Drie Geslagte In Suid-Afrika

- Bygewerk deur Simon Jansen

Drie Geslagte in Suid-Afrika

Stamvader Zirke Jansen en sy eggenote Catharina, het sewe kinders gehad: Twee seuns en vyf dogters.  Beide die seuns het ’n nageslag gelaat wat die Jansen-familienaam kon voortdra.  Hierdie twee seuns, Cornelis Rudolphus Jansen b3 (#255) en Roelof Andries Jansen b4 (#34), kan dus tereg die twee Tak-vaders van die Jansen-familie genoem word. Die " Stamboom" is daarvolgens verdeel vir gemak in u soeke na u familie been:

Nota:

Ferdie se familie kom uit Roelof Andries Jansen, b4 #34 se tak.
Myself (Simon) kom uit die Cornelius Rudolphus Jansen, b3 #255 se tak.

Cornelius Jansen

Cornelis Jansen #1249 - Trou datum onbekend maar is opgeteken voor 1731, Trintke Marie Jansen #1250, sterf 10 April 1742 in Neustadtgödens. Trou op 7 November 1742 in Neustadtgödens met Margaretha Siefken #1254, vrou van Lübbe Siefken #2721 begrawe 23 November 1740 in Neustadtgödens.
Kinders(3):
1.    Zirke Jansen #36 (a1) - Zirke is gebore in die jaar 1731 – Neustadtgödens, Oos Friesland, Duitsland, oorlede 21 Desember 1772 in Drakensteyn, Suid Afrika. Trou op 5 Oktober 1755 met Catharina Buys #37 in Kaapstad. Catharina is gedoop 6 Januarie 1737 en is oorlede 2 September 1772. Catharina is die dogter van Barend Buys #85 en Alida van den Berg #90.
2.    Anna Margarethe Jansen #1251 a2 - Anna is gedoop 8 Januarie 1737 in Neustadtgödens en stref op 10 Des 1803 in Neustadtgödens. Trou op 9 Junie 1769 met Jacob Harms Frese #1252. Jacob is gedoop 6 Julie 1739 in Neustadtgödens. Sterf 26 Oktober 1797 in Neustadtgödens.
3.    Eilie Catharine Jansen #1253 a3 - Eilie is gebore 23 November 1739 en sterf 23 November 1744 in Neustadtgödens. Sy was maar net vyf jaar oud toe sy oorlede is en is begrawe in die Lutherse Kerk begraafplaas.

ZIRKE JANSEN #36 a1

ZIRKE JANSEN #36 a1 - Zirke is gebore 1731 in Neustadtgödens, Oos Friesland, Duitsland, sterf 21 Des 1772 in Drakenstein, Suid-Afrika. Trou met Catharina Buys #37 toe sy agtien jaar was op 2 Oktober 1755 in die Hollandse kerk in die Kaap. Haar ouers was Barend Buys #85 en haar moeder Alida van den Berg #90.
Kinders(7):
1.    Lasya Rudolphina Jansen #252 a1b1 - Lasya is gedoop 11 Julie 1756 in Kaapstad
2.    Alida Elizabeth Jansen #253 a1b2 - Alida/is gebore 24 Junie 1757 in Kaapstad. Trou op 4 Julie 1775 met Frans Jordaan #254.
3.    CORNELIS RUDOLPHUS JANSEN #255 (a1b3 - Cornelis is gebore 9 Desember 1759. Trou met Johanna Catharina Smit #256 op 6 April 1777 in Kaapstad. Johanna is gedoop 14 Junie 1758
4.    Roelof Andries Jansen #34 a1b4 - Roelof is gebore 7 Desember 1760 in Kaapstad. Trou op met Geertruy Maria Swanepoel en neem sy tweede vrou op 23 Augustus 1789 naamlik Elsie Elizabeth Vlotman #35 in Kaapstad. Elsie is die dogter van Anthonie Frederick Vlotman #76 en Aletta Catharina Vlotman #77. Elsie is gedoop 30 Augustus 1772. Elsie is die dogtervan Eva Krotoa die moeder van die Koi San afstammelinge in Suid Afrika.
5.    Catharina Maria Jansen #291 a1b5 - Catharina is gebore 20 November 1763 en trou op 1 Februarie 1795 met Christiaan Lodewyk Koning #292.
6.    Anna Louisa Jansen #293 a1b6 - Anna is gebore 25 Oktober 1767
7.    Anna Lasya Johanna Jansen #294 a1b7 - Anna is gebore 11 Maart 1770 in die Paarl en trou op 11 Januarie 1789 met Christiaan Gerhardus Rasp.
Nie Europese Banier
Drie Geslagte Diagram

Seuns en kleinseuns van stamvader Zirke Jansen

Bostaande diagram toon die manlike afstammelinge van Zirke Jansen tot in die derde geslag.  ’n Meer volledige weergawe (met datums en ’n verdere geslag, insluitend die Jansen-dogters) kan by die volgende skakels besigtig word:

Cornelis Rudolphus Tak

Roelof Andries Tak

TERUG