Tweede Vryheids Oorlog

- Idee vir die kamer Ferdie Jansen
- Bygewerk deur Simon Jansen

Tweede Vryheids (Tweede Angolo-Boere) Oorlog van 1899 tot 1902

Oorsaak van die Oorlog

Die oorsaak van die oorlog is steeds omstrede. Aan die Britse kant was dit 'n polemiek vanaf die oomblik dat dit uitgebreek het. Anti-imperialiste, asook Marxiste, het die oorlog as 'n produk van 'n kapitalistiese sameswering gesien wat daarop gemik was om, deur middel van brute krag, die diamant- en goudvelde van die Vrystaat en Transvaal te bekom.

Inleiding

Die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo-Boereoorlog (Engels: Second Boer War), was 'n oorlog tussen die Boererepublieke van die Oranje-Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek aan die een kant en die Britse Ryk aan die ander kant wat tussen 11 Oktober 1899 en 31 Mei 1902 in Suider-Afrika, Swaziland ingesluit, gewoed het.[7] Minder algemene name in omgang wat in die letterkunde gebruik word is die Engelse Oorlog[8] en die Driejarige Oorlog.[9]

Oorsig

'n Britse blokhuis in Suid-Afrika

Die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Suid-Afrikaanse Oorlog, oftewel die Anglo-Boereoorlog, het vanaf Oktober 1899 tot Mei 1902 geduur. In hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ou Transvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, te staan gekom teen die Britse Ryk. Die hele gebied waarop hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek van Suid-Afrika.

Oor die sowat twee en 'n half jaar wat die oorlog geduur het, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "Boererebellie" te bemeester.

Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal en al vernietig deur die Verskroeideaardebeleid wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vroue en kinders aangevoer. Ongeveer 5 000 Boere het in die oorlog gesneuwel, en minstens 26 000 Vrouens en kinders en 12 000 Afrikane het hul lewe in konsentrasiekampe verloor, meestal kinders onder 16 jaar, hoofsaaklik as gevolg van die swak kos-voorsiening, 'n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling. Ook aan die Britse kant het die meeste soldate weens die swak organisasievernuf van militêre bewindhebbers nie op slagvelde gesneuwel nie, maar aan siekte beswyk.

Oorsaak van die oorlog

Kaart van Suid Afrika van 1885

Die oorsaak van die oorlog is steeds omstrede. Aan die Britse kant was dit 'n polemiek vanaf die oomblik dat dit uitgebreek het. Anti-imperialiste, asook Marxiste, het die oorlog as 'n produk van 'n kapitalistiese sameswering gesien wat daarop gemik was om, deur middel van brute krag, die diamant- en goudvelde van die Vrystaat en Transvaal te bekom.

Moderne interpretasies sien Britse beleid as gekaap deur radikale imperialiste soos Cecil John Rhodes en lord Alfred Milner, wat gevrees het dat die nuut gevonde rykdom van die Boererepublieke die droom van 'n Britse Suid-Afrika sou ontspoor. Die drang na vryheid het die Boererepublieke in staat gestel om hulself teen Britse oorheersing te beskerm en om hul eie onafhanklike buitelandse beleid te volg, wat die deur kon oopmaak vir Duitse beheer van die belangrike Kaapse roete na Indië.

Brittanje het daarop aangedring dat die Britse onderdane, wat op die goudmyne in die Witwatersrand werk, stemreg moes kry. Hulle kon egter automaties stemreg verwerf as hulle vir vyf jaar Transvaalse burgerskap gehad het. President Paul Kruger van die Transvaal moes na talle samesprekings tot die konklusie kom wat tot sy volgende uitspraak gely het: "Hulle wil nie stemreg hê nie, hulle wil ons land hê". President Marthinus Steyn van die Vrystaat het hom by Kruger geskaar en die lot van die Vrystaat as dieselfde as die lot van die Transvaal beskryf.

Die verloop van die oorlog

Voorbereiding

Ondanks die verslegtende verhouding tussen Kaapstad en die Boererepublieke in die laaste dekade van die 19de eeu, was die Britte merkbaar swak voorberei vir oorlog aan die vooraand daarvan. Die vernederende nederlaag aan die hande van die Boere by die Slag van Majuba in die Eerste Vryheidsoorlog ten spyt, is die Boererepublieke nie as ernstige teenstander geag nie. Britse militêre intelligensie het gereken dat die Boere slegs 3 000 man in die veld sou kon plaas om kleinskaalse klopjagte in die Kaap en Natal uit te voer, terwyl hulle uiteindelik daartoe in staat was om sowat 30 000 berede manskappe in Natal alleen aan te wend. Die Britse opperbevelhebber, lord Wolseley, het geglo (en die Britse oorlogsminister, lord Lansdowne, het saamgestem) dat 'n garnisoen van 20 000 Britse soldate genoeg sou wees om die Republieke aan te durf.

In 1895, ná die Jameson-inval, was Pres. Kruger seker dat Brittanje op oorlog ingestel was. Hy het 'n klein staande leër op die been gebring en sy administrasie versterk deur knap, jong Afrikaners soos Jan Christian Smuts aan te stel. Daar is probeer om steun vir die Boere in Europa te werf, maar geen tasbare steun is verleen nie. Die twee klein republieke het alleen teen die magtigste ryk in die wêreld gestaan. Toe Pres. Kruger gevra is hoekom hy teen so 'n oormag veg, was sy antwoord: " 'n Man sal nie 'n leeu aanval met 'n mes in sy hand nie, maar net 'n lafaard sal nie met alle mag veg as die leeu hom aanval nie." Die Boererepublieke het wel daarin geslaag om Duitse Mausergewere en Franse Creuzot "Long Tom"-langafstandkanonne te bekom. Die Russiese tsaar het 'n paar veldambulanse voorsien en die Transvaal se artilleriekorps is deur Duitsers opgelei.

Eerste fase

'Britse illustrasie van die Slag van Glencoe

Die eerste skote in die oorlog het op 12 Oktober 1899 geklap nadat Brittanje die ultimatum van die Boererepublieke verwerp het. Die Boere het tot die aanval oorgegaan en 'n strook van 160 km in die Kaapkolonie ingeneem terwyl hulle in Natal tot teenaan die Tugelarivier gevorder het. Mafeking en Kimberley het Britse eilande in 'n Boergedomineerde veld geword, terwyl die Britse garnisoen in Natal by Ladysmith vasgekeer en beleër is. Die Britse leër het in verskeie veldslae tweede gekom. Op 11 Desember is 'n frontaanval deur Britse soldate wat deur artillerievuur ondersteun is, afgemaai deur Boere wat hulself in loopgrawe ingegrawe het by Magersfontein naby Kimberley. Op 15 Desember by Colenso het 4 000 Boere, ingegrawe in die hoogtes op die Noordelike oewer van die Tugela, 'n aanval van 16 000 Britte afgeweer wat wou deurbreek na Ladysmith. Hierdie vyf dae is deur die Britse magte die Swart Week genoem. In hierdie tydperk het hulle 7 000 manskappe verloor en geen positiewe strategiese resultate gekry nie.

Smuts sou egter later melding maak van die "konserwatiewe kortsigtigheid" van die ouer geslag van generaals, wat "die gulde geleentheid" van oorwinning laat wegglip het. Britse troepe het deur Kaapstad en Durban ingestroom. Onder die opperbevel van lord Roberts, wat generaal Kitchener as stafhoof gehad het, het die Britse versterkings vinnig na die front beweeg en die beleërde dorpe ontset. Hulle het 4 000 man onder generaal Piet Cronje by Paardeberg gevange geneem en Bloemfontein op 13 Maart 1900, Johannesburg op 5 Mei en Pretoria op 6 Junie ingeneem.

Britse ongevalle lê op die slagveld ná die Slag van Spioenkop, 24 Januarie 1900.

Op 21 Oktober 1900, het president Kruger, van Delagoabaai, vandag Maputo in Mosambiek, na Europa vertrek om steun vir die Boere se saak te probeer werf. Hy het meer as drie jaar later as banneling in Switserland gesterf. President Steyn het tot aan die einde van die oorlog saam met die Vrystaatse guerrillavegters in die veld gebly en die grootste bittereinder geword. Die Boere behaal baie groot sukses, maar die Engelse, word aanhoudend voorsien van nog ammunisie en soldate vanuit Engeland. Ook het Joiners, deurdat hulle die Britte van hulp voorsien het, die Republieke groot skade berokken. Op 24 Mei en 1 September het Brittanje die administrasie van onderskeidelik die Oranjerivierkolonie en die kolonie van Transvaal oorgeneem. Britse magte het al die infrastruktuur in Suid-Afrika soos die spoorlyne beheer en die 20 000 vegtende Boere wat oorgebly het, was feitelik heeltemal sonder steun.

Guerillategniek van die bittereinders

Smuts (in die middel op 'n rots) saam met manskappe nadat hulle naby aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog tot in die Kaapkolonie opgeruk het. Net ná die val van Pretoria het die Transvaalse militêre leierskorps onmiddellike oorgawe aanbeveel. President Steyn was woedend en het aan die Transvalers geskryf dat die ZAR die Vrystaatse burgers en Kaapse rebelle in 'n rampspoedige oorlog betrek het. "Wil die ZAR nou 'n skandelike en selfsugtige vrede sluit die oomblik dat die oorlog sy grense bereik? Wat die ZAR ook al doen, die Vrystaters sal tot die bitter einde veg." Die geveg is toe deur almal voortgesit.

Na die val van Pretoria was Machadodorp van 5 Junie tot 27 Agustus 1900 die setel van die Transvaalse regering. Daarna het die regering na Waterval-Onder en toe later na Nelspruit geskuif, waar besluit is dat pres. Kruger weens sy ouderdom na Europa moet gaan om die Boere se saak te bevorder.

