Müller Geskiedenis

- Opsigter en byvoegings - Simon Jansen

Müller Stamboom Geskiedenis

Inleiding

Arriveer vanaf Mercheid/Mitskidde/Meerkerk, Duitsland in Kaapstad, Kaap de Goede Hoop, as matroos/soldaat op die skip "Hildagonda" in 1735. Die skip behoort aan die "Oost-Indiese-Kompanje".

Van 9 Januarie 1740 tot 16 Januarie 1745 was hy 'n 'kneg' van A. Bergh. Hy word 'n 'vryburger' in 1745, toe hy ook 'n plaas "Zeekoegat" ontvang (in die distrik Swellendam, wat strek tot die anderkant van Port Elizabeth tot die Boesmans rivier), vandag 'n nasionale monument (Sept 1963) in die distrik van Riversdale.

Hy werk in die Kasteel in Kaapstad, as soldaat en trou Adriana van Rooyen, oudste dogter van Cornelis van Rooyen (1ste van Rooyen in Suid Afrika) en Jacomina sy vrou (Dogter van 1ste Gerrit van Deventer in Suid Afrika) op 4de Mei 1746 by Roodezand, Tulbach. Hul het 11 kinders, van wie die 1ste (Hillegert b1), 2de (Cornelis Johannes b2) adie 11de (Michael Arnoldus b11) seuns was.

Lewens Gebeure

1. Anton Michael was 'n Electorate of Cologny. Electorate is gesiene, gekose persone in die aanwysing en verkiesing van adelike suksessies soos bv. die aanwysing van die Keurvors, Ridders, ens.

2. Vertrek met die Oosrust 24.08.1734 vanuit die Nederlandse hawe Texel na die Kaap' ‘n Skaalmodel van die Oostrust van 360 ton is in die Nationale Scheepsvaartmuseum in Amsterdam

3. Stap as soldaat op 09.04.1735 te Kaapstad aan wal

4. Verrig militêre diens indiens van die VOC 1735-1737

5. Militêre diens Rivier Zonder End 1737-1739

6. Werk vanaf 9 Januarie 1740 tot 16 Januarie 1745 as ‘n ‘Knegt’ vir Albertus Bergh

Agtergrond

Nie Europese Banier

TERUG