Eerste Vryheids Oorlog

- Idee vir die kamer Ferdie Jansen
- Bygewerk deur Simon Jansen

Eerste Vryheids oorlog - 1877 to 1881

Die oorlog het begin nadat Sir Theophilus Shepstone van die Verenigde Koninkryk die Sandrivierkonvensie van 17 Januarie 1852 verbreek het deur die Transvaal op 12 April 1877 te annekseer. Daar was vier botsings en veldslae tussen die Boere en die Britte, :

Die Slag van Bronkhorstspruit op 20 Desember 1880
Die Slag van Laingsnek op 28 Januarie 1881
Die Slag van Ingogo op 8 Februarie 1881, ook bekend as die Slag van Skuinshoogte
Die Slag van Majuba op 27 Februarie 1881
Na Majuba is met vredesonderhandelinge begin en is daar op 21 Maart 1881 'n vredesooreenkoms geteken.

Die Oorlog - 1877 anneksasie

Die oorlog het begin nadat Sir Theophilus Shepstone die Transvaal op 12 April 1877 geannekseer het. Die boere het geprotesteer en die oorlog het daarna uitgebreek.

11 November 1880, Potchefstroom

In November 1880 het die eerste openlike konflik tussen die Boere en Brittanje plaasgevind. P.L. Bezuidenhout het geweier om ekstra fooie te betaal op sy ossewa deur te sê dat hy reeds sy belasting betaal het. Die Britse owerhede het die wa gekonfeskeer, waarna 100 manne onder leiding van Piet Cronje die wa gaan terugneem en aan Bezuidenhout terugbesorg het. Hierdie insident staan as die Bezuidenhout-voorval bekend.

Slag van Bronkhorstspruit - 20 Desember 1880

Kolonel Anstruther se opmars van Lydenburg na Pretoria word by Bronkhorstspruit deur generaal Frans Joubert met 150 man binne 10 minute vernietigend gestuit – 57 Britte dood, meer as 100 gewond. Boere: 2 dood, 5 gewond. Anstruther sterf.

Slag van Laingsnek - 28 Januarie 1881

Op die heuwelrug Laingsnek, oos van die berg Majuba in Natal, was 1 500 Boere ingegrawe. Op 28 Januarie 1881 het Generaal Colley met meer as 1 000 man hulle aangeval. Weer eens is die Britte verpletterend verslaan. Gesneuweldes: 83 Britte; 14 Boere. Gewondes: 111 Britte; 27 Boere.

Slag van Majuba - 27 Februarie 1881

Slag van Majuba wat die Britte finaal verslaan het

Die Slag van Majuba was die mees verwoestende veldslag – nie in omvang nie, maar in krysvernuf en politieke betekenis onberekenbaar groot. Die Britse ryk is tot in sy fondamente geskud en Transvaal het sy vryheid herwin. Naas Bloedrivier is dit die belangrikste enkele gebeurtenis vir die Afrikanervolk in sy oorlewingstryd. 92 Britte dood, 135 gewond, 53 gevange. Boere: 1 gesneuwel (Bekker), 5 gewond.

Slag van Ingogo - 8 Februarie 1881 (Skuinshoogte)

Op die ou pad na Newcastle ongeveer 15 km suid van Mount Prospect verslaan genl. Nicolas Smit 'n Britse "vertoningsmag/bangmaakmag" onverwags suid van die Ingogo op Skuinshoogte. Colley se mag trek deur die nag terug, maar die Boere volg nie op nie. Dooies en gewondes is in 'n treurige toestand agtergelaat. 76 Britte dood, 63 gewondes. Boere: 8 dood, 6 gewond.

Nie Europese Banier

TERUG