Angolese Oorlog

- Idee vir die kamer Ferdie Jansen
- Byvoeging en Foto's verskaf deur Simon Jansen

Angolese Oorlog

Periode van 1961 tot 1974

Die Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid (1961–1974) het begin met opstande teen die gedwonge arbeid op katoenplase, en ontaard in 'n stryd waar drie nasionalistiese bewegings en een seperatistegroep vir beheer oor Portugal se "Oorsese Provinsie van Angola" geveg het. Die oorlog is beëindig toe 'n linksgesinde militêre staatsgreep in April 1974 Portugal se Estado Novo-regime omver gewerp het. Die nuwe militêre bewind het onmiddellik alle militêre optredes in sy Afrika-kolonies gestaak. Die nuwe leiers het ook bekend gemaak dat onafhanklikheid gou aan die kolonies gegee gaan word.

Dit was 'n uitgerekte guerilla-oorlog wat deur die Portugese gewapende magte teen gewapende insurgente in die yl bevolkte, maar baie uitgestrekte landelike gebied van Angola gevoer is. Grusame wandade is in dié vryheidstryd aan albei kante gepleeg.

Met die beëindiging van die Portugese oorlog het daar 'n bloedige konflik tussen die verskillende bevrydingsbewegings uitgebreek. Die oorlog het amptelik aan die einde van Januarie 1975 tot 'n einde gekom toe die Portugese regering met die Nasionale Unie vir die Totale Onafhanklikheid van Angola (UNITA), die Volksbeweging vir die Bevryding van Angola (MPLA), en die Nasionale Bevrydingsfront van Angola (FNLA) die Alvor-verdrag onderteken het.

1960s

Portugese koloniale troepe op parade in Luanda

Op 3 Januarie 1961 staak die Angolese plaaswerkers van Baixa de Cassanje op die Cotonang-katoenplase waar hulle werk, en eis beter lone en beter werksomstandighede. Cotonang het aan Portugese, Britse en Duitse aandeelhouers behoort. Die werkers het hulle identiteitsdokumente verbrand en die Portugese handelaars aangeval. Die voorval staan bekend as die Baixa de Casanje-opstand. Die volgende dag het Portugese troepe teruggeslaan en omliggende dorpies gebombardeer, na bewering met napalm. Tussen 400 en 7 000 Angolese is dood.

Op 4 Februarie bestorm 50 militantes 'n polisiekantoor en die São Paulo gevangenis in Luanda en vermoor sewe polisiemanne. Veertig van die MPLA-aanvallers is dood en nie een van die gevangenes het daarin geslaag om te ontsnap nie. Die regering het 'n begrafnis vir die vermoorde polisiemanne gehou waartydens Portugese burgers die plaaslike bevolking in Luanda se plakkerskampe voor die voet aangeval het.

Op 15 Maart infiltreer tussen 4 000 tot 5 000 van die Volksunie van Angola (UPA), onder die leierskap van Holden Roberto, Angola vanuit hul basis in Zaïre. Die UPA val plase en regeringsbuiteposte aan, en vermoor staatsamptenare en burgerlikes. Die meeste slagoffers was "Ovimbundu" (kontrakwerkers). Die aanvallers het Noord-Angola binnegedring en voortgegaan met die slagting. Meer as 1 000 wittes en 6 000 swartes (vroue en kinders ingesluit) is vermoor. Dit was die begin van die Portugese Koloniale Oorlog.

Die Portugese het hergroepeer en beheer oor Pedra Verde, die UPA se basis in Noord-Angola, oorgeneem. In die eerste jaar van die oorlog is tussen 20 000 en 30 000 Angolese burgers deur die Portugese magte doodgemaak, en tussen 400 000 tot 500 000 mense het na Zaïre gevlug. Die UPA militantes het by die pro-onafhanklike vlugtelinge aangesluit en met die oorgrensaanvalle in Angola voortgegaan. Dit het meer vlugtelinge gelok en groter vrees onder die plaaslike gemeenskappe gesaai. In wat later bekend geword het as die "Ferreira-voorval" het 'n UPA-patrollie op 9 Oktober 1961 21 lede van die MPLA gevang en doodgemaak. Dit het wydverspreide geweld tussen die twee groepe laat losbars. Dit het so erg geraak dat die Verenigde Nasies se Veilgheidsraad 'n resolusie aanvaar het dat die Portugese regering hom moet weerhou van onderdrukkende maatreëls teen die Angolese bevolking.

Roberto het in Maart 1962 sy UPA laat saamsmelt met die Demokratiese Party van Angola om die Nasionale Front vir die Bevryding van Angola (FNLA) te vorm. 'n Paar weke later stig hy die Rewolusionêre Regering van Angola (GRAE) en stel Jonas Savimbi aan in die posisie van minister van buitelandse sake. Roberto het toe 'n politieke alliansie met Mobutu Sese Seko van Zaïre bewerkstellig deur sy eerste vrou te skei en met 'n plaaslike vrou uit Mobutu se vrou se familiedorpie te trou. Roberto het Israel besoek en van 1963 tot 1969 hulp van dié regering ontvang.

