Welkom by die Voorhuis tot die Jansen familie Webblad

- Opsteller en skrywer - Ferdie Jansen - RIV
- Opsigter en byvoegings - Simon Jansen

22 November 1957


Voorwoord tot Jansenhuis

Ferdie en Elise Jansen doen sedert Januarie 1975 genealogiese navorsing (Jansen, Breytenbach, Venter, Landey en Douglas) in hul vrye tyd. Hierdie webwerf is gebou rondom ‘n raamwerk van genealogiese materiaal wat oor meer as veertig jaar ingesamel is deur Ferdie en Elise.

Die webwerf is egter lank nie meer net die eind resultaat van Ferdie en Elise se navorsing nie. Vanuit hul beskeie persoonlike familiewerf het dit vanaf 2004 gegroei tot ‘n ware familietuiste vir al stamvader Zirke Jansen se nageslag en afstammelinge. In sy huidige formaat is die webtuiste ‘n gesamentlike poging van verskeie outeurs met verbintenisse tot die Suid-Afrikaanse Jansenfamilie.

Alhoewel dit soms beter is om nie name te noem nie, is dit tog nodig om hier erkenning te gee aan persone wat buitengewone bydraes gelewer het, in alfabetiese volgorde na Ferdie Jansen:


  •      Jansen, Ferdie. Saamsteller, Suid Afrika (1949 - 2020)
  •      Jansen Stander. Bydraes, Suid-Afrika (1942 - 2021)
  •      Ds Jansen, Johan (Jannie), Strand, Suid-Afrika

  •      Clemens, Michael. Neustadtgödens, Duitsland
  •      Jansen, Fred. Molopolole, Botswana
  •      Laing, Pieta. Sydney, Australië
  •      Davis, Susan. Graaff-Reinet, Suid-Afrika
  •      Van Zyl, Johan. Gordonsbaai, Suid-Afrika
  •      Wolvaardt, Gerhard. Pretoria, Suid-Afrika

Ferdie is bewus van slegs een ander publikasie wat spesifiek gerig is op die Jansen-familie van Suid-Afrika.  Dit is die outobiografie van Ds. Johannes Christoffel (Jannie of Johan) Jansen van die Strand, naby Kaapstad.  Hierdie massale werk bevat ‘n skatkis van genealogiese inligting vanuit Johan se tak van die familie.  Johan het sy familie-register gedurende 2011 bygewerk en ryklik geïllustreer met foto’s. Ferdie dra graag spesiale dank oor aan Johan en sy eggenote Ena, vir hulle besondere bydrae tot hierdie webwerf.

’n Uitsonderlike bydrae is vanaf Michael Clemens, Ferdie se medewerker in Neustadtgödens, Oos-Friesland, ontvang.   Michael was verantwoordelik vir ’n dramatiese deurbraak deurdat hy daarin geslaag het om die besonderhede van stamvader Zirke Jansen se ouers in Oos-Friesland op te spoor.  Hiervolgens kan die Jansenfamilie van Suid-Afrika nou sonder enige twyfel daarop aanspraak maak dat hulle van Duitse herkoms is.  Besondere dank word dus ook aan Michael oorgedra vir sy bydrae tot die nasionale Jansenregister en hierdie webtuiste.

Alle Suid-Afrikaanse Jansens,  Jansen-afstammelinge en persone met Jansen-verbintenis, is welkom om hulle eie familiebesonderhede aan te bied vir opname in die nasionale Jansenregister. Kontak asseblief vir Simon (simonair50@hotmail.com) met vrymoedigheid sodat die nodige vorms en vraelyste aan u gestuur kan word (onthou u epos adres en kontak besonderhede).

Nie Europese Banier

-- Jansen Familie Groete --

TERUG