In hierdie tydperk was die Boeregeneraals mense wat progressief was: kommersiële boere en professionele aambagslui. Hulle het net om een rede geveg: hul onafhanklikheid. Die bittereinders het guerillataktiek gevolg en in klein, beweeglike kommando's geveg. Hulle het treinspore gesaboteer, die voorrade van die Britse troepe onderskep en gevegte uitgelok en dan weer gevlug.

In hierdie tydperk was daar ook die joiners. Dit was Boere wat hoofsaaklik as spioene vir die Britte opgetree het in die laaste 18 maande van die oorlog. Daar is geskat dat 5 000 Boere teen April 1902 Britse oorheersing gunstig was. Party van hierdie Joiners het die Britse saak gesteun omdat hulle geglo het dat daar vir hulle 'n beter bedeling onder die Britte wag en dat hulle na hulle plase kon terugkeer en groot skade en leed kon vermy deur oor te gee of te "hensop".

Die Britse opperbevel het van twee taktieke gebruik gemaak om die bittereinders te beveg. Eerstens is linies blokhuise en doringdraad opgerig om Boerevegters uit die een distrik na die ander uit te sluit, om hulle sodoende saam te hok om gevang te word. Hierdie taktiek was baie duur en hoewel baie dramaties, kon dit geen groot gevegte tussen die Boere wat die prooi was en Britse jagters uitlok nie.

Die tweede taktiek wat gebruik was, die Verskroeideaardebeleid, het berus op, eerstens, die vernietiging van die Boere se plase; en tweedens die saam hokking en verhongering van Boerevrouens en kinders in konsentrasiekampe. Van die kampe wat verplaaste Boerefamilies moes huisves het reeds in Julie 1900 verskyn.

Konsentrasiekampe, epidemies en 'n verskroeide aarde

Die Britte het nie 'n totale oorlog gevoer waarin almal voor die voet geskiet is nie. Onderskeid is tussen vegtende en nievegtende Boere getref, alhoewel daar uitsonderings is. Van die einde van 1900 het Britse troepe voor die voet (behalwe waar daar hensoppers was) opstalle afgebrand en vee uitgewis. Verwoesting en chaos is oor amper die hele Vrystaat en Transvaal gesaai.

Kampe is opgerig om die gevange Boere vroue en kinders beter te kan beheer. Swart mense wat ook gevange geneem was, is in aparte kampe geplaas. Die plasing van die kampe was swak en die inwoners het onvoldoende (dikwels vergiftigde) voeding gekry. Uiterste lyding in haglike omstandighede het die inwoners van die kampe elke dag getreiter. Baie het gesterf, veral van buiktifus en masels. Die Britse publiek, plaaslik en in Brittanje, het eers bewus geraak van wat in die kampe gebeur toe Emily Hobhouse in Engeland toestemming gekry het om die kampe te besoek. Hobhouse het in Desember 1900 Engeland verlaat en in Mei 1901 teruggekeer. Voor haar vertrek het sy net kennis gedra van die Port Elizabeth-konsentrasiekamp. Sy is met afgryse vervul oor wat sy gesien het en sy het die publiek geskok met haar onthullings. Teen Oktober 1901 het die sterftesyfer tot 344 per 1000 in die kampe opgeskiet. Kinders onder vyf jaar oud het feitlik geen kans op oorlewing gehad nie. Teen die einde van 1901 het 'n kommissie van Engelse vroue, wat oorlogsondersteuners was, ook besoeke by die kampe afgelê. Hulle was net so geskok soos Hobhouse. Hulle het 'n aantal aanbevelings gemaak wat die dodetal skerp laat daal het.

Die mans, Britte en Boere, was verslae oor die vroue se dapperheid en wat hulle bereid was om te verduur vir die stryd om onafhanklikheid. Die vroue was onversetlik in hul aandrang dat hul mans en seuns vir onafhanklikheid moes voortveg. Sommige vroue het verklaar dat hulle verkies om hul huise te sien brand eerder as dat hul mans oorgee. Daar het 4 177 Boerevroue en 22 074 Boerekinders in die kampe gesterf. Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is opgerig ter nagedagtenis van die Boervroue van die Tweede Vryheidsoorlog. Die Oorlogsmuseum is ook daar opgerig.

Die einde van die oorlog

Teen die begin van 1902 het die Boeremagte gekrimp tot 10 000 Transvalers, 6 000 Vrystaters en 3 000 Kaapse rebelle. In Suidoos-Transvaal het 'n Zoeloemag 'n Boerelaer aangeval en 56 burgers doodgemaak. Terwyl die Boere wat gevange geneem is almal na oorsese krygsgevangene kampe weggestuur is deur die Britte, het die Boere die Britse krygsgevangenes vrygelaat nadat hulle van kos, skoene en in party gevalle klere gestroop is.

In Mei 1902 het 60 Boereleiers in Vereeniging vergader om oor vrede te besluit. Die Vrystaters was nog steeds gekant teen vrede, maar die swak gesondheid van Pres. Steyn het hul saak baie skade aangedoen. Die vredesvoorwaardes het ingesluit dat die Boere die Britse monarg erken as wettige heerser; Boere kon hul besittings, insluitend gewere vir verdediging, behou; en Nederlands sou in die skole van Transvaal en die Vrystaat as vak onderrig word mits die ouers dit verlang. Op 31 Mei het die vergadering met 54 stemme teen 6 besluit om hierdie voorwaardes te aanvaar.

Internasionale reaksie

Meer as 2,5 duisend buitelandse vrywilligers het in die Boere-leër geveg, insluitend die Nederlanders (650 mense), Duitsers (550 mense), Franse (400 mense), Amerikaners (300 mense), Russe (225 mense), Italianers (200 mense) , Noorweërs en Swede (150 mense). Die gewilde Russiese koerant New Time weerspieël die samelewing se simpatie met die Boere: “Direkte godsdienstige boere wat besluit het om die vryheid van die Vaderland met hul bloed te verdedig, sal altyd nader aan die hart van die Heilige Rusland wees as ons oorspronklike vyand – koue en selfsugtige Engeland. Deur ons diepe geloof in God, is die Boere ons broers ”(16 Oktober 1899, no. 8490).

Krygsgevangenes in Suid-Afrika en oorsee

Kamp Nr. 1, ’n kamp vir Boerekrygsgevangenes in Groenpunt, Kaapstad. Die kamp het later 'n oorplasingskamp geword en gevangenes is hiervandaan oorgeplaas na krygsgevangekampe in ander dele van die Britse Ryk.

Die eerste noemenswaardige groep Boerekrygsgevangenes wat deur die Engelse gevange geneem is, was dié wat tydens die Slag van Elandslaagte op 21 Oktober 1899 gevang is. Brittanje het hierdie krygsgevangenes aanvanklik op troepeskepe in Simonsbaai aangehou totdat krygsgevangekampe in Kaapstad en Simonstad voltooi is. In totaal sou ses krygsgevangekampe in Suid-Afrika tydens die oorlog opgerig word.[10] Die Engelse het gevoel dat daar 'n risiko in die aanhouding van teveel krygsgevangenes in Suid-Afrika was. Hulle het ook gevrees dat die krygsgevangenes deur die Boeremagte of simpatieke plaaslike inwoners bevry kon word. Hulle het dit reeds moeilik gevind om aan hulle eie troepe se behoeftes te voorsien, en wou nie die ekstra las dra deur addisionele voorrade vir die krygsgevangenes te stuur nie. Brittanje het dus besluit om die meerderheid van hulle oorsee te stuur.

Ongeveer 31 krygsgevangekampe is met gevolg tydens die oorlog in Britse kolonies oorsee opgerig.[10] Die eerste oorsese kampe buite Afrika, is op Sint Helena geopen, wat uiteindelik byna 5000 krygsgevangenes ontvang het. Ongeveer 5000 krygsgevangenes is na Ceylon gestuur. Ander is na Bermuda en Indië gestuur. Geen bewyse bestaan dat Boere-krygsgevangenes na die Gemenebes van die Britse Ryk soos Australië, Kanada of Nieu-Seeland gestuur is nie.

Kort samevatting van die Oorlog

Die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Suid-Afrikaanse Oorlog, oftewel die Anglo-Boereoorlog, het vanaf Oktober 1899 tot Mei 1902 geduur. In hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ou Transvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, te staan gekom teen die Britse Ryk. Die hele gebied waarop hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek van Suid-Afrika.

Oor die sowat twee en 'n half jaar wat die oorlog geduur het, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "Boererebellie" te bemeester.

Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal en al vernietig deur die Verskroeideaardebeleid wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vroue en kinders aangevoer. Ongeveer 5 000 Boere het in die oorlog gesneuwel, en minstens 26 000 Vrouens en kinders en 12 000 Afrikane het hul lewe in konsentrasiekampe verloor, meestal kinders onder 16 jaar, hoofsaaklik as gevolg van die swak kos-voorsiening, 'n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling. Ook aan die Britse kant het die meeste soldate weens die swak organisasievernuf van militêre bewindhebbers nie op slagvelde gesneuwel nie, maar aan siekte beswyk.