Die MPLA het in 1962 'n partykongres in Leopoldville (Kinshasa) gehou waar daar besluit is dat Viriato daCruz as leier te stadig, agterlosig en gekant teen beplanning is. Hy is toe deur Agostino Neto vervang. Tydens die verandering van leierskap is die organisasie se beleid vir 'n onafhanklike Angola aanvaar:

Demokrasie Veelrassigheid Onverbondenheid Nasionalisme Nasionale bevryding van die hele land Geen buitelandse militêre basisse Savimbi breek weg van die FNLA in 1964 oor Roberto se onwilligheid om die oorlog verder as die tradisionele Koningryk van die Kongo uit te brei en stig UNITA. Neto beraadslaag met die Marxistiese leier, Ché Guevara, in 1965 en kort daarna begin die hulp van Kuba, Duitse Demokratiese Republiek en die Sowjetunie instroom.

Op 25 Desember 1966 loods UNITA sy eerste aanval en blok die treine op die Benguela-spoorlyn by die stasie Texeira de Sosa, op die grens met Zambië. UNITA het ook die treinspoor in 1967 tweekeer opgeblaas. Dit het die Zambiese regering omgekrap aangesien al die land se koperuitvoere op die Benguela-lyn na die Angolese hawe vervoer is. Kenneth Kaunda het teruggeslaan en 500 van Savimbi se vegters uit die land geskop.

UNITA se hoofbasis was in die verafgeleë suidoos-Angolese provinsies waar die Portugese en die FNLA byna geen invloed kon uitoefen. UNITA was van meet af baie beter georganiseer en gedisiplineerd as die MPLA en FNLA. Sy vegters het ook 'n baie beter begrip van guerilla-oorlogvoering gehad.

In die laat 1960's het die MPLA en die FNLA ook teen mekaar geveg en die MPLA-magte het die Portugese troepe gehelp om die FNLA se stellings op te spoor.

1971–1972

Portugese soldate in die reënwoud van noord-Angola

In 1971 het die MPLA begin om sy magte in eskadrons van 100 tot 145 man te mobiliseer, en dié eenhede is met 60 mm en 81 mm mortiere bewapen. In 1972 het die Portugese met teeninsurgensie-operasies teen die MPLA begin en verskeie van hul kampe verwoes. Hierby het die Suid-Afrikaanse Weermag die MPLA in Februarie 1972 by Moxico aangeval en die kommunistiese teenwoordigheid in die gebied uitgewis. Die Portugese het 'n suksesvolle veldtog geloods om die totale Oosfront onder beheer te kry. Neto is verslaan en hy en 800 van sy manne het na die Republiek van die Kongo gevlug. Die verskillende faksies binne die MPLA het toe onder mekaar begin wedywer om beheer totdat die Sowjetunie ingegryp en kant gekies het met die Chipenda-faksie. Op 17 Maart muit 1 000 FNLA-vegters in Kinkuzu, maar die Zaïrse leër het die opstand namens Roberto onderdane.

1973–1974

FNLA-soldate besig met opleiding in 'n kamp in Zaïre- 1973

In 1973 breek Chipenda en 1 500 man weg van die MPLA en stig sy Oostelike Opstand. Die Tanzaniese leier, president Julius Nyerere, oortuig in 1973 die Volksrepubliek China, wat die MPLA sedert 1970 befonds, om eerder die FNLA in sy stryd teen die MPLA te ondersteun. In 1974 staak die Sowjetunie alle steun aan die MPLA toe die Revolta Activa afstig van die hoofstroom-MPLA. Die Sowjetunie herstel sy steun egter weer in November toe Neto sy leierskap kon herbevestig.

Die gesamentlike magte van die MPLA, UNITA en die FNLA het nie die stryd gewen omdat hulle goed gevaar het in die oorlog nie, maar eerder omdat die Portugese Movimento das Forças Armadas (gewapende magtebeweging) 'n staatsgreep in Portugal uitgevoer het. Die MFA was 'n groep laerangse offisiere in die Portugese Gewapende Magte wat op 25 April 1974 verantwoordelik was vir die sogenaamde Angelier Rewolusie wat 'n einde aan die Portugese Koloniale Oorlog gebring het. Dit het regstreeks aanleiding gegee tot die onafhanklikheid van die Portugese oorsese gebiede.

1975

Die drie partyleiers ontmoet op 5 Januarie 1975 in Mombassa, Kenia en kom ooreen om die onderlinge gevegte te staak. Voorts is die trant van die grondwetlike onderhandelings met die Portugese bespreek. Hulle vergader weer met Portugese regeringsamptenare van 10 tot 15 Januarie in Alvor, Portugal, en op 15 Januarie onderteken die drie leiers die Alvor-verdrag wat die weg baan vir onafhanklikheid en die stig van 'n oorgangsregering.

Deel van die ooreenkoms bepaal dat die drie militêre magte in een nuwe militêre mag, die Angolese Verdedigingsmagte, moet integreer. Dit sou bestaan uit 48 000 aktiewe personeel, waarvan 24 000 Portugese troepe en die res van 8 000 vegters uit die geledere van die drie partye sou kom. Elke groep bly in hul eie kasernes en buiteposte en elke militêre besluit moet gesamentlik op hoofkwartier- en gesamentlike militêre vlak geneem word. Die Portugese magte het nie behoorlike toerusting en die toewyding vir die taak gehad nie, terwyl die Angolese nasionaliste antagonisties teenoor mekaar was en geen behoorlike opleiding gehad het nie. Die Front vir die Bevryding van die Cabinda-enklave is nie by die verdrag ingesluit nie, en die seperatiste van die Cabindaprovinsie het nooit ingestem dat dié eksklave as 'n ononderhandelbare deel by Angola gevoeg word nie. Die seperatiste het die verdrag as 'n skending van Cabinda se regte tot selfbeskikking beskou.

