Tweede Wêreldoorlog van 1 September 1939 tot 9 September 1945
Oorsaak can die Tweede Wêreldoorlog
Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre konflik wat van 1939 tot 1945 geduur het, alhoewel verwante konflikte al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede Chinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad op meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande.
Die oorlog is veroorsaak deur die onbevredigende besleg van die Eerste Wêreldoorlog en die ekspansionistiese ambisies van die drie hoof spilmoondhede (Duitsland, Italië en Japan), maar ook die Sowjetunie se strategiese belange in Finland, Bulgarye en die Europese see-engtes. Vanweë die geskille met Josef Stalin en sy minister van buitelandse sake, Molotof, oor die afbakening van die Sowjetunie se belangesfere in Europa, wat 'n voorvereiste vir die Sowjet-toetrede tot die Anti-Britse koalisie van Duitsland, Italië en Japan was, het Adolf Hitler uiteindelik die besluit geneem om die Sowjetryk met 'n verrassende aanval uit te skakel.