Patente

S.P. Jansen #981 se Patente

Pyphaak

Drie patente van Stephanus Petrus (Faan) Jansen (#981) word beskryf, naamlik die “Japtrap-pyphaak”, “Lockeyless-hekknip” en “Volksbraai”.

Die 'Japtrap' Pyphaak Die pyphaak kan op enige grotte pyp of pomp gebruik word.
Nadat dit gehaak is, kan die pype met 'n katrol uitgehys word.


Hekknip

Die "Hekknip"


Volksbraai

"

Die "Volksbraai"
Vir die braaivleis rooster maar ewe doeltreffend vir die ywerige hengelaar om sy hengelgerei op te laat rus.


‘n Artikel wat in die dagblad “Die Transvaler” op Dinsdag 4 September 1984 verskyn het, lui soos volg:

PRETORIA – ‘n Afgetrede Karooboer, wat bykans 50 jaar gelede ‘n eenvoudige patent vir ‘n probleem-boorgat ontwerp het, het vanjaar die uitvindsel die eerste keer vir ‘n kompetisie ingeskryf. Die patent se naam is die “japtrap-pyphaak” en is ontwerp deur mnr. Stefanus Jansen, wat deesdae in Villieria, Pretoria, woon. Dit vorm deel van ‘n uiteenlopende aantal inskrywings vir Barclays se Industriële Vindingrykheidskompetisie. Pype en pompe van boorgateienaars regoor die land is al met behulp van hierdie stukkie gereedskap uit gate van tot 200 meter diep gelig.

Die patent is eenvoudig en doeltreffend. Dit word aan ‘n voorafgemete tou, volgens die diepte van die losgeraakte stuk, vasgemaak, in die gat laat sak, gehaak, en siedaar, die pyp of pomp is uit. Mnr Jansen sê hierdie stukkie gereedskap is ‘n groot hulp vir die boere.

Die “japtrap-pyphaak” het ook gelei tot nog twee nuwe patente – die “Volksbraai” en die “Lockeyless”. Die “Volksbraai” is ‘n kompakte vorm van die gewone braaitoestel. Dit is opvoubaar en kan maklik in die motor vervoer word. Die “Lockeyless” kom handig te pas by swembaddens. Die hekskroef kan so styf gestel word dat slegs volwassenes dit kan oopkry. Die knip is klein, sterk en netjies afgewerk.

Mnr Jansen glo hy is nog lank nie klaar met ontwerpe nie. Hy beoog nog ‘n paar nuwighede wat hy ook self wil bemark”.

#L04#981


Advertensie vir die Jansen-Pyphaak

#L05#981


Artikel in die Famer's Weekly van 3 Julie 1987


Na Faan se dood is vervaardiging van die “Jansen (Japtrap) pyphaak” deur sy skoonseun Adolf Grobler op Heilbron in die Vrystaat voortgesit.

Nie Europese Banier

TERUG