blad updater. Weereens baie dankie vir U bydra ek waardeer die opreg. Families groete Simon}

Kommentaar op Admin Antwoord

{Hallo Simon, jy het so gou gewerk om die fotos op te sit! Jy doen fantastiese werk, die webwerf is so interessant en die fotos maak n groot verskil. Ek het al die kinders se name van my Ouma en Oupa, Cornelia Magrieta Jansen getroud met Hendrikus Johannes van Loggerenberg, ek weet elf van hulle is al oorlede, die enigste een wat ek nie van weet nie is die tweede jongste, Aletta sophia van Loggerenberg, gebopre 22 September 1937. Hierdie tannie was getroud met Philippus Albertus Kriel, hy was gebore in 1930 in Prieska.

  1.      - Hendrikus Johannes van Loggerenberg, gebore 20 Augustus 1911
  2.      - Jan Stephanus van Loggerenberg, gebore 7 Junie 1914
  3.      - Petronella Magrieta van Loggerenberg, gebore 4 Oktober 1917
  4.      - Maria Christina Elizabeth van Loggerenberg, gebore 29 Maart 1920
  5.      - Johanna Jacoba van loggerenberg, gebore 7 Julie 1922
  6.      - Charles Francis van Loggerenberg, gebore15 Desember 1924
  7.      - Frans Jacob Louis van Loggerenberg, gebore 8 November 1926
  8.      - David Henry van Loggerenberg, gebore Junie 1929
  9.      - Cornelia Magrieta van Loggerenberg, gebore 18 Oktober 1932
  10.      - Jacoba Elizabeth van Loggerenberg, gebore 4 Maart 1934
  11.      - Aletta Sophia van Loggerenberg, gebore 22 September 1937
  12.      - James Joseph van Loggerenberg, gebore 27 april 1939

Ek sal die naweek weer kyk vir meer inligting en fotos. Beste groete, Cornelia}

Antwoord van admin

{Hallo Cornelia, Baie dankie vir die info. Nou kan ek dit wat ek het verifier en opdateer. Ek het egter nog gapings vanaf die 1917 tot hede. Kan U my dalk help met van die informasie, veral die geslagte na 1950’s. Baie dankie vir die fotos. Dit gaan baie mooi inpas by die Kiekies bladsy en by die gesigte. Ek het groot waardering. En nou weet ek hoekom hierdie werk sou belangrik vir my is. Familie Groete, Simon Jansen}

Paul Benjamin Jansen? (paevjansen@outlook.com.au) Dinsdag, 7 Januarie 2025 22:00 Hallo beheerder…Paul Benjamin Jansen het ’n rekening (PaulEvaAriela) versoek en die epos-adres (paevjansen@outlook.com.au) bevestig.

Kommentaar op Admin Antwoord

{Admin het die rekeningbesonderhede nagaan. http://jansenfamilie.co.uk/stamboom/index.php?route=%2Fstamboom%2Fadmin%2Fadmin-users-edit&user_id=6. Verstel die status na "goedgekeur".Bepaal die toegangsvlak vir elke stamboom.Koppel die gebruikersrekening aan 'n individu. }

Spike? (Spikej@tshwane.gov.za) Dinsdag, 7 Januarie 2025 19:02 Hallo Simon Jansen…Ek het info op Jacobus Paulus Daniel Jansen

Antwoord van admin

{Hi Spike, Baie dankie vir die epos en ek vra groot om verskoning dat ek nou eers reageer op U epos. Ons was by die kinders en klein kinders in Nederland. Ek sien uit daarna om die inligting te kry van Jacobus Paulus Daniel Jansen. Ek wil ook vra of U nie dalk foto's het van U familie wat U bereid sal wees om te deel en my toe te laat om dit op die webblad te plaas. Familie groete Simon Jansen }

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}


Hierdie masale werk en jare se navorsing was Ferdie en Elize Jansen se inisiatief en die begin van 'n familie geskiedenis wat honderde jare terug gaan en waarop elke familie wat hierin op geteken is kan trots wees. Ferdie het aanvanklik net met die Jansen familie begin maar soos wat hy die geslagte ontrafel het, het hy besef dat daar baie leemtes is in die Jansenfamilie. Die genealogiestelsel maak meestal gebruik van die seun se detail terwyl die dogter soort van agter bly. Ferdie se wens was om almal volledig vas te lê. Gevolglik is daar nou baie meer familielede wat gekoppel word aan die Jansennageslag. Ferdie se wisie sal voortleef.