Al drie partye het gou sterker gevegsmagte as die Portugese opgebou. Dit het die vrese laat ontstaan dat die Portugese mag in Angola nie die vrede tussen die groepe sal kan handhaaf nie. Faksiegevegte het opgevlam en erger geraak namate daar al hoe meer wapens uit die buiteland na die drie strydende faksies gestroom het. In Februarie waarsku Kuba die Oosbloklande dat die Alvor-verdrag nie gaan slaag nie. Kort hierna het die African National Congress (ANC) en die South West Africa People's Organization (SWAPO) die Kubaanse kommer beaam.

In Julie breek gevegte uit en die MPLA slaag daarin om die FNLA uit Luanda te dryf. UNITA onttrek vrywilliglik uit die Angolese hoofstad en keer terug na sy vesting in die suide, waarvandaan Savimbi die stryd voortsit. Teen Augustus het die MPLA reeds 11 van die 15 provinisiale hoofstede onder sy beheer, insluitende Luanda en Cabinda. Suid-Afrikaanse gevegsmagte steek die grens op 23 Oktober 1975 uit Suidwes-Afrika (nou Namibie en tussen 1 500 en 2 000 troepe beweeg in die geheim in die suide van Angola in. Die gesamentlike gevegsmagte van Suid-Afrika, die FNLA en UNITA verower binne drie weke vyf provinsiale hoofstede, insluitende Novo Redondo en Benguela. Op 10 November gee die Portugese finaal pad uit hul voormalige kolonie. Op 11 November verklaar Neto die onafhanklikheid van die Volksrepubliek van Angola.[40] Die FNLA en UNITA verklaar op hul beurt 'n eie regering in Huambo. Die Suid-Afrikaanse Weermag trek terug en, met die hulp van die Kubaanse magte, slaag die Angolese mag daarin om groot dele van die suide onder die MPLA se beheer te kry.

Die toestande in Angola het gou 'n bron van kommer geword vir 'n aantal buitelandse moondhede, veral vir Portugal se militêre bondgenote in NAVO. Die VSA was besorgd oor die moontlikheid van 'n Marxistiese regering in Luanda. Dit was die rede dat die Amerikaners begin het om wapens aan die UPA te voorsien wat intussen gegroei en met die Demokratiese Party saamgesmelt het om die FNLA te vorm.

Rhodesië en Suid-Afrika

Afgesien van die VSA, het twee ander lande ook by die oorlog in Angola betrokke geraak. Dit was Rhodesië (nou Zimbabwe) en Suid-Afrika, wat albei wit minderheidsregerings gehad het. Albei die lande was bekommerd oor hul toekoms indien die Portugese die stryd verloor. Rhodesië en Suid-Afrika het aanvanklik hul hulp tot die verskeping van wapens en voorrade beperk, maar in 1968 het die Suid-Afrikaners Alouette III helikopters en bemanning aan die Portugese Lugmag begin voorsien. Later is verskeie afdelings infanteriesoldate van die Suid-Afrikaanse Weermag in suid- en sentraal-Angola ontplooi.

Sowjetunie

Die Sowjetunie het in die laat 1960's ook by die konflik in Angola betrokke geraak, hoewel dit eksklusief net hulp aan die MPLA was. Terwyl die FNLA beperkte hulp van die VSA ontvang het, het UNITA baie min buitelandse hulp gekry. Die MPLA baie goeie betrekkinge met Moskou opgebou en baie gou wapentuig en voorrade via Tanzanië en Zambië gekry. In 1969 het die MPLA 'n ooreenkoms gesluit dat, met onafhanklikheidswording, die Sowjetunie militêre basisse in die land mag vestig.

Angolese Burgeroorlog
(Portugees: Guerra civil angolana vanaf 1975 tot 2002)

Die Angolese Burgeroorlog (Portugees: Guerra civil angolana) was 'n burgeroorlog in Angola, wat in 1975 begin en met tussenposes voortgeduur het tot in 2002. Die oorlog het onmiddellik nadat Angola onafhanklik geword het van Portugal in November 1975 begin. Die oorlog was 'n magstryd tussen twee voormalige bevrydingsbewegings, die Movimento Popular de Libertação de Angola (MPLA) en die União Nacional para a Independência Total de Angola (UNITA). Die oorlog is ook gebruik as 'n surrogaatslagveld vir die Koue Oorlog deur mededingende state soos die Sowjetunie, Kuba, Suid-Afrika en die Verenigde State.[1]

Die MPLA en UNITA het verskillende wortels gehad in die Angolese samelewing en wedersyds onverenigbare leierskap, ten spyte van hul gemeenskaplike doel om die koloniale heerskappy te beëindig. 'n Derde beweging, die Frente Nacional de Libertação de Angola (FNLA), het saam met die MPLA en UNITA tydens die oorlog vir onafhanklikheid geveg, maar het 'n geringe rol in die burgeroorlog gespeel. Daarbenewens het die Frente para a Libertação do Enclave de Cabinda, (FLEC), 'n vereniging van separatistiese militante groepe, geveg vir die onafhanklikheid van die provinsie Cabinda van Angola.

Die 27-jarige oorlog kan verdeel word in drie periodes van groot gevegte - van 1975 tot 1991, 1992 tot 1994 en vanaf 1998 tot 2002 - met brose periodes van vrede tussenin. Teen die tyd dat die MPLA oorwinning behaal het in 2002, het meer as 500 000 mense gesterf en is meer as een miljoen mense intern verplaas. Die oorlog het Angola se infrastruktuur verwoes en die openbare administrasie, die ekonomie en godsdienstige instellings is erg beskadig.

