Korea Oorlog

- Idee vir die kamer Ferdie Jansen
- Foto's verskaf deur Simon Jansen
- Bygewerk deur Simon Jansen

Korea Oorlog 25 Junie 1950 tot 27 Julie 1953

Op 28 Junie 1950 het Noord-Koreaanse magte Suid-Korea sonder waarskuwing binnegeval. Onder aansporing van die VSA het die Veiligheidsraad van die VVO sy lidlande versoek om steun aan die aggressors te weerhou en militêre hulp aan Suid-Korea te verleen. Altesaam 14 lande, onder meer Suid-Afrika, het gereageer. Ander lande wat militêre hulp verleen het, was België, Frankryk, Nederland, Griekeland, Turkye, die Filippyne en Thailand.

Die Britse Statebondslande het 'n leëreenheid gestuur, met troepe uit die Verenigde Koninkryk, Kanada, Nieu-Seeland en Australië. Suid-Afrika se deelname was deels 'n daad van samewerking binne die Statebond, maar meer nog 'n bydrae tot verset teen die Kommunisme. Twee Lugmageskader (243 offisiere en 545 soldate) het hom in Oktober 1950 saam met 23 Suid-Afrikaanse leeroffisiere en 'n aantal voetsoldate by die Amerikaanse lugeenheid onder leiding van genl. Douglas MacArthur aangesluit. Die eskader is in 1940 in Oos-Afrika gestig en het reeds in die Tweede Wêreldoorlog naam gemaak as "The Flying Cheetahs" (hul kenteken was 'n vlieënde jagluiperd). Drie maande na die Kommunistiese inval was die grootste gedeelte van Suid-Korea beset.

Die Amerikaanse magte het egter daarin geslaag om die troepe met lugaanvalle te stuit, die grens na die noorde oor te steek en die Noord-Koreaanse hoofstad, Pjongjang, te verower. In November 1950, toe genl. MacArthur tot byna aan die Chinese grens gevorder het, het China hom by die Noord-Koreaanse magte aangesluit. Noord-Korea het 'n bevolking van net nege miljoen gehad teenoor die 20 miljoen van Suid-Korea, maar teen 1952 het die Kommunistiese gewapende magte al een miljoen getel, van wie die meeste Chinese was.

Suid Afrikaanse vlieniers het die mustang gevlieg

Die Amerikaanse troepe is teruggedryf tot verby Seoel, die hoofstad van Suid-Korea. Seoel is egter in 1951 herower. Toe MacArthur op 11 April 1951 deur genl. Matthew Ridgeway vervang is, het die stryd min of meer om die grens tussen Noord- en Suid-Korea gewoed. Op 10 Julie 1951 is in Kaesong met onderhandelinge vir 'n wapenstilstand begin, maar dit is eers twee jaar later, op 13 Julie 1953, gesluit. Suid-Korea wou aanvanklik die stryd eiehandig voortsit omdat hy nie die reëlings ten opsigte van krygsgevangenes wou aanvaar nie, maar die VSA het druk op hom uitgeoefen en 'n finale ooreenkoms is uiteindelik op 22 Julie 1953 gesluit.

Volgens die ooreenkoms sou die hereniging van Korea internasionale aandag geniet. 'n Konferensie is wei met die doer in 1954 in Genève gehou, maar dit het geen vrugte afgewerp nie. Die oorlog het die lewe van 450 000 Suid-Koreane geëis en in die noorde het 1,3 miljoen mense gesterf. Altesaam tien miljoen Koreaanse families is deur die oorlog geskei. Na die stigting van die Demokratiese Volksrepubliek Korea en gedurende die Koreaanse Oorlog het sowat 2 miljoen Noord-Koreane na die suide getrek. Baie van hulle was Christene wat om godsdienstige redes gevlug het.

Na die oorlog het die twee state steeds verder weg van mekaar ontwikkel en pogings tot groter samewerking het niks opgelewer nie. Suid-Afrika het 42 manskappe afgestaan wat as dood of vermis aangegee is en die Suid-Afrikaanse Lugmag het 270 eretekens verwerf. Na die oorlog is twee Eskaders in die Amerikaanse presidentsrede vereer vir sy deelname aan 18 Vegbomwerpervleuel. Die Suid-Afrikaanse vlag is onder meer saam met die Amerikaanse vlag gehys.

Mustang vliegtuig is later vervang deur die Sabre (F86) vliegtuig

Nie Europese Banier

TERUG