David (david@ellendee.co.uk) 26 July 2021, 06:01 Dit is 'n toetsboodskap om te kyk of die sagteware reg werk.

Antwoord van admin

{Toets loop ....}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

annomous? 05 February 2022, 11:34 Marthinus Jacobus Ferreira en Johanna Elizabeth Ferreira nooiensvan Jansen was my skoon ouers. My man was Frederik Antonie Ferreira. Hulle het in Senekal gewoon. Het 8 kinders gehad ,waarvan 2 as babas oorlede is. Daar is nou nog 3 kinders lewend.

Antwoord van admin

{Dankie vir u belangstelling. Soos u gesien het op die webtuiste is daar baie van u familie se data nie beskikbaar nie. U wil nie dalk 'n bydrae lewer en hierdie informasie vir ons beskikbaar maak en aanstuur. Baie groot waardering.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Michael Jansen? 06 July 2021, 14:51 Liewe Elise, Innige meegevoel word jou toegewens. Ek doen al 10 jaar lank navorsing oor die Jansens, my voorsate, van Graaff Reinet. Julle inligting is uitstekend. Ek was in 2003 in Neustadt Gödens in die museum en het baie verneem van die gebied se geskiedenis. Ons deel dieselfde voorsate tot by Zirk Bernardus (1800), Daarna is my been Roelof Andries (1827) Zirk se seun and jou been Frederik Antonie (1836). Ek het foto's in inligting van hierdie been en dit is op Myheritage.

Antwoord van admin

{Hi Michael, ek is Simon Jansen en hou die webblad aan die gang. My epos adress is simonair50@hotmail.com. Kan ek vra of jy nie dalk al jou inligting vir my kan stuur nie want ek het probeer om na die inligting te kyk op MyHeritage, maar kom nie reg nie. Elke keer as ek op web gaan soek dit 'n kaart betaling inligting.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Martie Adlam? 14 March 2016, 12:51 Goeie dag Ferdie en Elise, ek het op julle web blad afgekom en my moeder, Mona Jansen (5121) se geboorte datum is verkeerd en moet wees 13 Mei 1926 en was getroud met Hendrik Daniël Dames Booysen. My Oupa was Hendrik Lodewyk Jansen (431) Withuis Jansen wat die Withond gestook het. My broer Johan Booysen het ook genoem dat die een persoon op een van die foto's van die Withuis (2 persone en 'n motor). Piet Louw was en het my Oupa se groente en vrugte trollie deur die dorp gestoot om sy produkte te verkoop. Verder sien ek dat net my een suster Tersia se inligting verskyn op die Famile register, hoe gaan ek te werk om inligting by gewerk te kry.

Antwoord van admin

{Hi Martie, ek het by Ferdie oorgeneem met sy afsterwe. Ek is Simon Jansen en sal graag die opdatering vir jou doen. Stuur die inligting na my epos simonair50@hotmail.com en ek doen die opdatering.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Reanne van Niekerk ? [06 July 2015 19:48-] Ek wil so graag meer van my pa se familie weet. Ek het net inligting oor my Oupa, John Henry Jansen, gebore 4 October, maar geen jaar nie. Ek vermoed hy was Johannes Hendrik, maar toe hy met 'n Engelse vrou trou, Annie Mable Rip, gebore 8 Mei, geen jaar nie, het sy hom sy name laat verander. Ek weet wel dat hy op Roberson in die Wes-Kaap gedoop is. Hulle het 4 kinders gehad, waarvan ek afstam. Waar kan ek meer uitvind?

Antwoord van admin

{JAMMER DAT EK NOU EERS ANTWOORD. EK STUUR DADELIK VIR JOU ;N EPOS.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Wilna Britz?16 January 2015 17:51 Goeie dag Ferdie en Elise%0aEk is besig om my familie stamboon na te vors en het op julle pragtige uiteensetting afgekom. Ek vermoed my voorvaders moet iewers in julle skema inval aangesien my pa en oupa grootjie Willem Schalk Jacobus Jansen is. My oupa is egter Leendert Pieter Christiaan Jansen. Ek hoop julle kan my help om iewers nog inligting te bekom. Wilna Britz (Jansen)

Antwoord van admin

{ILNA, ONS HET NIE JOU OUPAGROOTJIE SE NAME IN DIE REGISTER NIE. "WILLEM SCHALK" IS "VAN DER MERWE"- NAME EN EK VERMOED DAT JULLE WAARSKYNLIK INSKAKEL BY DIE NAGESLAG VAN DIE STAMVADER SE EERSTE SEUN. KONTAK MY PER EPOS SODAT ONS KAN PROBEER OM JULLE TE VERBIND.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Tamara? 12 November 2014 09:51 WOW! amazing looking through the older pics and seeing my daughter, nieces, cousins looking right back at me. I am not sure how we fit in, my dad is a Jansen. We live in the WC and am sure my father is part of the slave branch of the family. But the resemblance to my own family is amazing.