Die Angolese Burgeroorlog was noemenswaardig weens die kombinasie van Angola se gewelddadige interne dinamika en massiewe buitelandse ingryping. Die oorlog het 'n Koue Oorlog-stryd geword, aangesien die Sowjetunie en die Verenigde State, met hul bondgenote, militêre hulp verleen het aan partye in die konflik. Die konflik het nou verwant geraak met die Tweede Kongo-oorlog in die naburige Demokratiese Republiek van die Kongo en die Suid-Afrikaanse Grensoorlog.

Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog vanaf 1966 1989

Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, ook algemeen die Angola-Bosoorlog genoem, was 'n konflik wat vanaf 1966 tot 1989 grotendeels in Suidwes-Afrika (nou Namibië) en Angola plaasgevind het. Die strydende magte was Suid-Afrika en sy geallieerde magte (hoofsaaklik UNITA) aan die een kant, en die Angolese regering, SWAPO en hulle bondgenote (hoofsaaklik Kuba) aan die ander kant. Dit was nou verweef met die Angolese Burgeroorlog en die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog.

Die resultaat van die grensoorlog was:

Die onttrekking van buitelandse magte (beide Kuba en Suid-Afrika) uit Angola
Namibië se onafhanklikheid
Verergering van die Angolese Burgeroorlog.

Kaart van Suidwes Afrika en Angola
Vandag Namibië en Angola

Operasie deur die Suid Afrikaanse Weermag

Hierdie Lys van Operasies tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog noem die militêre operasies deur die Suid-Afrikaanse Weermag uitgevoer gedurende die Suidwes-Afrika-Angola Grensoorlog, algemeen ook genoem Die Bosoorlog:

Operasie Savannah (1975)
Operasie Bruilof (1978)
Operasie Seiljag (1978) - 2\Lt Simon Jansen #5284 (SALM)
Operasie Reindeer (1978) - 2\Lt Simon Jansen #5284 (SALM)

Operasie Reindeer (1978)

2\Lt Simon Jansen #5284 (SALM)

Operasie Reindeer het op 4 Mei 1978 begin en was die SAW se tweede groot militêre operasie se in Angola onder die Apartheid regering naas Operasie Savannah. Die SAW operasie het bestaan ​​uit 2 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljons wat op twee basiskomplekse van die Suidwes-Afrika People's Organization (SWAPO), Chetequera en Dombondola, naby die destydse Suidwes-Afrika/Angola-grens; 'n aanval deur die elite 32-bataljon op SWAPO se Omepepa-Namuidi-Henhombe-basiskompleks ongeveer 20 km oos van Chetequera; en die aanval waarvoor die operasie die bekendste naamlik die aanval deur SAW valskermsoldate op Cassinga, 'n vlugtelingkamp en die SWAPO-streekhoofkwartier, 260 km binne Angola . Die Cassinga aanval is in eendag uitgevoer en die hele operasie is op 10 Mei 1978 beëindig waarna al die SAW magte onttrek het.

Volgorde van gebeure

04h00 – 09h00 - Lugaanvalle

Valskermsoldate was die eerstes wat reg gemaak het om 04h00 om al hul wapens, toerusting en valskerms te laai.

Om 05h19, het vier Buccaneers bomwerpers opgestyg vanaf LMB Waterkloof, gevolg om 05h43 deur die vinnger Canberras. Die swaar belaaide 'Buccs' kan slegs op medium hoogte vlieg en hul ware lugspoed was heelwat stadiger as die 'Cans', wat bokant 10,000 voet (3,000 m) kon vlieg. Een van die Buccaneers is gereroet na 'n voorste lugmag basis om the herbunker en die vyfde vliegtuig van die Buccaneer aanvals mag was terugehou weens foutiewe brieke , wat die aanvals mag met net vier vliegtuie gelos het.

Teen 06h00 het agt transport vliegtuie opgestyg met die valskermsoldate aanboord. Twee van die agt vliegtuie, naamlik die Transall C-160s, met die reserve valskermtroepe aanboord (116) het afgebreek en 'n hou patroon ingenem suid van die grens indien versterking nodig so word. Die ses oorblywende vliegtuie het hul roete volgehou tot in paar myl oos van Kassinga en hul hou patroon gehandhaaf.

Teen 06h30, het die ELINT/Eo Douglas DC-4 opgestyg en 'n hou patroon gevlieg suid van die kaplyn. Op dieselfde tyd het twee Puma helikopters, onder beheer van Majoor John Church, op gestyg van 'n nag "bos basis" na 'n opening 22 km suid van Kassinga om 'n Helikopter Administratiewe Area(HAA), op te rig waar die helikopters wat aan die operasie gaan deelneem kan herbunker. Aan boord was Kommandant James Kriel, die bevelvoerder van die Suid Afrikaanse Lugmag Voorste Lug Operasies Mobiele Lug Operasie Spanne better bekend as MAOT en sy seiner Majoor James Hills, bevelvoerder van Bravo Kompanie, 1 Bn, saam met 'n 10 man seksie van die twee Valke Grouep vir beskerming van die HAA. Aanboord was ses 200-liters dromme met helikopter brandstof en tot groot konsternasie van almal Hoof van die Suid Afrikaanse Weermag Lieutenant-General Constand Viljoen.

