Vestiging van 'n Friesiese Leefstyl

- saamgestel deur Ferdie Jansen
opgedateer deur Simon Jansen''

Vestiging van ‘n Friesiese Leefstyl

Die twee eeue tussen 400vC en 200vC word gekenmerk deur betekenisvolle kultuurveranderinge onder die bewoners van die Noordsee kusgebiede. Hierdie periode word beskryf as die tydperk toe daar vir die eerste keer bewuswording was van ‘n duidelik definieerbare Friesiese kultuur. Dit is interessant om daarop te let dat die Chaukii tiperende langhoofdige, breë skedels gehad het. Die breedte van die skedel was groot in verhouding tot die lengte van voor tot agter. Dit is die tipiese skedelkarateristieke van die Griekse en meditireense skedelvorm. Die Friese, daarenteen, het die Nordiese skedelvorm, naamlik ‘n langhoofdige, smal skedel gehad. Die breedte van die skedel was klein in verhouding tot die lengte van voor tot agter. Dit was moontlik om te verwys na ‘n Friesiese voorkoms. Behalwe vir ‘n tiperende voorkoms, was dit ‘n bevolking met hulle eie taal en godsdiens.

In die geografiese gebied tussen die Friese en Chaukii was daar noodwendig rasvermenging. ‘n Ander, nie-Germaanse bevolkingsgroep, wat in die Nederlande gewoon het voor die Germaanse besetting vanuit Skandinawië, het ook in die gebied gewoon. Hierdie groep is egter kultureel volledig deur die Friese oorskadu en het uiteindelik as kultuurgroep verdwyn (etal). (Etal) Kort voor die besetting van die kleidistrikte deur die Skandinawiërs, gedurende die vroeë Ystertydperk, en net toe die Friesiese kultuur duidelik vorm begin aanneem het, het ‘n groot natuurramp die gebied getref. Daar was ‘n skielike styging in die seevlak langs die noordelike kusgebied en in die lae lande. Hierdie gebeurtenis sou die Friesiese lewenswyse vir altyd verander. Groot gedeeltes van die kusland is bedek deur strandmere en moerasse. Die land was blootgestel aan die see en vloedgetye het gereeld die landstreek onbewoonbaar gemaak. Die bevolking het begin om hulself teen die see te verskans en het massiewe bolwerke of bewoonbare heuwels van grond geskep waarop hulle hul huise gebou, landerye bewerk en vee beveilig het. Stadig maar seker, namate die watervlak gedaal het, is die laerliggende gedeeltes droog gelê en bewerk.

Hulle het voortgegaan om hulself te beskerm deur meer en groter bewoonbare heuwels te bou. Dyke was op daardie tydstip nie ‘n praktiese oplossing in die betrokke gebiede nie. Daar was verskeie tydperke van seevlakveranderings en stygings het gewoonlik gepaard gegaan met stormvloede. Die eerste hiervan het in 500vC plaasgevind. Ander stygings het in 200vC, 250nC en weer in 800nC plaasgevind. Die styging van die seevlak en die gepaardgaande stormvloed was so ongenaakbaar dat die meeste Friese die kleidistrikte verlaat het. Dit was onmoontlik om ‘n noemenswaardige bestaan te maak in die gebied. Toestande het eers weer in ongeveer 400nC na normaal begin terugkeer. Gedurende hierdie periode het die Friese en die Chaukii ‘n alliansie, bekend as die Franke, gesluit. Dit is hierdie Frankiese groepering wat later suidwaarts migreer het en die Frankiese Ryk gevorm het. Die Friese het in hierdie tyd ook met die Angele en die Saksers vermeng.

Bewoonbare heuwels (“terps”), deur mensehande geskep, bestaan tot vandag en word steeds bewoon en bewerk soos vanouds

Dit was eers na die groot vloed van 800nc dat oorgegaan is tot die konstruktiewe bou van dyke as beskerming teen die see. Aanvanklik was dit slegs met die oog op die drooglegging van die laer gedeeltes tussen die bolwerke dat dyke gebou is. Die periode tussen 1000nC en 1100nC is egter gekenmerk deur grootskeepse en beheerde bou van dyke. Die bou van bolwerke was tiperend van defensiewe aksies teen die aanslag van die see. Die verdere stap, naamlik om die bolwerke te verbind met dyke kan as offensiewe aksies teen die aanslag van die see beskou word. Aanvanklik is drie bolwerke verbind in die vorm van ‘n driehoek en is die gedeelte aan die binnekant drooggelê en geleidelik met grond opgevul.

Op hierdie wyse het die Friese baie gou op sistematiese wyse begin om dyke te bou en grond droog te lê. Sodoende is die voorkoms van die landskap grootliks verander. Die dykbouery het vir die organisering van werkers en vir goeie beplanning gevra. Die gemeenskapsgevoel onder die Friese van hierdie periode was dus baie sterk. Individuele bevoorregting was nie deel van die samelewing nie en is slegs vir die geestelike leiers gereserveer. Hierdie gemeenskaplike doelwit het aanleiding gegee tot ‘n slagspreuk vanuit daardie tyd: “He who does not dyke, has to yield”, bedoelende dat diegene wat nie wou bydra deur te werk aan die konstruksie en instandhouding van die dyke nie, sy plaashuis en landbougrond moes opgee.

Groot gedeeltes van Friesland is spoedig deur dyke beskerm en daar was streng reëls en regulasies in plek om die instandhouding van die dyke en die beheer van die watersluise te reguleer. Die eerste dyke was ongeveer 1.5 meter bokant grondvlak. Net agter die dyk was daar ‘n 4 meter breë instandhoudingspad. Daar is op hierdie wydte besluit om die waens verbykomkans te gee tydens noodtoestande.

Die bou van die dyke kan, in terme van die hoeveelheid grondverskuiwing wat plaasgevind het, as ‘n wêreld wonder beskou word. Ten spyte van die bou van die dyke en die uitstekende instandhouding, het stormvloede steeds plaasgevind en is die drooggelegde landbougrond steeds oorstroom. Die nagevolge was gewoonlik groot tragedies in terme van menselewens. As gevolg hiervan het Friesland, en spesifiek Oos-Friesland in hierdie tyd ‘n baie kenmerkende karakter gehad in die eerste eeu van die tweede milennium.: Behalwe vir die sterk gevestigde landboukarakter – die plase was hoofsaaklik weigrond, want dit was te nat om byvoorbeeld gewasse soos graan te verbou – was die leefwyse nie-feodaal, uniek in die Europa van die twaalfde eeu.

Na die ineenstorting van die Frankiese feodale regeringstelsels van vroeër, het die inwoners van Friesland vry landbouers, skeepsbouers en vissermanne geword. Daar was nie kastele, ridders of enige vorm van sentrale regeringsgesag nie. Die Friese, alhoewel waardig om as edel getipeer te word op grond van hul lewensstyl, het nie die uitspattigheid van die feodale ridders gehandhaaf nie. Die edelmanne en graafskappe van die lae lande het dikwels met begerige oë in die rigting van Friesland en sy waardevolle landbougrond gestaar. Die Friese het hierdie edelmanne as kompetiese gesien en beslis nie as potensiële handelsvennote nie. Die Friese was bekend as bees- en veeboere. Hulle het nie net die baie bekende Friesbeeste geteel nie, maar was ook bekend vir die besondere Friesiese perde wat baie gewild was by die middeleeuse ridders vir hulle oorlogspogings.

Nie Europese Banier

TERUG