Verloop van die Oorlog 1899 - 1902

Kaart van Transvaal, Oranje Vrystaat, Natal en Kaapkolonie

- 1899 -

November 1899

  • 25 November 1899 - Die moord by Derdepoort naby Gaberone, Bechuanaland, aanslag op Graspan, (Enslin), Kaapkolonie en raak slaags by Carter's Rif (Lazaretskop), Kimberley, Kaapkolonie
  • 28 november 1899 - Slag van Modderrivier (Tweeriviere), Oranje Vrystaat en raak slaag by Carter's Rif, (Lazarets Hill), Kimberley, Kaapkolonie

Desember 1899

  • 8 Desember 1899 - Skermitseling by Rensburgstasie, Colesberg Kaapkolonie en aanslag op Lombardskop, Ladysmith, Natal
  • 9 Desember 1899 - Gevegte by Kamfersdam, Kimberley, Kaapkolonie
  • 10 Desember 1899 - Slag van Stormberg en aanslag op Vaalkop (Surprise Hill), Ladysmith, Natal en aanval op fort naby Mafeking, Kaapkolonie
  • 11-12 Desember 1899 - Slag van Magersfontein, Oranje Vrystaat
  • 13 Desember 1899 - Aanval op Arundelstasie, Colesberg, Kaapkolonie en Skermitseling naby Bloudraai, (Soutpansdrif), Oranje Vrystaat
  • 15 Desember 1899 - Slag van Colenso, Natal
  • 23 Desember 1899 - Aanval op Sekwane, Malolmwane en Mmathubudukwane, Bechuanaland
  • 24 Desember 1899 - Skermitseling by Joubertskop, Dordrecht, Kaapkolonie
  • 26 Desember 1899 - Skermitseling by Wildsboomfort (Platboomfort), Mafeking, Kaapkolonie
  • 30 Desember 1899 - Aanslag naby Labuschagnesnek, Dordrecht, Kaapkolonie

- 1900 -

Januarie 1900

  • 01-05 Januarie 1900 - Aanslag op Jasfontein, Plewmanhalte, Grassy Hill (Graskop) en Skietfontein, Colesberg, Kaapkolonie
  • 03 Januarie 1900 - Aanslag by Syfergat (Stormberg/Molteno), Kaapkolonie
  • 06 Januarie 1900 - Slag van Platrand (Wagon Hill), Ladysmith, Natal
  • 10 Januarie 1900 - Skermitseling by Agtertangstasie, en Slingerfontein, Colesberg Kaapkolonie
  • 14 Januarie 1900 - Skermitseling by Bastersnek (Plessispoort), Colesberg, Kaapkolonie
  • 15 Januarie 1900 - Aanslag op Swartrand en Skermitseling naby Rensburgstasie, Colesberg, Kaapkolonie
  • 17 Januarie 1900 - Skermitseling by Wright's Plaas, Bo-Tugela, Natal en Colesbergbrug, Colesberg, Kaapkolonie
  • 18 Januarie 1900 - Aanslag by Acton Homes, Bo-Tugela, Natal
  • 20-22 Januarie 1900 - Slag van Tabanyama, Natal
  • 23 Januarie 1900 - Skermitseling by Hlangwane (Cingolo), Natal
  • 23-24 Januarie 1900 - Slag van Spioenkop, Natal

Februarie 1900

  • 05-07 Februarie 1900 - Slag van Vaalkrans, Natal
  • 09 Februarie 1900 - Skermitseling by Australian Hill, Colesberg, Kaapkolonie
  • 10 Februarie 1900 - Skermitseling by Basternek/Hobkirk’s plaas, Colesberg, Kaapkolonie
  • 11 Februarie 1900 - Aanslag op Wolwekraal, Oranje Vrystaat
  • 12 Februarie 1900 - Aanslag op Keeromkop, en skermitseling by Waterval en Dekielsdrif, Rietrivier, Oranje Vrystaat en Bosrant, Tugela; McCracken's Hill, Colesberg, Kaapkolonie
  • 13 Februarie 1900 - Skermitseling by Bloubospan, Jacobsdal, Oranje Vrystaat
  • 14 Februarie 1900 - Skermitseling by Hussar Hill, Natal en Alexanderfontein, Kimberley, Kaapkolonie
  • 15 Februarie 1900 - Aanslag op Roodekalkfontein,(Rondawelsdrif) en Watervaldrif, Bloubank, Oranje Vrystaat
  • 16 Februarie 1900 - Aanslag op Bossiespan, Drieputs, Oranje Vrystaat en Roodekalkfontein; Dronfield en Mcfarlane (Kimberley), Kaapkolonie
  • 17 Februarie 1900 - Skermitseling by Koedoesrant, Kameelfontein en Vendutiedrif, Paardeberg, Oranje Vrystaat, en skermitseling by Cingolo, Natal
  • 18-27 Februarie 1900 - Slag van Paardeberg, Oranje Vrystaat
  • 18 Februarie 1900 - Slag van Monte Cristo, Natal
  • 19 Februarie 1900 - Aanslag op Hlangwane, Natal en aanslag naby Dordrecht, Kaapkolonie
  • 22 Februarie 1900 - Skermitseling by Hedge Hill (Wynne's Hill), Natal
  • 23-24 Februarie 1900 - Slag van Hart's Hill (Terrace Hill), Natal
  • 23 Februarie 1900 - Aanslag op Schoemanskop, Molteno en Arundelstasie (Kuilfontein), Colesberg, Kaapkolonie
  • 24 Februarie 1900 - Aanslag op Plewman's plaas, Arundel, Colesberg, Kaapkolonie
  • 27 Februarie 1900 - Slag van Pietershoogte of Spoorwegkop, Natal en aanslag op Vaalkop, Colesberg, Kaapkolonie

Maart 1900

  • 3-5 Maart 1900 - Aanslag op Labuschagnesnek, Dordrecht, Kaapkolonie
  • 5 Maart 1900 - Skermitseling by Houwater, Prieska, kaapkolonie
  • 7 Maart 1900 - Slag van Poplar Grove, (Modderrivierpoort), Oranje Vrystaat
  • 10 Maart 1900 - Skermitseling by Bethuliebrug en slag van Abrahamskraal/Driefontein, Oranje Vrystaat
  • 15 Maart 1900 - Skermitseling by Lobatsi (Pitsani-Potlugo), Bechuanaland
  • 28 Maart 1900 - Aanslag op Veertien Stroompiesbrug, Warrenton, Oranje Vrystaat
  • 29 Maart 1900 - Aanslag op Kareestasie, Bloemfontein, Oranje Vrystaat
  • 31 Maart 1900 - Slag van Sannaspos, Bloemfontein, Oranje Vrystaat en aanslag naby Ramathlabana (Mafeking), Kaapkolonie

April 1900

  • 3-4 April 1900 - Slag van Mostertshoek (Reddersburg), Oranje Vrystaat
  • 5 April 1900 - Slag van Tweefontein (Boshof), Oranje Vrystaat
  • 9-25 April 1900 - Blokkade van Jammerbergdrif (Wepener) Oranje Vrystaat
  • 20 April 1900 - Skermitseling by Wakkerstroom, Dewetsdorp en Swartkoppiesfontein, Boshof, Oranje Vrystaat
  • 22 April 1900 - Skermitseling by Leeuwkop, Bloemfontein en Waterwerke; Ysternek, Israelspoort, Thaba Nchu, Oranje Vrystaat
  • 28 April 1900 - Aanslag op Swartlapberg, Thaba Nchu, Oranje Vrystaat
  • 29-01 April 1900 - Aanslag op Tobaberg (Houtnek), Thaba Nchu, Oranje Vrystaat

Mei 1900

  • 3 Mei 1900 - Aanslag op Brandfort, Oranje Vrystaat
  • 4 Mei 1900 - Aanslag op Tabaksberg en Baviaansberg (Roelofsberg), Oranje Vrystaat
  • 5-6 Mei 1900 - Aanslag op Vetrivier, Oranje Vrystaat
  • 10 Mei 1900 - Slag van Sandrivier, Oranje Vrstaat
  • 10-12 Mei 1900 - Aanval op Mafeking, Kaapkolonie
  • 13 Mei 1900 - Aanslag op Helpmekaar, Natal en Koedoesrant, Mareetsane, Mafeking, Kaapkolonie
  • 19 Mei 1900 - Skermitseling Laingsnek, Natal
  • 20 Mei 1900 - Aanslag op Scheepersnek, Vryheid; Renoster River, Oranje Vrystaat
  • 25-31 Mei 1900 - Aanslag naby Lindley, Oranje Vrystaat
  • 26 Mei 1900 - Skermitseling by Viljoensdrif; Hammonia, Ficksburg; Rietspruit (Taaibosspruit) Oranje Vrystaat
  • 27 Mei 1900 - Aanval op Vlakfontein, Transvaal
  • 28- 29 Mei 1900 - Slag van Klipriviersberg (Doornkop), Transvaal
  • 28 Mei 1900 - Aanslag naby Kheis, Kaapkolonie
  • 29 Mei 1900 - Slag van Biddulphsberg, Oranje Vrystaat en aanslag op Milldraai, Roodepoort, Transvaal
  • 30 Mei 1900 - Skermitseling by Elandsfonteinstasie, Germiston en Natalspruit, Transvaal en slag van Fabersput, Kaapkolonie