Die MAOT begin met die oprigting van radios en navigasie bakens by die HAA, kode naam Whisky-Drie, en stuur die sein Alles in Orde na die res van die magte, wat bestaan het uit die res van die Valke beskermings groep (31 valskerm troepe), ses mediese personeel en die ander twee lede van die MAOT span en ag en sestig 200-liter dromme met helikopter brandstof, als was vervoer met vyf Super Frelon en tien Puma helikopters. Die HAA was nou volledig, gereed en die 17 helikopters herbunker reg om die troepe uit te vlieg sodra die aanval uitgevoer is.

Teen 07h00 het 'n Cessna C-185 opgestyg en in die rigting van Kassinga gevlieg, sy rol was op as lug-observasie en Telstar op te tree. Gedurende die oggend het dit nodig geword om die vliegtuig te ontrek weens die lugafweer vuur wat dit getrek het. 07h50 styg twee Mirage III vegters op en vlieg reguit na Kassinga.

Bomaanvalle deur Canberras en Buccaneers

Die verdediging onderdrukkings aanval deur die Canberras was twee minute laat,omdat die leidende navigator nie effektiewe tydsberekeing toegepas het gedurede die lae-hoogte naderings fase van 200 seemyle nie. Dit het egter geen negatiewe uitwerking gehad op die beplande aanval nie. Die aanval was beplan om saam te val met die bymekaar kom van SWAPO se daaglike parade op die parade grond, waar meeste van die mense in die kamp bymekaar kom. Die Canberras het ingerol met hul lar hoogte fragmentasie bomme uit 'n noordelike rigting. Elke Canberras – vlieg in los 'lyn op die skouer' op 500 voett (150 m) en teen 300 knoppe – drop 300 Rhodesie-ontwerpte "Alpha" fragmentasie bomme, wat klein 10-kilogram (22 lb) finlose bommme is wat lyk soos '10-Pin rolbal' balle, ontwerp om te hop tot 10 meter (33 ft) in die lug en dan te ontplof. 'n Area van 800 meter by 500 meter is bedek, en elke vliegtuig het sy eie bomlyn gehad. Die wapen was verwoestend suksesvol oor die gegroepeerde mense het het SWAPO's groot verliese laat lei. Petrol, olie en smeermiddels is ook vernietig asook stoore en sagte geboue.

Nadat die Camberras hul bomme gegooi het kom die Buccaneers in van die weste in 'n reguit lyn. Een van die Buccaneer het ook lugkameras aanboord en die hele aanval van die Canberras is duidelik sigbaar. 'n Totaal van 32 1000 pound bomme is neergelaat waarvan 24 voltreffers was op die harde teikens wat vooraf geidentifiseer was, gevolglik baie groot skade vir die SWAPO magte. Die finale slag is gelewer deur twee Mirage vegters en hul 30 mm ammunisie op enige teiken wat 'n gevaar inhou vir die grond magte. Al die vliegtuie keer terug na hul grense basisse, die Mirages na Ondangwa en die Canberras, Buccaneers en C130/C160 na Grootfontein. Hier word al die vliegtuie weer herbunker en gereed gemaak vir moontlike opvolg operasies. Die Canberras en Buccaneers is wel later gebruik om 'n aanval op die Chetequera basis en kompleks uit te voer.

Valskerm neerlating

Nadat die aanvals vliegtuie hul bomme neergelaat het het die C130 met hul inloop begin op 'n hoogte van 200 voet en geklim tot 600 voet, die neerlaat hoogte en het op gelyn om een na die ander hul valskerm soldate neer te laat. Wat die neerlating bemoeilik het was die rook wat nou oor die are gehang het, die skaal waarop die foto's en kaart op gebaseer was en dat die fotos gladnie die rivier duidelik laat uitstaan het. Die grootste gedeel van die valskermsoldate is dus heelwat van hul, hul neerlaat punt gemis het en langer geneem het om te groepeer om met die aanval te begin. Waardevolle tyd is dus verlore. Die foute het tot gevolg dat C-kompanie 'n uur later eers kon begin met hul aanslag, waardevolle tyd is vermors en die vyand is besig om te hergroepeer. Dit het teweeg gebring dat die twee sleutel figure Dimo Amaambo and Greenwell Matongo kon ontsnap en wegkom. Amaambo het met onafhanklikheid die Hoof van die Namibië Weermag word in 1990.

Die twee geweer peltone No 9 en 11 is baie akkuraat op hul posisie soos beplan neergelaat aan die noorde kant van die kamp. En dadelik in aksie en beweeg deur die tent kamp wat hul teiken was. Hul het sterk teen aanvalle gekry maar van korte duur voordat hul deur die hele gebied beweeg het en seël die gebied af. Hul neem nou 'n verdediging posisie in om enige ontsnapste te vang.

Van die vier kompanie valskermspringers was D-kompanie s'n die akkuraatste maar 500 meter weg van hul gevegs posisie. Hul kon baie vinnig opvorm en oorgaan tot die aanval. Hul moet deur strukture beweeg en dit spreekwoordelik skoonmaak van enige vyandige lede. Heelwat van hierdie gebou en stukture en ontplof as gevolg van ammunisie wat daar gestoor was en gevolglik valskerm soldate gewond. In die harwar was daar 'n vlugtige oomblik dat eie magte op mekaar geskiet het met geen verliese. D-kompanie beweeg nou suid om verdedigings linie op te stel om enige vyandlike magte te stuit en ook om enige magte van die suide af te sny. 'n Anti tenk peltoon is ook na die punt gestuur om enige tenks van Techamutete te stop.

