Ferdie en Elsie se besoek aan Neustadtgödens

- bygevoed deur Simon Jansen, b3c1d2e7f7g8h2

Ferdie se verhaal

Ferdie en Elsie het vanaf Schipol, Amsterdam, Nederland na Neustadtgödens, Duitsland per motor gereis om eerste hands te beleef waar ons voorouers vandaan kom.

Die Besoek

Perseel waar Jansenhuis gesteen het

Ferdie vertel: Ons het vier wonderlike dae daar deurgebring en die dorp en omgewing goed leer ken. Ons het ook twee ongelooklike stukkies addisionele inligting bekom. Ons het die posisie waar Cornelis Jansen, Zirke se vader wat self 'n kleremaker was, se huis gestaan het opgespoor en weet nou dat die huis "die Jansenhuis" reeds in 1754 net twee jaar na Zirke se vertrek, afgebreek is. Ons het voorts 'n afskrif bekom van die belasting-staat en bedrag wat Cornelis Jansen in 1736 (dus voor Zirke se geboorte) betaal het vir die huis. Ek is tans besig om 'n kenteken op die huidige huis aan te bring om daardie huis te identifiseer aan besoekers aan Neustadtgödens.

Ons het ook die voorreg gehad om op die Sondagoggend 'n kerkdiens by te woon in die Lutherse Kerke waar Zirke Jansen in 1747 aangeneem en voorgetsel is. Die preekstoel en die Bybelstoel (kateder) is steeds dieselfde.

Kateder dateer 1696

Kerktoring en Kirchstrasse

Voorkant van kerk

Doopvont dateer uit 1698

Berig in Wilhelmshavener Zeitung

Die kerktoring met die klok is dieselfde wat Zirke in sy lewe gesien en gehoor het. Ek kon die klokkespel opneem en gaan probeer om dit op die webtuiste te plaas. Zirke het elke dag om twaalfuur na daardie presiese klokkespel geluister.

Twee koerante het met ons onderhoude gevoer oor ons besoek. Die meegaande is 'n berig wat op 1 September in die Wilhelmshavener Zeitung verskyn het. Die mense was netso opgewonde soos ons oor ons besoek. Hulle was opgewonde oor die Jansen afstammelinge wat 260 jaar na die vertrek van hul voorvader Zirke weer die dorp kom besoek het.

Die inwoners het ons op die hande gedra en ons soos konings laat voel. Die gasvryheid was onbeskryflik. As ons in die straat geloop het, het 'n ieder en elk, kinders op fietse, voetgangers en grootmense ons met die Friesiese groet "Moin Moin" gegroet. Ons is spesiaal op 'n tipiese Friesiese tee-party met egte Friesiese tee en teekoppies, suikerklontjies en room getrakteer.

Ferdie voor in die kerk

Dit alles was een groot wonderlike ervaring. Op die foto staan ek voor in die kerk langs die doopvont. Dit was 'n baie emosionele oomblik. Dit was waarskynlik hier waar Zirke Jansen ons stamvader op die 23 Mei 1747 gestaan het toe hy in die Lutherse Kerk aangeneem en voorgestel was.

Nie Europese Banier

TERUG