Junie 1900

  • 2 Junie 1900 - Skermitseling by Bronkhorstspruitstasie, Transvaal
  • 4 Junie 1900 - Aanslag by Sesmylspruit, Irene, Transvaal en Insedent by Zwavelkranz, Oranje Vrystaat
  • 5 Junie 1900 - Skermitseling Lindley/Heilbron Oranje Vrystaat
  • 6 Junie 1900 - Skermitseling by Onderstepoort, Pretoira, Transvaal
  • 7 Junie 1900 - Slag van Roodewal (Rhenosterrivier ), Oranje Vrystaat en Skermitseling by Elandsrivier, Transvaal
  • 8 Junie 1900 - Skermitseling by Bothaspas en Gansvleikop, Natal
  • 11 Junie 1900 - Slag van Allemansnek, Natal en skermitseling by Rhenosterrivier (Honingkoppies), Oranje Vrystaat
  • 11-12 Junie 1900 - Slag van Donkerhoek (Diamond Hill), Pretoria, Transvaal
  • 18 Junie 1900 - Skermitseling by Zoutpansdrif, Transvaal
  • 22 Junie 1900 - Skermitseling by Americastasie, Katbosch en Heuningspruitstasie, Oranje Vrystaat
  • 23 Junie 1900 - Skermitseling by Heidelberg, Transvaal en omgewing van Winburg-Senekal, Oranje Vrystaat
  • 25 Junie 1900 - Skermitseling by Leliefontein, Senekal, Oranje Vrystaat
  • 28 Junie 1900 - Skermitseling by Graskop, Volksrust, Transvaal

Julie 1900

  • 6 Julie 1900 - Skermitseling by Waterval en Vogelfontein, Bethlehem, Oranje Vrystaat
  • 7 Julie 1900 - Slag van Bethlehem, Oranje Vrystaat en skermitseling by Bapsfontein, Transvaal
  • 9 Julie 1900 - Aanslag op Olifantsnek, Transvaal
  • 11 Julie 1900 - Slag van Silkaatsnek, Transvaal en aanslag op Dwarsvlei, Witpoort en Onderstepoort, Pretoria, Transvaal
  • 12 Julie 1900 - Skermitseling by Paardekop en Sandspruitstasie, Transvaal
  • 16 Julie 1900 - Skermitseling by Tiervlei, Rietpoort en Olifantsfontein, Transvaal en Witklip (Senekal/Bethelehem), Oranje Vrystaat
  • 19 Julie 1900 - Skermitseling by Karoospruit, Palmietfontein en Tierbank, Petrus Steyn; Paardeplaats, Oranje Vrystaat
  • 21 Julie 1900 - Insident by Heuningspruitstasie, Oranje Vrystaat en aanslag op Olifantsnek, Transvaal
  • 21-22 Julie 1900 - Skermitseling by Spitzkrans, Brandwatervalei, Oranje Vrystaat
  • 22 Julie 1900 - Skermitseling by Selonsrivier en Rustenburg en Graskop naby Sandspruitstasie, Transvaal
  • 23 Julie 1900 - Skermitseling by Retiefsnek, Slabbertsnek, Witnek, (Brandwatervalei) Nelspoort en Moolmanshoek, Oranje Vrystaat en Boschpoortdrif (Wilgerivier ) en Kosterrivier, Transvaal
  • 24 Julie 1900 - Skermitseling by Vredefort/Stinkhoutboom, Oranje Vrystaat en Klerksdorp en Groot Olifantsrivier,Transvaal
  • 25 Julie 1900 - Skermitseling by Bankstasie (Potchefstroom), Transvaal en Kommandonek, Ficksburg, Oranje Vrystaat
  • 26 Julie 1900 - Skermitseling by Naauwpoortnek, Brandwaterkom, Oranje Vrystaat
  • 28 Julie 1900 - Aanslag by Slaapkrans, Brandwaterkom, Ornaje Vrystaat

Augustus 1900

  • 1- 9 Augustus 1900 - Blokkade van Schweizer-Reneke, Transvaal
  • 2 Augustus 1900 - Skermitseling by Silkaatsnek, Transvaal
  • 3 Augustus 1900 - Insident by Holfonteinstasie Transvaal
  • 4-16 Augustus 1900 - Blokkade by Elandrivier (Brakfontein), Transvaal
  • 7 Augustus 1900 - Aanslag by Tierpoort (Venterskroon) en skermitseling by Amersfoort (Rooikoppies) Transvaal
  • 9 Augustus 1900 - Skermitseling by Leeuwfontein en Lindequesdrif, Transvaal
  • 10 Augustus 1900 - Skermitseling by Buffelsdoorns; Beginderlyn, Transvaal
  • 12 Augustus 1900 - Skermitseling by Modderfontein, Ventersdorp; Syferbult, Transvaal
  • 13 Augustus 1900 - Skermitseling by Klipstapel, Ermelo, Transvaal
  • 14 Augustus 1900 - Skermitseling by Carolina, Transvaal en aanslag by Spitzkop (Rietfontein), Oranje Vrystaat
  • 15 Augustus 1900 - Skermitseling by Twyfelaar, Transvaal
  • 16 Augustus 1900 - Skermitseling by Magatonek; Olifantsnek, Transvaal
  • 17 Augustus 1900 - Skermitseling by Kameeldrif, Transvaal
  • 21-27 Augustus 1900 - Slag van Bergendal (Dalmanutha), Transvaal
  • 22 Augustus 1900 - Skermitseling by Roodepoortpas (Warmbad), Transvaal
  • 23 Augustus 1900 - Aanslag op Ottoshoop, Geluk, Transvaal en skermitseling by Ingogo, Newcastle, Natal en Buiskoppas, Warmbad, Transvaal
  • 24 Augustus 1900 - Skermitseling by Wonderfontein (Belfast), Transvaal
  • 25 Augustus 1900 - Skermitseling by Kalkfontein, Zeerust, Transvaal
  • 31 Augustus 1900 - Insident by Kliprivierstasie en aanslag op Quaggafontein, Krugersdorp, Transvaal

September 1900

  • 1-4 September 1900 - Blokkade van Ladybrand, Oranje Vrystaat
  • 1 September - Aanslag op Warmbad, Transvaal
  • 2 September 1900 - Skermitseling by Badfontein (Rietfontein) Helvetia/Lydenburg, Transvaal
  • 4 September 1900 - Aanslag op Gatsrand, Transvaal en aanslag op Panstasie Middelburg, Transvaal en Leeuwrivierkop, Ladybrand, Oranje Vrystaat
  • 8-9 September 1900 - Aanslag van Paardeplaats, Lydenburg, Mauchsberg, Transvaal
  • 11 September 1900 - Skermitseling by Malopo-oog, Transvaal
  • 12 September 1900 - Skermitseling by Nelshoogtepas, Kaapsche Hoop, Transvaal
  • 24 September 1900 - Skermitseling by Blaauwkoppie, Bethlehem, Oranje Vrystaat
  • 26 September 1900 - Skermitseling by Burgerpas, Pilgrim's Rus, Transvaal

Oktober 1900

  • 1 Oktober 1900 - Skermitseling by Dejagersdrif, Blood River, Natal en Krugerspos en Pan, Transvaal
  • 8 Oktober 1900 - Aanslag op Ficksburg en skermitseling by Ventersburgstasie, Oranje Vrystaat
  • 9-10 Oktober 1900 - Skermitseling by Vlakfontein, Transvaal
  • 9 Oktober 1900 - Skermitseling by Krugersdorp (Zeekoehoek), Transvaal
  • 10 Oktober 1900 - Skermitseling by Alkmaarstasie, Transvaal
  • 12 Oktober 1900 - Skermitseling by Witpoort Mapog’s gronde, Transvaal
  • 14 Oktober 1900 - Skermitseling by Welgevonden (Komatirivier), Transvaal
  • 16 Oktober 1900 - Aanval op Jagersfontein, Oranje Vrystaat en skermitseling by Schweizer-Reneke en Klipstapel, Ermelo, Transvaal
  • 18-24 Oktober 1900 - Slag van Philippolis, Oranje Vrystaat
  • 19 Oktober 1900 - Aanval op Fauresmith, Oranje Vrystaat
  • 20-25 Oktober 1900- Battle of Frederikstad, Transvaal
  • 22 Oktober 1900 - Aanval op Luckhoff, Oranje Vrystaat
  • 25 Oktober 1900 - Aanval op Jacobsdal en aanslag op Damplaas, Boshof, Oranje Vrystaat
  • 26 Oktober 1900 - Blokkade van Koffiefontein, Oranje Vrystaat
  • 27 Oktober 1900 - Skermitselingf by Rensburgdrif, Parys, Oranje Vrystaat

November 1900

  • 2 November 1900 - Skermitseling by Welgevonden (Vanwyksvlei), Belfast, Transvaal
  • 6 November 1900 - Slag van Doornkraal (Bothaville), Oranje Vrystaat
  • 7 November 1900 - Slag van Witkloof (Leliefontein), Belfast, Transvaal
  • 10 November 1900 - Skermitseling by Wonderfontein, Klein-Marico, Transvaal
  • 16 November 1900 - Aanslag by Klerksdorp en skermitseling by Dullstroom, Transvaal
  • 19 November 1900 - Skermitseling by Balmoral en Wilgerivierstasie, Transvaal
  • 20 November 1900 - Skermitseling by Gatberg, Ugie, Kaapkolonie
  • 21-23 November 1900 - Slag van Dewetsdorp, Oranje Vrystaat
  • 27 November 1900 - Skermitseling by Helvetia, Dewetsdorp/Smithfield en Sanddrif en Aliwal-Noord area, Oranje Vrystaat
  • 28 November 1900 - Skermitseling by Boshof, Oranje Vrystaat en Klein Olifantsrivier, Middelburg, Transvaal
  • 29 November 1900 - Slag van Rhenosterkop, Bronkhorstspruit, Transvaal