Periode tussen 09h00 – 12h00

Teen 09h00 die oggend kon A en B Kompanies hergroepeer en gereed maak om die eintlike grong aanval op Kassinga te begin. Die gaanvalplan word effens aangepas en instede van ooswaarts begin hul 'n noordwaarts aanval. Aanvanklik kry hul baie weerstand maar soos hul na die middel van die kamp beweeg verander die geveg. Hier ervaar hul swaar skerpskutter vuur vanaf die bome aan die binnekant van die basis asookdie B-10 terugslaglose geweer. SWAPO vegters het gehergroepeer en gebruik nou die huise as skuiling vanwaar hul op die valskermsoldate vuur. Gedurende hierdie skermitseling is twee soldate kritiek verwond.

ZPU-2 anti-lugafweer geweer

Gedurende die geveg is dit waar die valskerme maqnne die grootste teenaanval beleef naamlik 'n aantal ZPU-2 14.5 mm multi-loop anti-lugafweer gewere wat in die grond aanval aangewend word. 'n Formidabbele wapen wat die grongmagte to stilstand bring. Die grongnagte kannie onder hier swaar en akkurate geweervure voortwaarts beweeg nie. Die Buccanner wat op bystand was vir sulke aanvaalle konnie gebruik word nie weens ons soldate wat te naby aan die geweer vasgepen le.

Kolonel Breytenbach bevel toe die bevelvoerder van D-kompanie om manskappe te neem en nader te beweeg aan hierdie geweer posisie en te kyk of hul die oorhand kan kry. Hy beveel ook die mortier manne om die posisie aan te val.

Die manne van D-kompanie wat in die loopgrawe nader beweeg kom op siviele mense af wat as menselik skilde gebruik is gedurende die aanval. Die valskerm manne onmiddelike begin met" skiet of word geskiet" want die SWAPO guerillas skuil agetr hierdie mense. Met hul aanmars is daar verskei siviele lede gedood maar die meeste kon gered word. En soos wat die manne vorentoe beweeg word die siviele mense al hoe minder, maar wat uit staan is dat almal dra SWAPO uniform. In die tussen tyd beweeg ( peloton in die loopgrawe en kom onder swaar geweer vuur toe die kanoniers hul gewaar.

Die gewere is stil gemaak deur die gesamentlike aanval poging van mortier en grondmagte. In hierdie aanval het drie Suid Afrikaner gesneuwel teenoor die nagenoeg 95 SWAPO guerillas in en rondom die geweer stellings.

Na die gewere uitgehaal was, was alle teen gevegte in Kassinga still. Daar was egter die enkele skermskutter aanval en kon die opvolg skoonmaak begin. Die Bn HK and Regiments Hulp-pos (RAP) is reg langs die SWAPO hospitaal ingerig en daar begin om die beseerdes te versorg. Behalwe vir die drie wat gesneuwel het was daar twee kritiek verwondes en 11 gewondes. Gedurende die tyd is daar toe vasgestel dat 'n vierde manne is weg. Dit is later vasgestel dat hy het in die rivier geland en verdrink weens sy valskerm wat nie heeltemal korrek ontplooi het nie.

Die aanval was nou twee ure agter die beplande skedule deur die helikopters wat vir 10 ure beplan was.

12h00 – 15h00 Vuurstaking en Opruiming

Brigadier Du Plessis neem beheer en laat Kolonel Breytenbach weet van 'n radio onderskepping dat die Kubaanse magte van Techamutete ontplooi gan word om die SWAPO guerillas van Kassinga te kom ondersteun. Die uitvoerende bevel vir die operasie is dat die SANW geensin mag slaagraak met die Kubane nie, maar hier is nou 'n moontlikheid. Op hierdie staduim gee Brigadier Du Plessis opdrag dat alle personnel onmiddellike onttrek moet word deur middel van die helikopter mag wat daar voor ingestuur is. Kolonel Breytenbach laat weet dat hy eers die landing strook moet beveilig, maar 'n kompromie is gesluit en die helfte van die valskerm soldate sal met die eerste 12 helikopters uit gevlieg word. Die oorblywende manne sal die aanhou met die opruiming taak en alle moontlike dokumente van waarde bymekaar maak.

Teen 13h00 was Kolonel Breytenbach ingelig ddeur die Buccaneer op lugbystand dat 'n Kubaanse mag opwaarts beweeg na hul posisie en op die Techamutete/KCassinga beweeg.

The Buccaneer had spotted an advancing column of around 30 assorted AFVs, APCs, T-34 tanks and other vehicles advancing slowly up the road from Techamutete. It immediately opened fire on the column, destroying three BTR-152 armoured personnel carriers in the process, but then had to return to Grootfontein air force base to re-arm and refuel, leaving about 200 of the remaining paratroopers temporarily unprotected. All that stood between them and the advancing armoured column were the 22 men of the anti-tank platoon, armed only with 10 RPG-7 rocket launchers and five anti-tank mines which they had planted in the road.

Vir die eerste keer raak die kommunikasie aan die Suid Afrikaners se kant heeltemal in choas soos bevel en beheer hul krag verloor. Die helikopters se vlugte raak ongekoordineerd en gedisorginseerd. Die fout het ingesluip by wie nou eintlik die helikopter mag se bevelvoerder is en dat die onttrekkinh nou 'n groot prioriteit was. Met die laaste manne onttrek moet twee ingeneur alles wat hul kan opblaas enof onskadelik stel.