Antwoord van admin

{TAMARA, THANKS FOR THE NOTE - YOU WILL HOWEVER HAVE TO GIVE MUCH MORE INFORMATION TO ENABLE US TO LINK YOU AND YOUR FAMILY INTO THE REGISTER.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Christiaan? 12 May 2014 11:00 My oupa was Alf Jansen gewees. Sy volle name was: Alfred Nels Jansen. gebore 6 Feb 1916 oorlede 12 Sep 1972. Hy was getroud met Sarah Margaret Norden. Hulle het 5 kinders gehad.

Antwoord van admin

{CHRISTIAAN, HET JY INTUSSEN ENIGIETS VERDER WYS GEWORD? KONTAK MY ASSEBLIEF PER EPOS SODAT ONS KAN PROBEER OM JULLE TAK OP TE TEKEN VIR DIE REGISTER.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Ezle Hough ? 05 November 2013 08:18 Ek het die naweek besluit om my stamboom na te vors. Was dit nou heerlik toe ek google en sommer dadelik op jul webtuiste afkom! My pa, Anton Jansen, is van Mosselbaai. Hy het ook 'n broer gehad met die naam Zirk. Ek gaan bietjie vir hom sy ma en pa en susters ens se name en geboortedatums vra. Sjoe, dit is baie interessant. Baie dankie vir dit wat julle vir ons nageslag gedoen het! Dit het ewigheids waarde!

Antwoord van admin

{EZLE, DIT WAS NOU WAARLIKWAAR 'N AANGENAME VERRASSING OM JOU BOODSKAP TE LEES! DANKIE VIR DIE MOOI WOORDE, MAAR 'EWIGHEIDSWAARDE'? EK WEET DAREM NIE! JOU VADER EN OOM SE NAME Sê DAT JULLE FAMILIE IS. EK STUUR DADELIK VIR JOU 'N VORM WAT JY KAN INVUL OM JOU TE HELP MET DIE NAVORSING. GROETE!}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Charlene Viljoen? 30 October 2013 14:06 Ferdi en Elise, jul webtuiste is puik! Die uitleg is uitstekend om nie eens te praat van die museum en foto's nie! Dit is jare se werk waarop mens waarlik trots kan wees, dankie dat ons dit ook kan geniet.

Antwoord van admin

{DANKIE VIR JOU BESOEK, CHARLENE. ONS GESELS VERDER VAN LYN AF OM TE SIEN HOE JOU JANSENS AAN MYNE SKAKEL.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Ockert Jansen? 12 August 2013 00:26 Goeie dag, ek is tans besig om my pa se familie van na te slaan. Met Sy inligting kon ek net tot by zirk Jansen, vader van Jacobus johannes, kom. My probleem is dat, toe ek julle inligting lees, niks verder sense maak nie. Sal ons miskien kan kommunikeer om die probleem op te los. Dankie.

Antwoord van admin

{DANKIE DAT JY KONTAK GEMAAK HET OCKERT - DIE REGTE INLIGTING IS VIR MY NET SO BELANGRIK AS VIR JOU. EK STUUR VIR JOU 'N E-POS, DAN KAN ONS SAAM AAN DIE PROBLEEM WERK}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Linet Esterhuyzen? 31 July 2013 20:26 Dankie, Ferdie en Elise, vir die wonderlike webtuiste. Ek het n paar jaar terug my Moeder, Anna Catharina Magdalena Jansen, gebore 1923, se kinders se details vir julle gestuur. Ek het intussen van werk verander en al die detail verloor. Nou het ek die webtuiste weer opgespoor. Ek is so bly. Weereens dankie.

Antwoord van admin

{ANKIE VIR JOU BESOEK LINET EN DANKIE OOK VIR DIE MOOI WOORDE. DIS HOEKOM DIE WEBWERF IN DIE EERSTE PLEK GESKEP IS! DIE BELANGRIKSTE IS NATUURLIK OF DAARDIE WONDERLIKE OUMA SE NAGESLAG (HULLE DRA NIE DIE JANSEN-VAN NIE, MAAR WEL JANSEB GENE) ALMAL OPGETEKEN IS? LAAT WEET ASSEBLIEF (PER e-POS)}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Willie Koorts? 27 June 2013 12:35 Wat 'n wonderlike idee om jou familieskatte in so 'n virtuele museum te bewaar! Reeds 'n wonderlike versameling hier en baie goed gedokumenteer. Ek sal beslis weer 'n draai kom maak.