Desember 1900

  • 2 Desember 1900 - Skermitseling by Utrecht, Natal en Goedehoop, Oranje Vrystaat
  • 3 Desember 1900 - Slag van Buffelspoort (Vanwykspruit), Mooinooi, Transvaal
  • 9 Desember 1900 - Aanslag op Varkfontein, Lichtenburg/Marico, Transvaal
  • 11-12 Desember 1900 - SLag van Lancasterheuwel, Vryheid, Transvaal
  • 13 Desember 1900 - Slag van Nooitgedacht, Magaliesberg, Transvaal en aanslag op Koesberg, Zastron, Oranje Vrystaat
  • 19 Desember 1900 - Skermitseling by Hekpoort (Breedtsnek), Transvaal
  • 24 Desember 1900 - Skermitseling by Edenkop, Heidelberg, Transvaal
  • 25 Desember 1900 - Aanval op Utrecht, Natal
  • 26 Desember 1900 - Aanslag op Suid Rand Myn, Greylingstad, Oranje Vrystaat en Nuwe Kleinfontein Myn, Oosrand, Transvaal en skermitseling by Houwater, Kaapkolonie
  • 29 Desember 1900 - Slag van Helvetia, Transvaal

- 1901 -

Januarie 1901

  • 2 Januarie 1901 - Skermitseling by Cyferfontein, Transvaal
  • 4 Januarie 1901 - Skermitseling by Kromspruit, Lindley, Oranje Vrystaat
  • 5 Januarie 1901 - Skermitseling by Naauwpoort, Witwatersrand/Magaliesberg, Transvaal
  • 7 Januarie 1901 - Aanval op Belfast/Machadodorp spoorlyn, Transvaal
  • 19 Januarie 1901 - Skermitseling by Rietfontein, Lichtenburg/Marico, Transvaal
  • 23-24 Januarie 1901 - Sermitseling by Middelfontein, Olifantsnek, Transvaal
  • 26 Januarie 1901 - Skermitseling by Modderfontein, Transvaal
  • 28 Januarie 1901 - Aanslag op Naauwpoort, Oranje Vrystaat en skermitdrling by Avontuur, Kaapkolonie
  • 29-30 Januarie 1901 - Slag van Modderfontein, Transvaal

Februarie 1901

  • 6 Februarie 1901 - Slag van Chrissiemeer (Bothwell), Transvaal
  • 12 Februarie 1901 - Aanslag op Zwartkoppie, Kaapkolonie en Welgevonden, Amersfoort/Amsterdam, Transvaal
  • 13 Februarie 1901 - Insident by Brugspruit, Transvaal
  • 14 Februarie 1901 - Skermitseling by Wolwekuil, Philipstown; Windhoek, Kaapkolonie
  • 17 Februarie 1901 - Skermitseling by Gouwspan, Kaapkolonie
  • 18 Februarie 1901 - Skermitseling by Brakpan, Hartebeesfontein, Transvaal
  • 27 Februarie 1901 - Skermitseling by Doornkloof, Kaapkolonie

Maart 1901

  • 2 Maart 1901 - Aanval op Lichtenburg, Transvaal
  • 4 Maart 1901 - Skermitseling by Zuurfontein, Philippolis; Openbaar, Oranje Vrystaat
  • 6 Maart 1901 - Skermitseling by Ventersburg, Oranje Vrystaat en Aberdeen, Kaapkolonie en Kommandodrif, Transvaal
  • 7 Maart 1901 - Aanslag op Tweebosch, Transvaal en skermitseling by Petrusburg, Oranje Vrystaat
  • 9 Maart 1901 - Skermitseling by Olievenberg/Driekop, Oranje Vrystaat
  • 13 Maart 1901 - Skermitseling by Krugerspos, Lydenburg, Transvaal
  • 24 Maart 1901 - Aanslag by Wildfontein, Ventersdorp, Transvaal
  • 29 Maart 1901 - Skermitseling by Wonderfontein, Transvaal
  • 30 Maart 1901 - Skernitseling by De Kraalen en Langdraai, Transvaal

April 1901

  • 6 April 1901 - Skermitseling by Zeekoeigat, naby Cradock, Kaapkolonie
  • 10 April 1901 - Aanslag op Rietspruit, Dewetsdorp, Oranje Vrystaat
  • 16 April 1901 - Aanslag op Palmietfontein, Roossenekal/Dullstroom, Transvaal
  • 17 April 1901 - Skermitseling by Vygehoek; Bothasberg, Transvaal
  • 19 April 1901 - Skermitseling by Wagendrif; Klipspruit, Transvaal
  • 20 April 1901 - Skernitseling by Moosrivier, Transvaal
  • 22 April 1901 - Skermitseling by Platberg, Klerksdorp, Transvaal

Mei 1901

  • 13 Mei 1901 - Skermitseling by Brandvlei, Klawervlei, Oranje Vrystaat en Lekkeroog, Kaapkolonie
  • 18 Mei 1901 - Skermitseling by Lambrechtfontein, Oranje Vrystaat
  • 21 Mei 1901 - Aanslag op Rooskloof, Noupoort, Kaapkolonie
  • 25 Mei 1901 - Skermitseling by Mooifontein, Bethal/Standerton, Transvaal
  • 29 Mei 1901 - Slag van Vlakfontein, Transvaal

Junie 1901

  • 1-2 Junie 1901 - Aanslag op Jamestown, Kaapkolonie
  • 6 Junie 1901 - Skermitseling by Graspan, Reitz, Oranje Vrystaat
  • 7 Junie 1901 - Aanslag op Zuurberg, Kaapkolonie
  • 12 Junie 1901 - Slag avn Wilmansrust, Middelburg/ Ermelo, Transvaal
  • 21 Junie 1901 - Skermitseling by Maraisburg (no bekend as Hofmeyr), Kaapkolonie
  • 26 Junie 1901 - Aanval op blokhuis, Delagoabaai en spoorlyne, Transvaal
  • 27 Junie 1901 - Insident naby Uitkykstasie, Transvaal

Julie 1901

  • 4 Julie 1901 - Insident by Naboomspruit, Transvaal
  • 5 Julie 1901 - Aanval op Florida; Roodepoort, Transvaal
  • 17 Julie 1901 - Skermitseling by Wildfontein, Ventersdorp, Transvaal en aanslag op Zuurvlakte, Kaapkolonie
  • 20 Julie 1901 - Skermitseling by Tweefontein, Graaff-Reinet Kaapkolonie en Valstasie/Vlaklaagte; Paardekop, Transvaal
  • 21 Julie 1901 - Aanval op Bremersdorp (nou bekend as Manzini), Swaziland en skermitseling Jakkalsfontein, Oranje Vrystaat en Cradock, Tweefontein, Graaff-Reinet, Kaapkolonie en insident, Beaufort West, Kaapkolonie
  • 30 Julie 1901 - Aanslag by Krokodildrif Middelburg, Transvaal

Augustus 1901

  • 1 Augustus 1901 - Skermitseling by Grootvlei, Hoopstad, Kaapkolonie
  • 6 Augustus 1901 - Aanslag op M’piaanstad, Transvaal
  • 7 Augustus 1901 - Insident by Brandfort, Oranje Vrystaat en blokhuislyne, Oranje Vrystaat en aanval op Vanrhynsdorp, Kaapkolonie
  • 10 Augustus 1901 - Aanslag op Bethesdapad, Kaapkolonie
  • 16 Augustus 1901 - Skermitseling by Vrieskraal (Fourieskraal), Elandsrivier, Transvaal
  • 20 Augustus 1901 - Skermitseling by Bronkhorstspruitstasie, Transvaal
  • 25 Augustus 1901 - Aanval by Liebenbergspan, Oranje Vrystaat
  • 27 Augustus 1901 - Skermitseling by Bastersdrif, Caledonrivier, Kaapkolonie
  • 31 Augustus 1901 - Insident, Waterval/Hammanskraal, Transvaal en aanslag op Kromdraai, Transvaal en Brandwacht, Calvinia, Kaapkolonie

September 1901

  • 3 September 1901 - Skermitseling naby Klaarwater, Herschel, Kaapkolonie
  • 5 September 1901 - Skermitseling by Bouwershoek, Cradock, Kaapkolonie en aanslag op Rhenosterfontein, Transvaal
  • 7 September 1901 - Aanslag op Moordenaarspoot, Dordrecht, Kaapkolonie
  • 10 September 1901 - Aanslag op Pullenshoop, Carolina, Transvaal en Driefontein, Swartberge, Kaapkolonie
  • 12 September 1901 - Aanslag by Penhoekpas, Kaapkolonie
  • 15 September 1901 - Skermitseling by Tweefontein, Carolina, Transvaal
  • 16 September 1901 - Skermitseling by Middeldrif, Carolina, Transvaal en Visserskraal, Hanover, Kaapkolonie
  • 17 September 1901 - Slag van Bloedrivierspoort, Transvaal/Natal en aanslag op Modderfontein, (Elandsrivierpoort, Tarkastad/Cradock, Kaapkolonie
  • 19 September 1901 - Skermitseling by Slangfontein, Bloemfontein, Oranje Vrystaat
  • 25 September 1901 - Aanslag op Fort Itala, Natal, Zoeloeland
  • 26 September 1901 - Aanslag op Fort Prospect, Natal, Zoeloeland
  • 30 September 1901 - Slag van Moedswil, Selonsrivier, Zeerust/Rustenburg, Transvaal

Oktober 1901

  • 1 Oktober 1901 - Aanslag op Pruisen, Potgietersrust, Transvaal en skermitseling by Vaalkransnek, Transvaal
  • 12 Oktober 1901 - Skermitseling by,Hoedjesbaai, Kaapkolonie
  • 13 Oktober 1901 - Aanslag op Geluk, Transvaal en Doringbosch, Aberdeen, Kaapkolonie
  • 21 Oktober 1901 - Aanslag op Steilhoogte, Sondagsrivier, Kappkolonie
  • 24 Oktober 1901 - Aanslag op Kleinfontein (Driefontein), Marico, Transvaal en aanval op Blokhuislyne, Badfontein, Transvaal
  • 26 Oktober 1901 - Skermitseling by Rietkuil, Steenkoolspruit, Ttransvaal
  • 30 Oktober 1901 - Slag van Bakenlaagte, Bethal, Transvaal
  • 31 Oktober 1901 - Aanslag op Tygerhoek, Kaapkolonie