In die tussentyd is die kubane besig om binne in D-kompanie se hinderlaag in te beweeg. Die situasie raak nou baie gevaarlik vir die manne op die grond met die T-34 tenk aan die voorpunt. Dit word vernietig deur die anti tenk missiel wat vir die doel ontplooi was. Verder vernietig die manne vier BTR-152 met hul RPG7 missiele. Hul dood ook ongeveer 40 Kubane voordat hul onttrek na die landing strook van die helikopters by Kassinga. Hier is Kolonel Breytenbach besig om die onttrekking van die laaste manne te reel, maar moet ook die posisie behou vir die helikopter om te land. He is deeglik bewus van die gepanserde mag wat opmars en sy yl gewapende manne se oorlewing en beveel 'n enkel linie verdedigingslyn.

Die aanvanklike sukses begin nou lyk na 'n totale fiasko deurdat die manne deur die kubaans panser mag oorrompel kan word. 150 myl suid van hul posisie waar General Viljoen die geveg gevolg het, versteek hy sy rangkentekens en sy bered.

Teen 14h20, was die Kubane se panser mag in sig van die verswakte valskerm mag. 'n Buccaneer en twee Mirages is onmiddelik ingestuur en arriveer op teiken oorhoofs. 'n Voorste lugbeheerder tussen die valskerm manne rig die vliegtuie op die opmarsende kubaanse magte. Die Mirages met hul 30 mm kanonne vernietig baie gou 10 BTR-152 troepe draers en keer teru na Ondangwa vir herbunkering en omdraai van die vlietuie. Die Mirages se kanonne is nie instaat om die tenks te vernietig nie. Die enkele Buccaneer vernietig twee tenks met sy 68 mm vuurpyle. Die vlienier het aangedring op die konfigurasie en hierdie aanvalle is uitgevoer terwyl die Kubane aanhoudend met 14mm anti lugafweer vuur op hom geskiet het. Met sy tweede aanval kon hy ook hierdie gevaar neutraliseer en vernietig die gewere met vuurpyle.

Op hierdie stadium raak die Buccaneer se ammunisie op en die 17 helikopter wat gestuur is om die laaste maane te kom haal gebeur op dieselfde tyd. Die helikopter se aankom word deur die kubane waargeneem en nou weet hul waat die landing strook is. Die grong magte kan die panser voertuie hoor maar dis nie sigbaar nie weens die bosse waarin hul bevind. Hul kon wel sien hoe die magte nader kom deur die bome wat hul eenvoudig om trap. Die vlienier in die Buccaneer wat als vanuit die lug sien, duik met sy Buccaneer gevaarlik laag aan die grond tussen die tenks en die valskerm manne wat verhoed dat hul kan vuur. Sy onverskrokke optrede veroorsaak dat die tenks disorienteerd raak en dit gee die valskerm manne kans om die helikopter te bestyg en uit te vlieg. Met sy terug lading is daat gevind daar is gate in die lugraam, sy panser voorste skermer wat baie vinnig deur die grong personeel vervang is, en na herbunkering en her-bewaening was hy gereed vir die volgende uitvlug.

Weens die kubane se disorientasie kon die helikopter opstyg maar daar moes weereen ander planne gemaak word, want die veertig krygsgevangenis mos agterbly omdat daar nie genoeg plekke was vir hulle op die laaste uitvlug nie. Die oortollige toerusting is ook agtergelaat om te verseker al die manskappe kom uit. Met gevolglik die laaste aanval op die kubane is die helikopters gereed om op te styg en kan die laaste manne huistoe kom.

In die haas om weg te kom was die Pumas 10 minute in die lug toe twee moes omdraai om na valskerm soldate te soek wat in die harwar op die grong agter gebly het. Na 'n lugondersoek is gevind die manne wat kwansuis agtergebly het die soldate is wat hul gevange geneem het. In hul soektog het die twee helikopter grond tot lug aksie beleef. Een van die tenks het op een van die helikopters gevuur maar is betyds gewaarsku deur die ander helikopter. Die HAA se ontruining het die res van die dag geneem

15h00 – 18h00 Verkenning, lugwaarneming

15h00 die middag het een van die Mirage IIIs teruggekeer na Kassinga en toe weereens die kubane laat les opse deur die Kubanes voertuie te straf met sy 30 mm kanon en een beslis aan die brand geskiet. Teen 15h30 was die vliegtuig afgelos deur 'n ander Mirage III en 'n Buccaneer wat voortgegaan het met die vernietiging van voertuie en geboue. Ongeveer 'n kilometer vanaf Kassinga het die Buccaneer 'n panser konvooi anngeval en toe onder hewige anti lugafweer begroet is.

Die volgende Buccaneer arriver om 16h45 enn verras kubane wat deur die vernietigde gebou loop en vernietig nog 'n T-34 tenk en anti lugafweer kanonne. Die lugaanvalle het aangehou on 17h10 en 18h35 waar nog 'n tank en wapen toerusting vernietig is.

Die eind resultaat was dat teen donker 150 Kubane, die hele BN vernietig was en dit was hul grootste terugslag en verlies op eendag gedurende hul beset van Angola.

'n Volledige Angolese tenk brigade mag is gestuur om Kassinga te red maar met hul aankoms laat agtermiddag vind hul slegs vernietiging en choas van wat eers Kassinga was.