Antwoord van admin

{BAIE DANKIE VIR JOU BESOEK WILLIE. JY IS BAIE WELKOM - ONS WERK MAAR AAN DIE WEBWERF SOOS WAT DIE TYD TOELAAT.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Marna Lubbe? 21 June 2013 16:25 Wel, sjoe die navorsing is groot en wyd. Dit is baie besonders en baie interesant om van alles en almal te lees en die gesigte te sien. Liefde en groete Marna.

Antwoord van admin

{DANKIE MARNA. KOM KUIER SOMMER GEREELD - ONS IS VOORDUREND BESIG OM DIE WERF OP TE GRADEER EN BY TE WERK.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

jorge arez da silva? 16 March 2013 13:16 dear Ferdie and Elise need your help on your family tree i find a ludder stiekem deceised in 1740 in frieseland and was maried to a margaretha stiefken that maried 2 years later to an jansen do u know more details on those 2 ? i descent from a friedrik stiefken danish consul from danmark in lisbon betewn 1757 and 77 relatede to a ludder stiefken industrial and see businessman in coppenhagen and i am a cousi from a b portuguese branch from jansen family descent from Mateus Jansen * Schleswig-Holstein, Lübeck born.circa 1620 Heiraten Catarina Moller * c. Kinder Pedro Jansen Moller * c. 1650 married lisbon Josefa Valéria Bonini Biografische Notizen [pt] Capitão de Mar e Guerra da Armada Holandesa captain from dutch fleet

Antwoord van admin

{DEAR JORGE_AREZ, WHAT YOU SEE ON THE WEBSITE IS WHAT I HAVE IN MY REGISTER. I HAVE NO FURTHER INFORMATION ABOUT MARGARETHA SIEFKEN. SHE WAS MARRIED TO A CERTAIN LUBBE SIEFKEN, WHO DIED IN 1740. SHE THEN GOT MARRIED TO CORNELIUS JANSEN IN 1742. SORRY THAT I CAN NOT HELP FURTHER. REGARDS, FERDIE.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Marti Rupping? 07 March 2013 15:58 hi ferdie en elize, wat 'n voorreg om deel te kan wees van hierdie jansen familie, julle twee doen wonderlike werk,dit is ongelooflik mooi gedoen en kan nie wag om die eindresultaat te sien nie, sterkte en weereens baie baie dankie vir wat julle doen. groete (kalahari groete)

Antwoord van admin

{MARTI, BAIE DANKIE VIR DIE BESOEK EN VIR DIE MOOI WOORDE! KOM KUIER SOMMER GOU WEER - ONS PUBLISEER BINNEKORT ONS FAMILIE-MUSEUM EN VRA VIR BYDRAES!}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Daan Botes?13 January 2013 09:00 Uitstekend! Ek wens ek was al daar!

Antwoord van admin

{DANKIE VIR JOU BESOEK DAAN - ONS GESELS VERDER VAN LYN AF.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Judi Meyer? 11 December 2012 12:37 Liewe Ferdie, Dit is stunning. Dankie vir die pragtige foto's, ek sien sommer ooreenkomste met my ouma Maria Jacoba jansen se nageslag daar. Sterkte met die oorbou van hierdie wonderlike stuk navorsing waaraan jy/julle al so hard gewerk het en nou alles moet oordoen. EK hou beslis dop en het regtig die webtuiste gemis.

Antwoord van admin

{BAIE DANKIE VIR JOU BESOEK JUDI EN OOK VIR DIE MOOI WOORDE.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Edith Fourie? 04 January 2012 13:08 Goeie dag. Ek het op julle skakel afgekom nadat ek begin soek het na my man se voorgeslagte. My man se groot Oupa Grootjie was Zirk Bernardus Jansen. Ek vermoed een van sy dogters - Anna Susanna is met 'n Fourie getroud. Ek sal graag meer inligting wil hê indien daar dalk later 'n Fourie in die familie was. Dankie,

Antwoord van admin

{EDITH, DANKIE DAT JY ONS WEBTUISTE BESOEK HET. EK HET JOU PER EPOS GEKONTAK EN WAG OP JOU REAKSIE.}

Kommentaar op Admin Antwoord

{...}

Nie Europese Banier