November 1901

  • 8 November 1901 - Aaanslag op Piketberg, Kaapkolonie
  • 9 November 1901 - Aanslag op Voëlfontein, Kaapkolonie
  • 12 November 1901 - Aanslag op Darling, Kaapkolonie
  • 14 November 1901 - Skermitseling naby Vaalfontein, Kaapkolonie
  • 18 November 1901 - Skermitseling naby Koningskroon, Jamestown, Kaapkolonie
  • 28-05 November 1901 - Slag van Tontelboskolk, Calvinia, Kaapkolonie

Desember 1901

  • 3 Desember 1901 - Aanslag op blokhuislinie en Dalmanuthastasie, Transvaal
  • 4 Desember 1901 - Aanslag op Oshoek, Ermelo, Transvaal
  • 16 Desember 1901 - Aanslag op Senekal, blokhouseline, Hanoverstasie, Kaapkolonie
  • 18 Desember 1901 - Skermitseling by Tierkloof, Bethlehem/Harrismith, Oranje Vrystaat
  • 19 Desember 1901 - Aanslag op Holland, Ermelo;Elandspruit, Dullstroom, Transvaal
  • 20 Desember 1901 - Aanslag op Tafelkop, Frankfort/Vrede, Oranje Vrystaat
  • 23 Desember 1901 - Aanslag op Randberg, Transvaal en skermitseling by Clanwilliam, Calvinia, Kaapkolonie
  • 25 Desember 1901 - Slag van Groenkop (Tweefontein, Krismiskop), Harrismith, Oranje Vrystaat

- 1902 -

Januarie 1902

  • 4 Januarie 1902 - Skermitseling by Bankkop (Onverwacht), Ermelo, Transvaal
  • 18 Januarie 1902 - Aanslag op Spitskop, Ermelo, Transvaal en skermitseling by Doornbaai, Kaapkolonie
  • 19-24 Januarie 1902 - Aanval by konsentrationkamp en blokhuislyne, Pietersburg, Transvaal
  • 24 Januarie 1902 - Aanslag by Boschmansfontein, Transvaal

Februarie 1902

  • 2 Februarie 1901 - Aanslag op Waterval, Kaapkolonie
  • 3 Februarie 1901 - Aanslag op Roodekraal, Reitz, Oranje Vrystaat
  • 5 Februarie 1901 - Aanslag op Gruisfontein, Transvaal en Uitspanningsfontein, Fraserburg, Kaapkolonie
  • 5-6 Februarie 1901 - Skermitseling by Middelpos, Sutherland/Calvinia, Kaapkolonie
  • 9 Februarie 1901 - Aanslag op Palmietfontein, Oranje Vrystaat
  • 10 Februarie 1901 - Aanslag op Aties, Calvinia/Clanwilliam, Kaapkolonie
  • 14 Februarie 1901 - Aanslag op Krantz, Vredendal, Kaapkolonie
  • 17 Februarie 1901 - Aanslag op Wasberg, Kimberley, Kaapkolonie
  • 18 Februarie 1901 - Aanslag op Klippan, Nigel, Transvaal
  • 20 Februarie 1901 - Skermitseling by Bothasberg, Middelburg, Transvaal
  • 23 Februarie 1901 - Skermitseling by Kalkkrans (Langverwacht), Holspruit, Oranje Vrystaat
  • 25 Februarie 1901 - Slag van Ysterspruit, Klerksdorp, Transvaal

Maart 1902

  • 7 Maart 1902 - Slag van Tweebosch (De Klipdrif), Sannieshof, Transvaal
  • 20-28 Maart 1902 - Blokade van Fort Hendrina, Transvaal
  • 31 Maart 1902 - Slag van Boschbult, Brakspruit, Transvaal

April 1902

  • 2-4 April 1902 - Blokkade van O‘Kiep, Kaapkolonie
  • 8 April 1902 - Aanslag op Hartenbosch, Bultfontein en aanval op Blokhuislyn Steenkampskop, Fouriesburg, Oranje Vrystaat
  • 11 April 1902 - Slag van Roodewal, Transvaal
  • 28 April 1902 - Skermitseling by Bloemfontein en Dewetsdorp, Oranje Vrystaat

Mei 1902

  • 3 Mei 1902 - Aanslag op Die Willows, Middelburg, Kaapkolonie
  • 6 Mei 1902 - Moord by Holkrans, Vryheid, Natal
  • 20 Mei 1902 - Aanslag op Maraisstasie, Kaapkolonie

Vredesluiting van Vereeniging

In Maart 1902 het die onderhandeling vir vrede geFaal hoofsaaklik omdate die Boere Leiers nie bereid was om hul lande se afhanklikheid op te gee nie. In April 1902 het die republieke regerings weereens bymekaar gekom in Klerksdorp en ooreengekom om met Kitchener te onderhandel.

Die Boere Leiers het gevoel dat verkose verteenwoordigers van al die verskillende kommando's verteenwoordigheid moet he voordat enige gedetailleerde onderhandelings kan begin tov onafhanklikheid. Gevolglik is 'n groep van sestig verkose verteenwoordigers gestuur met goedkeuring van die Britte by Vereniging om verdere voorstelle te onderhandel

Op 31 Mei 1902, 'n korttyd voor middernag het die twee groep die vredesluiting van Vereniging geteken by Melrosehuis in Pretoria. Met 'n 54 stemme teen ses het die Boere verteenwoordiges ooreengekom om oortegee en hul onafhanklikheid op te gee en die heerskappy van die Edward VII te aanvaar in ruil vir:

  • Die repatriasie van alle krygsgevangenis.
  • 'n Algehele amnestie met 'n paar uitsonderings.
  • Beperkte beskerming van Afrikaans in die howe.
  • Verskei ekonomiese veiligeheids maatreels soos die behoud van en onderhoud van eiendom regte.
  • Eerbiedig die Republieke se oorlog skuld van £3 million.
  • Vrygewige verligting vir die slagoffers van die oorlog.
  • 'n Belofte van eventuele self-regering en 'n ooreenkoms dat geen besluit geneem sal word sonder die faktisering van swart mense tot na die tot standkoming van 'n verantwoordelike regering.gene

JansenFamilie Pa's en seuns se bydrae
Ieder en elk kan trots wees op hul bydrae en opofferings.

Hermanus Petrus Johannes Jansen #3993

Hermanus Petrus Johannes Jansen #3993

Hermanus Petrus Johannes Jansen was deel van die boere magte en is verwond en verband na Bermuda.

KAAPSE REBELLE - Engelse klassifikasie

Hierdie boere was Afrikaans sprekende Koloniale van die Kaapkolonie wat by die boere aangesluit het weens familie bande en kulturele bande. Hul het van oor die hele Kaapkolonie gekom - Cradock, Graaff-Reinet, Somerset East en Middelburg.

Wanneer hul gevang was is hul dus vir hoogverraad aangekla, verhoor, gehang of is deur 'n vuurpelot geskiet:

  • Kommandant Johannes Lotter -12 October 1901
  • Willie Louw - 23 November 1901
  • Gideon Scheepers - 18 January 1902

Sommige fonnisse is verander na lewens lange banningling op Hawkins eiland, Bermuda en St Helena. In Bermuda het jul in die klipsteen uitgrawings gewerk. In Januarie 1903 het 'n Koninglike Kommisie op Bermuda bymekaar gekom en hul fonnisse is verminder.

Die rebelle keer terug na Suid Afrika aan boord van SS Sunda in 1903 om te hoor wat is die finale uitslag van hul Fonnis. Hul was aangehou in die Tokai tronk totdat hul algemene amnestie verkry het op 22 Maart 1903 deur die Kaap se Koloniale Parlement.

  • Van - Name - Beroep - Distrik - Kommando
  • Jansen Carl - Aberdeen - Kmdt Scheepers
  • Jansen Christiaan Stephanus - Molteno **
  • Jansen Ernst Richmond
  • Jansen Frederik Andries - Molteno **
  • Jansen Johannes Gert Wolvaardt (lees sy storie verder af op die blad)
  • Jansen Hendrik Lodewyk - Philipstown
  • Jansen Hendrik Lodewyk - Plassboer - Philipstown
  • Jansen Johannes Gert Bethesda - Plaasboer
  • Jansen Martinus Johannes
  • Jansen Rudolf Andries - Plaasboer
  • Jansen Samuel Johannes - Waterfiskaal
  • Jansen Samuel Zacharia Dirk - Molteno **
  • Jansen Zirk Bernardus - Aberdeen - Kmdt Scheepers

Note: ** Christiaan Stephanus Jansen se drie seuns.

Eerste Krygsgevangenis van die Oorlog

Die eerste hoeveelheid Boere krygsvevangenis wat deur die Engelse gevang is was gevang by die slag van Elandslaagte op 21 Oktober 1899. Daar was geen kampe vooraf voorberei nie en gevolglik het die Engelse onderhandel met hawe owerhede om die 200 mans tydelik te huisves op die HMS Penelope in Simonstad en hul sal deur die Vloot wagte opgepas word. Verskei skepe is gebruik as drywende krygsgevange kampe totdat 'n permanente kamp by Groepunt, in Kaapstad en Bellevue, Simonstad opgerig is. Die eerste gevangenes is in Bellevue op 28 February 1900 geplaas. Gewondes was gestuur na die ou Kaapse Artellie Garnisoen Barrake in Simonstad wat verander is in die Paleis hospitaal. Die eerste gewondes het op 2 November 1899 daar gearriveer.

