Eerste Wêreldoorlog

Eerste Wêreldoorlog van 28 Julie 1914 tot 11 November 1918

Oorsaak can die Eerste Wêreldoorlog

Op 28 Julie 1914 het oorlog uitgebreek met die Oostenryk-Hongaarse strooptog in Serwië, gevolg deur die Duitse strooptog in België, Luxemburg en Frankryk en ’n Russiese aanval op Duitsland. Ná die Duitse mars teen Parys het die wesfront in ’n langdurige oorlog betrokke geraak. In die ooste het die Russiese weermag met sukses teen die Oostenryk-Hongaarse magte geveg, maar hulle is teruggedwing deur die Duitsers. Nog fronte het ontstaan nadat die Ottomaanse Ryk by die oorlog aangesluit het in 1914, Italië en Bulgarye in 1915, Roemenië in 1916 en die Verenigde State in 1917. Die Russiese Ryk het in 1917 ineengestort en Sowjet-Rusland het die oorlog verlaat ná die Oktober-rewolusie later in die jaar. Ná die Duitse aanval op die wesfront in 1918 het die Verenigde State tot die oorlog toegetree en die Geallieerdes het die Duitse weermag verdryf. Op 11 November 1918 het Duitsland ingestem om aanvalle te staak. Dié dag staan bekend as Wapenstilstanddag.

In geen ander konflik voor die Eerste Wêreldoorlog is soveel soldate gemobiliseer of het soveel slagvelde plaasgevind nie. Meer as 70 miljoen militêre personeel uit sowat 40 lande, waarvan 60 miljoen Europeërs was, het aan die oorlog deelgeneem.

Jansen Familie deelname aan die tweede wereld oorlog

Hermanus Petrus Johannes Jansen #3993

Herman Jansen #3993

Hermanus Petrus Johannes Jansen was deel van die Suid-Afrikaanse magte en is verword en terug gestuur na Suid-Afrika. Vir sy by dra het hy as vergoeding 'n stuk grond gekry in die omgewing van Sckagen in die ou Trandvaal. Vandag Mpumalanga.

TERUG