Konsentrasie Kampe

- Bygewerk deur Simon Jansen

Konsentrasie Kampe van die Anglo-Boere Oorlog

Oorsaak van die Konsentrasie kampe

Die afbrand van opstalle as deel van die Britse verskroeideaardebeleid tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902 het ʼn groot probleem geskep in die vorm van ʼn groeiende getal hawelose Boerevroue en hul kinders. Die presiese aanvangsdatum van die konsentrasiekampstelsel om aan hulle ʼn heenkome te bied is onbekend, maar dit blyk ʼn kamp vir hawelose burgerlikes is reeds aan die begin van die oorlog by Mafeking (vandag Mahikeng) opgerig. In hierdie stadium was dit egter nog nie die amptelike beleid of stelsel nie, maar sou teen omstreeks Julie 1900 amptelik word.

Teen daardie tyd was Lord Roberts verplig om wapenneerlêers teen heropkommandering deur die Boeremagte te beskerm. Die enigste uitweg was om hulle en hul gesinne in beskermingskampe (sogenaamde “refugee camps”) te plaas, en gevolglik is sulke kampe in September 1900 in Bloemfontein en Pretoria opgerig. Daar was egter uit die staanspoor ook hawelose Boerevroue met hul kinders in die kampe, asook grysaards wie se huise afgebrand is en wat hulself nie vrywillig onder Britse beskerming geplaas het nie – die sogenaamde “ongewenstes”. Spoedig het hulle die “refugees” in getalle oortref.

Ander kampe wat voor die einde van 1900 ontstaan het, was te Potchefstroom, Irene, Heidelberg, Heilbron, Kroonstad, Norvalspont, Pietermarizburg en Port Elizabeth. Konsentrasiekampe vir swart mense is ook opgerig.

Op 29 November 1900 het Lord Kitchener die opperbevel van Roberts oorgeneem. Onder hom het die afbrandings, nieteenstaande sy verklaarde standpunt daarteen, geensins afgeneem nie. Sy instruksies het heelwat vryheid aan bevelvoerders in die veld verleen. Ook die afbranding van hele dorpe het voortgegaan, soos Wolmaransstad, Bethal, Ermelo, Carolina, Reitz, Parys en Lindley.

Kaart van konsentrasiekampe vir swart mense

Daarbenewens het Kitchener die verwoesting van voorrade met groter ongenaakbaarheid voortgesit. Gesaaides is vernietig en beeste, skape en perde is na die Britse kampe aangejaag of doodgemaak. Sommige diere is vermink en lydend in die veld agtergelaat.

Konsentrasiekampe, epidemies en 'n verskroeide aarde

Die konsentrasie kampe wat die Boere Volk geknou het

Boerevroue en kinders in 'n Britse konsentrasiekamp tydens die Tweede Vryheidsoorlog, ongeveer 1900. Die Britte het nie 'n totale oorlog gevoer waarin almal voor die voet geskiet is nie. Onderskeid is tussen vegtende en nievegtende Boere getref, alhoewel daar uitsonderings is. Van die einde van 1900 het Britse troepe voor die voet (behalwe waar daar hensoppers was) opstalle afgebrand en vee uitgewis. Verwoesting en chaos is oor amper die hele Vrystaat en Transvaal gesaai.

Kampe is opgerig om die gevange Boere vroue en kinders beter te kan beheer. Swart mense wat ook gevange geneem was, is in aparte kampe geplaas. Die plasing van die kampe was swak en die inwoners het onvoldoende (dikwels vergiftigde) voeding gekry. Uiterste lyding in haglike omstandighede het die inwoners van die kampe elke dag getreiter. Baie het gesterf, veral van buiktifus en masels. Die Britse publiek, plaaslik en in Brittanje, het eers bewus geraak van wat in die kampe gebeur toe Emily Hobhouse in Engeland toestemming gekry het om die kampe te besoek. Hobhouse het in Desember 1900 Engeland verlaat en in Mei 1901 teruggekeer. Voor haar vertrek het sy net kennis gedra van die Port Elizabeth-konsentrasiekamp. Sy is met afgryse vervul oor wat sy gesien het en sy het die publiek geskok met haar onthullings. Teen Oktober 1901 het die sterftesyfer tot 344 per 1000 in die kampe opgeskiet. Kinders onder vyf jaar oud het feitlik geen kans op oorlewing gehad nie. Teen die einde van 1901 het 'n kommissie van Engelse vroue, wat oorlogsondersteuners was, ook besoeke by die kampe afgelê. Hulle was net so geskok soos Hobhouse. Hulle het 'n aantal aanbevelings gemaak wat die dodetal skerp laat daal het.

Die mans, Britte en Boere, was verslae oor die vroue se dapperheid en wat hulle bereid was om te verduur vir die stryd om onafhanklikheid. Die vroue was onversetlik in hul aandrang dat hul mans en seuns vir onafhanklikheid moes voortveg. Sommige vroue het verklaar dat hulle verkies om hul huise te sien brand eerder as dat hul mans oorgee. Daar het 4 177 Boerevroue en 22 074 Boerekinders in die kampe gesterf. Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is opgerig ter nagedagtenis van die Boervroue van die Tweede Vryheidsoorlog. Die Oorlogsmuseum is ook daar opgerig.

Nie Europese Banier

Die name wat opgeteken is en wat beskikbaar is hier opgeneem. Die blad word ook aan elke familielid wat die wapen opgeneem het eopgedra. Elkeen was 'n held, deur die blote feit om op te staan waarvoor hul in die eerste plek die Kaap onder die Engelse verlaat het. Elkeen waarvan ons inligting kon bekom is hier opgeteken onder 'n besonder opskrif. Die individuele bydraes is bygewerk by hul individuele inligtingsblad. Die Engelse het alle burgers watdie wapen opgeneem het as rebelle beskou. Maar in hierdie gedeelte sal u sien dat elkeen wat deelgeneem het 'n held is en met hul terugkoms sy verskrooide plaas weer opgebou het vir die nageslag.

Uittog van magte

Nie Europese Banier

Bladsye wat handel oor die Jansen Families wat in die Britse konsentrasie geplaas was en wat daar oorlede is.

TERUG