Teen die einde van 1900 met die inval van die Kaapkolonie is die gevangenes by Kaapstad en Simonstad op skepe geplaas. Teen die einde Desember 1900 was sowat 2550 manskappe aanboard van die Kildonan Castle geplaas waar hul vir ses weke gebly het voordat hul weer vervoer was na Simonstad.

Die kamp by Ladysmith, Natal was in gebruik vanaf 20 December 1900 tot January 1902. Dit was hoofsaaklik gebruik as 'n deurgangs kamp alhoewel deur 120 permanente gevangenes aangehou het. Die ander deurgangs kamp was by Umbilo in Natal.

Krygsgevangenes was gerepatrireer na Suid Afrika na die staking van vyandelikhede en was gestuur na Simonstown of Umbilo. Hier was hul voorsien met komberse en klere voordat hul per trein na hul bestemmings vervoer is. Soos wat die oorlog omvou en die aantal krygsgevangenes meer word het dit uit die aard van die saak ernstige probleme teweeg gebring vir die Engelse Owerheid. Die probleem het uiteraard hul planne omgekrap met die oorgee van General P A Cronje en ongeveer 4000 burgers by Paardeberg. Om gevolglik groot kampe te voorsien van voorrade terwyl hul oorlogvoer het geweldige groot druk geplaas op die alreeds oorbenutte voorraadlyne. Nie net hierdie probleem nie, maar die gedagte dat insluipelaars van die omgwewing die kampe kan penetreer en die gevangenes kan vrylaat was 'n groot risiko. Die oplossing was dus om die gevangenes te verskeep oorsee.

Verban deur die Engelse

Attach:Image3.jpg Δ

Krygsgevangeniskamp

  • Van - Naam - Distrik - Krygsgevangenis geneem by - Krygsgevangeniskamp
  • Jansen Abraham Christoffel - Zeerust - Panstad - Onbekend
  • Jansen Abraham Christoffel - Brandfort - Onbekend - Groenpunt/St Helena
  • Jansen Arnold Alexander - Lydenburg - Krugerspost - Bellary
  • Jansen August - Lydenburg - Krugerspost - Bellary
  • Jansen Christiaan Henonymus - Kroonstad - Boschpoort - Onbekend
  • Jansen Christoffel Jacobus - Kroonstad - Doornhoek - Groenpunt
  • Jansen Christoffel Jacobus - Kroonstad - Paradyskop - Sialkot
  • Jansen Christoffel Johannes - Fauresmith - Fauresmith - Groepunt
  • Jansen Cornelis Alwyn - Zoutpansberg - Haenertsburg - Onbekend
  • Jansen Cornelis Alwyn Johannes - Pietersburg - Chueniespoort - India
  • Jansen Cornelis Roedolf - Brandfort - Paardeberg - Broadbottom
  • Jansen Cornelis Alwyn Johannes - Kroonstad - Sandfontein - India
  • Jansen Cornelis Alwyn Johannes - Kroonstad - Graspan - India
  • Jansen Cornelis Rudolf - Pretoria - Klipkop - St Helena
  • Jansen Cornelius Rudolf - Hoopstad - Spitzkop - St Helena
  • Jansen Daniel Jacobus - Wakkerstroom - Driepan - India
  • Jansen David Johannes - Rouxville - Coleberg - India Shajahanpur
  • Jansen Dirk - Pretoria - Boshof - Deadwood/St Helena
  • Jansen Frederik - Smithfield - Suiwerfontein - Bermuda
  • Jansen Hendrik Christiaan - Pretoria - Hammanskraal - Sialkot
  • Jansen Hendrik Christoffel - Pretoria - Vissershoek - India
  • Jansen Hendrik Johannes - Kroonstad - Fonteintjies - India Upper Topa
  • Jansen HENDRIK LODEWYK teerpuntsdam COLESBERG DIST. Bermuda Hawkins
  • Jansen Hermanus Petrus Johannes (3993) - Bethal - Leeuwspruit - Kakool/Abottabadnsen
  • Jansen Izaak Jacobus - Zoutpansberge - Malipspoort - Kakool/Abttabad
  • Jansen Jacobus - Smithfield - Suiwerfontein - India
  • Jansen Jan Hendrik - Trompsburg - Trompsburg - Groenpunt
  • Jansen Johannes Bornman - Kroonstad - Fonteintjies - India Upper Topa
  • Jansen Johannes Gerhardus Stefanus - Pretoria - Melkhoutfontein - Bermuda
  • Jansen Johannes Hendrikus Nicholas - Smithfield - Boesmansberge - Hawkins
  • Jansen Johannes Hermanus - Pretoria - Klipkop - St Helena
  • Jansen Johannes Hermanus - Pretoria Waterberge - Bermuda
  • Jansen Johannes Petrus - Zeerust - Gopanistad - Onbekend
  • Jansen Johannes Willem - Nylstroom - Rietgat - India
  • Jansen Johan - Waterberge - Rietfontein - Bermuda
  • Jansen Martjan Jacobus - Kroonstad - Jachtershoek - India Dagshai
  • Jansen Petrus Christiaan - Pietersburg - Chueneespoort - India
  • Jansen Pieter Emil - Johannesburg - Johannesburg - Onbekend
  • Jansen Schalk Willem - Zoutpansberge - Malipspoort - Kakool/Abottabad
  • Jansen Stefanus - Lydenburg - Krugerspos - Bellary
  • Jansen Stoffel Andries Petrus - Pretoria - Roodekoppies - Groenpunt
  • Jansen Tobias Jacobus - Bethal - Winkelhaak - Bermuda
  • Jansen Willem - Vryheid - Middelburg - Onbekend
  • Jansen Willem Alwyn - Ladybrand - Houtkraal - Ahmednagar
  • Jansen Willem Alwyn - Boshof - Kleinwonderpan - Onbekend
  • Jansen Willem Jacobus - Lichtenburg - Tweebuffelsgeskietfontein - Onbekend
  • Jansen Willem Schalk Jacobus - Bethal - Leeuwspruit - Kakool/Abottabad
  • Jansen Willem van Rensburg - Ventersdorp - Rooiplaats - Onbekend
  • Jansen Cornelius Martinus Johannes (pa) - Fauresmith - Fauresmith - Groenpunt
  • Jansen Cornelius Martinus Johannes (seun) - Fauresmith - Fauresmith - Groenpunt

Plase Verbrand onder verskrooide aarde beleid

  • Naam van die Plaas - Distrik - Van - Naam - Grootte(hektaar)
  • Oskraal - Kroonstad - Jansen Johan Christiaan Hermanus - 23
  • Rietpoort - Kroonstad - Jansen Johan Christiaan Hermanus - 10
  • Rietpoort - Kroonstad - Jansen Avie Willem Johannes - 10
  • Rietpoort - Kroonstad - Jansen Dirk Bouwer - 10
  • Rietpoort - Kroonstad - Jansen Cornelis Alwyn Johannes - 10
  • Rietpoort - Kroonstad - Jansen Johan Christiaan Hermanus - 10
  • Witterand - Kroonstad - Jansen Arie Willem Johannes - 126
  • Witterand - Kroonstad - Jansen Arie Willem Johannes - 763

Natalse Rebel

  • Jansen Pieters Cornelius - hoogverraad - Spesiale Hof

Kommando Offisier

  • Jansen, Cornelis Alwyn Johannes - Veldkornet

Polisie - In die Oranje Vrystaat gestasioneer

  • Jansen Johannes Hendrik - 4066

Gesneuwel gedurende gevegte op die slagveld

  • Van - Naam - Kommando - Gesneuwel by
  • Jansen Abraham - Purekrans - Waterberg
  • Jansen Cornelis Rudolf - Pretoria - Platrand-Observation Hill
  • Jansen Daniel Johannes - Middelburg - RoosSenekal
  • Jansen Johannes - Nylstroom - Purekrans
  • Jansen Johannes - Nylstroom Purekrans
  • Jansen Johannes Gert Wolvaart - Lydenburg - Lunsklip - Lydenburg
  • Jansen Johannes Gert Wolvaart - Vryburgrebelle van Kmdt Johannes van Zyl - gehang langs die pad by Vryburg
  • Jansen Rudolf Johannes (Dolf) - Bakenlaagte

Veterane - oorlewendes van die Oorlog

  • Van - Naam - Verblyf en Woning - Tak
  • Jansen Cornelius Alwyn Johannes - Soutpansberg, Pietersburg - Bloemfontein
  • Jansen Cornelius Roedolf - Roodekoppies - Brits
  • Jansen Ernst Johannes - Witpoort, Ventersdorp - Potchefstroom
  • Jansen Frederik Andries Jacobus - Leeuwfontein, Molteno - Johannesburg
  • Jansen Genne Jopanns - Bronkhorstspruit, Hercules - Pretoria
  • Jansen Gideon Schalk Willem - Rustenburg - Springs
  • Jansen Hermanus Petrus Johannes (3993) Scahagen, Lydenburg - Lydenburg
  • Jansen Izak Jacobus - Rooikrans, Pietersburg - Pietersburg
  • Jansen Jacobus Stefanus Johannes - Ladybrand - Ladybrand
  • Jansen Johannes Hermanus - wyk Krokodilrivier, Pretoria - Rustenburg
  • Jansen Johannes Jurgens - getroud manskap
  • Jansen Johannes Petrus - Marico - Potgietersrust
  • Jansen Petrus Johannes - Boschpoort, Lichtenburg - Boschpoort
  • Jansen Piliper Jakob - Waterberg - Potgietersrust
  • Jansen Roelof - Rietvlei, Standerton - Morgenzon
  • Jansen Willem Alewyn - Ladybrand - Ladybrand
  • Jansen Willem Alwyn Jacobus - Heilbron - Heilbron
  • Jansen Willem Johannes - Lichtenburg - Lichtenburg
  • Jansen Zirk Bernardus - Lichtenburg - Louis Trichardt

Sterf In aanhouding

  • Van - Naam - Oorsaak - Waar
  • Jansen Abraham Christoffel - enteritis - Groenpunt
  • Jansen Christoffel Andries Petrus - measles and pulmonary congestion - Groenpunt
  • ansen Petrus Johannes - pneumonia - Groenpunt

Medalje Ontvangers vir deelname aan die Angolo-Boere Oorlog

Attach:Image3.jpg Δ

Boere Medaljes

Die Dekoratie voor Trouwe Dienst Anglo-Boeroorlog 1899-1902 (DTD) was toegeken aan Boer offisiere vir dekorasie en toewyding en voorbeeldige diens gedurende die Angolo-Boere oorlog.