Teiken Alpha "Moskou"

Die teiken was die voormalige kopermynstad Cassinga, wat ongeveer 250 km binne Angola was. Cassinga is omskep in 'n SWAPO-operasionele hoofkantoor, opleidingsbasis en vlugteling-transito-kamp vir Suid-Angola onder bevel van kommandant Dimo Hamaambo . Suid-Afrikaanse militêre intelligensie het geglo dat die basis ongeveer 1 200 rekrute bevat. Die basis was omring deur sigsak-loopgrawe en bunkers. Die plan behels drie fases, 'n lugaanval deur SALM veg vliegtuie, gevolg deur 'n valskermsoldate aanval onder leiding van kolonel Jan Breytenbach en laastens die onttrekking van valskermsoldate per helikopter. Die doelwitte was om die basis te vernietig, om bevelvoerder Dimo ​​Hamaambo in te neem en die vernietiging van voorrade en toerusting, versamel intelligensie en neem gevangenes. Die laaste doel was om die SOW Johan van der Mescht te bevry.

Teiken Bravo "Vietnam"

Die plan was vir die aanval deur die SAW op ses basisse by Chetequera, wat 'n SWAPO-hoofkantoor vir Wes- Ovamboland en die aanbodbasis insluit. Intelligensie het geglo dat hierdie basisse gesamentlik tussen 900 en 1000 PLAN-opstandelinge gehad het. Hierdie basisse is swaar verdedig deur loopgrawe en bunkers en bevat wapens soos terugslaglose gewere, RPG-7 , 82 mm mortiere en 14,5 mm AA-gewere. Die plan behels 'n aanval deur gemeganiseerde Slaggroep Juliet van die SAW-troepe van nasionale dienspligtiges en permanente soldate onder bevel van kommandant Frank Bestbier. 'n Verdere twee onafhanklike gevegspanne sal die suidelikste basisse aanval. Die plan het geëindig met 'n onttrekking terug oor die grens.

Teiken Charlie

Die plan het 'n aanval op die kleiner basisse en vermeende basisse oos van Chetequera behels. Die aangeval sou uitgevoer word deur vyf geweermaatskappye van die 32 Bataljon, ondersteun deur lug- en artillerie-eenhede. Die kommandant sou kommandant Deon Ferreira wees .

Operasie Rekstok (1979)

Lt Simon Jansen #5284 (SALM)

Operasie Rekstok was 'n reeks Suid-Afrikaanse klopjagte na Suid-Angola op 7 Maart 1979 tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog. Die operasie het ses dae geduur en is bedryf vanaf Osakati en Ondangwa in Ovamboland. Die SAW-magte het Angola binnegeval vanaf die suide en aangevalle geloods op SWAPO basisse by Mongua, Oncocua, Henhombe en Heque. Tydens die operasie word a SALM Canberra bomwerper afgeskiet en luitenant Wally Marais (vlieenier) en tweede luitenant Owen J. Doyle (navigator) sterf. Die SAW het Rekstok gelyktydig met Operasie Safraan uitgevoer en opgevolg met Operasie Skepties. Die doelwitte wat die SAW-magte daar gestel het is almal met redelike groot sukses uitgevoer en afgehandel. Was ook die operasie waar hul uitgevind het dat 'n Suid Afrikaanse Hooggeplaasde lid inligting uitlek aan die KGB en SWAPO, HY is gevang en verhoor vir hoogverraad en het 12 jaar tronkstraf gekry.

Operasie Safraan (1979)
Operasie Sceptic (Smokeshell) (1980)
Operasie Vastrap (Julie 1980)
Operasie Klipklop (1980)
Operasie Vasbyt (1981)
Operasie Konyn (1981)
Operasie Carnation (1981)
Operasie Protea (1981) - Kapt Simon jansen #5284 (SALM)
Operasie Daisy (1981) - Kapt Simon Jansen #5284 (SALM)
Operasie Kerslig (1981)
Operasie Super (1982)
Operasie Meebos (1982)
Operasie Drama (1983)
Operasie Phoenix (1983)
Operasie Dolfyn (1983)
Operasie Karton (1983)
Operasie Klinker (1983)
Operasie Askari (1983) - Kapt Simon Jansen #5284 (SALM)
Operasie Salamander (1985)
Operasie Boswilger (1985)
Operasie Egret (1985)
Operasie Argon (1985)
Operasie Wallpaper
Operasie Southern Cross (1986) - Maj Simon Jansen #5284 (SALM)
Operasie Alpha Centauri (1986)
Operasie Modulêr (1987)
Operasie Firewood (1987)\\ - Maj Simon Jansen #5284 (SALM)
Operasie Hooper (1988) - Maj Simon Jansen #5284 (SALM)
Operasie Packer (1988)
Operasie Excite/Hilti (1988)
Operasie Prone (1988)
Operasie Vuiswys (1988)
Operasie Displace (1989)
Operasie Merlyn (1989)
Operasie Linger (1989)
Operasie Agree (1989)

Simon Jansen #5284

As jong soldaat was my deelname ondersteuning in die vorm van die Suid Afrikaanse Lugmag vliegtuie wat vir die spesefieke operasie aangewys is in te vektor na die teiken soos vooraf beplan. In meeste van die gevalle was dit die Lugmag se taak om die teiken met lugaanvalle te bestook en die sagmaak van die teiken.

Operasie Reindeer was die aanval op Cassinga. Daar is baie menings verskille oor hierdie operasie maar die sukses van die Suid Afrikaanse Weermag kannie meer beklemtoon word nie. Die eerste valskerm operasie wat uitgevoer is buite die landsgrens en wat baie suksesvol was. Lees die storie hier onder Reindeer operasie.

ops kajuit

Ons werks omgewing
Mobile radarstelsel op Ondangwa

Rodent

Radar antenna met sonsak

ops kajuit

Senior staflede op staffbesoek

Rodent

Manne ontspanne na skofwerk

Nie Europese Banier

TERUG