  • Van - Naam - Rank - Medalje toegeken - Bevelvoerder - Kommando eenheidUnit
  • Jansen Cornelis Alwyn Johannes - Veldkornet - DTD (Dekoratie voor Trouwe Dienst - Vredefort Kommando

Die Zuidafrikaanse Republiek en Oranje Vristaat Oorlogmedalje 1899-1902 (ABO) was die medalje tpegeken aan alle ranke van die Transvaal en Oranje Vrystaat wat wapens opgeneem het en geveg het in die Angolo Boere Oorlog.

  • Van - Naam - Rank - Medalje toegeken - Bevelvoerder - Kommando Eenheid
  • Jansen August - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Lydenburg Kommando
  • Jansen Christiaan Gerhardus - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Pretoria Kommando
  • Jansen Christiaan Stephanus - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - General Kritzinger - Boer Forces
  • Jansen Christoffel Jakobus Pieter - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - General de Wet - Boer Forces
  • Jansen Colnellus Lukas Frederik - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Pretoria Kommando
  • Jansen Cornelis Alwyn Johannes - Veldkornet - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Vredefort Kommando
  • Jansen Cornelius Rudolf - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Pretoria Kommando
  • Jansen Daniel Jacobus - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Middelburg Kommando
  • Jansen Hendrik Christoffel - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Krokodilrivier - Boer Forces
  • Jansen Hendrik Johannes - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Lydenburg Kommando
  • Jansen Johannes Gerhardus Stephanus - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Pretoria Kommando
  • Jansen Johannes Hermanus- Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Waterberg Kommando
  • Jansen Marthinus Hermanus - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Middelburg Kommando
  • Jansen Roelof Cornelius Johannes - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - Pretoria Kommando
  • Jansen Samuel Zagarias Leburlades - Burger - ZR & OVS medalje 1899-1902 - General Kritzinger - Boer Forces

Die volle namm vir die gewonde medalje is Lint voor Verwonding Opgedaan Gedurende de Anglo-Boeroorlog 1899-1902.

  • Van - Naam - Rank - Medalje toegeken - Bevelvoerder - Kommando Eenheid
  • Jansen Hermanus Petrus Johannes (3993) - LVW 1899-1902 - Lydenburg Kommando

Johannes Gert Wolvaardt Jansen se verhaal

Johannes Gert Wolvaart Jansen (30) - Burger - van Kmdt J.A. van Zyl se kommando Boere held of soos gesien deur die Britte as rebel

Inleiding

Windpomp wat as galg gebruik is

Johannes Jansen en Naas Rautenbach was lede van Vryburg se rebelle-kommando onder Kmdt J.A. van Zyl wat in die tweede helfte van 1901 deelgeneem het aaqn die guerrillaoorlog in Betsjoeanaland en Griekwaland-Wes. Tydens 'n bloedige geveg op 3 September 1901 op Masiet in die Mafeking-distrik waarin etlike Britte gesneuwel het, is Johannes, Ruatenbach en nog twee burgers gevange geneem toe hulle van die kommando afgesny is.

Beide Johannes en Naas is daarvan aangekla dat hulle in besit was van dum-dum-koeëls. Dit was teen die uitdruklike bevel van hul kommanant dat sy kommando ontslae moes raak van die koeëls wat die vorige dag van die Engelse gebuit is. 'n Verdere klag teen hulle was dat Johannes vier perde en Naas veertien donkies sou gesteel het. Hul verweer dat hul nie die mkoeëls gebruik het nie en dat die perde en donkies op bevel van hul kommandant gebuit is, het op dowe ore geval en die militêre hof het hulle ter dood veroordeel. Die ander burgers is begenadig en lang gevangenis straf opgelê.

Johannes was 'n getroude man met vier kinders. In dieselfde maand wat hy by die guerrillamagte aangesluit het, is sy vrou en kinders na die konsentrasiekamp in Kimberley gestuur. Hy sou sy vrou en kinders nooit weer sien nie.

Tenspyte van herhaalde versoeke om sy vrou en kinders te sien, voor sy teregstelling, is dit hom geweier en op 11 Oktober 1901 is hy tereggestel. Sy vrou moes dit in 'n koerant lees wat 'n Britse soldaat voor haar tent in die konsentrasiekamp neergesit het.

Die egpaar se jongste kind Hendrik is in 'n konsentrasiekamp (Kimberley) gebore ses maande nadat Johannes by die boeremagte aangesluit het en hul dogtertjie wat net voor die uitbreek van die oorlog gebore is, is op 27 Oktober 1901 twee weke na die teregstelling van Johannes in die konsentrasiekamp (Kimberley) oorlede.

Die tronkbewaarder het te vertel dat Johannes die hele nag voor sy teregstelling op sy knieë deurgebring het en in die vroeë morê nog gesing het:

Hef u hande na omhoog, Slaan na die heiligdom u oog,

Jansen Johannes Gert Wolvaart

Vryburgrebelle van Kmdt Johannes van Zyl - gehang langs die pad by Vryburg

Johannes het uit die tronk vir sy vrou geskryf;

Gehang op Vryburg 11 Oktober 1901 deur die Britse Magte

In Oktober 1901 het vier rebelle aan die galg op Vryburg gesterf. Hul teregstelling was die nasleep van die rebellebedrywighede onder Kmgt J.a van Zyl in die Vryburg-omgewing. Die kommando was in etlike skermutselings met kleyrlingkorpse in die omgewing van Vryburg betrokke waarin Britse soldate en kleurling verkenners gesneuwel het. 'n Aantal rebelle wat gevange geneem is, is deur die militêre hof op Vryburg ter dood veroordeel,maar net vier het die hoogste tol betaal. Eers is Johannes Jansen en Naas Rautenbach op 11 Oktober 1901 gehang en daarna die Kuhn-broers op 23 Oktober 1901.

In Vryburg is 'n vindingryke plan gemaak toe 'n galg nie betyds vervaardig kon word nie. Die onderste gedeelte van 'n windpompstellasie is gebruik as galg. Die platform met valluike is aangebring op swaar houtbalke wat op die windpompstaander vasgemaak is. Ruwe houttrappe het na die platform gelei. Die galg is by die hoofingang van die tronk opgerig en die teregstelling het in die openbaar plaasgevind.

Lucas Fourie, een van die veroordeeldes wat begenadig is, het vertel dat die houtbalke na die teregstelling op 'n openbare veiling deur 'n boer Cornelius Halgryn, gekoop is en dat daar lank daarna nog bloedvlekke op die balke was, omdat soldate die veroordeeldes met bajonette gesteek het om seker te maak dat hulle dood was.

Die lyke is agter die tronkmuur aan die suidwestekant van die tronk in vlak grafte begrawe wat deur die medeburgers gegrawe is. In 1929 is die oorskot herbegrawe toe die tronkmure herstel is. 'n Gedenksteen is toe vir die vier veroordeeldes teen die tronkmuur opgerig.

Nicolaas Claassen Rautenbach (Naas) was 'n 24 jarige ongetroude jong man van Massaukop, Vryburg. Hierdie vurige jong man het vroeë in Genl de la Rey se kommando gedien en het aan talle groot gevegte rondom Kimberley en Schweizer-Reneke deelgeneem. Hy het in sy verhoor getuig dat alles wat hy gedoen het in opdrag van sy kommandant was en dat die patrone in sy besit afgeneem is van Britse soldate tydens'n skermutseling die vorige dat, maar dat hy dit nie gebruik het nie.

Vryburg 10 Oktober 1901

Aan my dierbare vrou C.S Jansen,

Liefste,

Ek moet u meedeel dat dit treurig met my gaan. Ek is tot die dood veroordeel en morê om agtuur moet ek opgehang word. Maar God sy dank dat ek nie 'n moordenaar is nie. Liefste skat, u moet maar tevrede wees, want daar is 'n God wat vir u en die wesies sal sorg. Liefste my hart voel so verbitter dat ek nie kan skryf nie. Liefste as u weer trou, vra tog vir die Here vir 'n man wat vir die kinders sal sorg. En verder, Liefste, as dit weer vrede word, moet u weet dat daar by Dirk Groenewald vier osse en 'n koei van my is, en by Olef Hennay vyf osse. Op Onveiligspan is daar 'n perd en saal en drie osse van broer Hendrik wat ek by Swartes gelos het. Verder sal ek maar sluit met die pen. Dit is 'n harde weg. Met hartelike soene aan my vrou en kinders om u nooit weer op hierdie aarde te ontmoet, maar hiernamaals by Jesus. Hou u oog op Jesus gerig. My siel is diep bedroef tot die dood toe

JGW Jansen

TERUG