Friesland Se Jansens

Friesland se Jansens

Goedens Omgewingskaart 1741

Neustadtgödens Omgewingskaart, 1741
Die Jansenhuis was die tweede van die hoek onderaan Sielstrasse, later Kirchstrasse

Goedens Omgewingskaart 2021

Neustadtgödens Omgewingskaart, 2021

Cornelius Jansen, ‘n Kleremaker van Neustadtgödens, Oos-Friesland, het volgens ons wete twee dogters en slegs een seun gehad.  Hierdie seun, Zirke (Cirk) Jansen  het sy tuiste teen die einde van 1752 verlaat en na Suid-Afrika geëmigreer.  Hy was 21 jaar oud.  Cornelius het dus nie ‘n nageslag in Oos-Friesland nagelaat wat die Jansen-van kon voortdra nie.

Huiseienaars 1736

Huiseienaars Sielstrasse, Neustadtgödens , 1751-1754
Die Jansenhuis was volgens die register in 1754 reeds afgebreek.  Dit is twee jaar na Zirke Jansen se emigrasie na Suid-Afrika

Zirke se een suster, Eile Catharine, is as vyfjarige kind oorlede. Die ander suster, Anna Margarethe, was met Jacob Frese getroud.  Hierdie egpaar het twee kinders, ‘n seun en ‘n dogter, gehad.  Hierdie seun en sy eggenote het op hulle beurt drie kinders gehad waarvan ons weet.

Hierdie Duitsgebore familielede word in kleure in die register hier onder gelys. Vir die manlike geslag en vir ons vroulike geslag - die Ma's van ons kinders.

Nie Europese Banier

Eerste Geslag

1 - CORNELIUS JANSEN #1249. Hy trou (1) voor 1731 met Trintke Marie Jansen #1250 (nooiensvan onbekend); Sy is op 10 April 1742 in Neustadtgödens oorlede en daar begrawe.  Hy trou (2) op 7 November 1742 in Neustadtgödens met Margaretha Siefken #1254, weduwee van Lübbe Siefken.
Kinders van Cornelius en Trintke Marie Jansen:
+2   i.   Zirke Jansen #36; Gebore 1731.  Emmigreer na Suid-Afrika.
3   ii.   Anna Margarethe Jansen #1251; Gebore ca1736.
4   iii.    Eile Catharine Jansen #1253; Gebore op 23 November 1739 in Neustadtgödens, en oorlede op 23 November 1744 in Neustadtgödens.
Nie Europese Banier

Tweede Geslag

2 - Zirke Jansen #36; (1.Cornelius) Gebore ca1731 in Neustadtgödens, Oos Friesland, Duitsland; Hy is oorlede op 21 Desember 1772 in Drakenstein, Kaapstad, Suid-Afrika.  Hy was die Suid-afrikaanse Jansen-stamvader.  Hy trou op 5 Oktober 1755 in Kaapstad met Catharina Buys #37, (dogter van Barend Buys #85 en Alida Van den Berg #90); Sy is gedoop op 6 Januarie 1737 en oorlede op 2 September 1772.
Kinders:
5      i.    Lasya Rudolphina Jansen #252; Gedoop op 11 Julie 1756 in Kaapstad.
6      ii.   Alida Elizabeth Jansen #253; Gedoop op 24 Julie 1757 in Kaapstad.  Sy trou op 4 Junie 1775 met Frans Jordaan #254.
+7      iii.  Cornelis Rudolphus Jansen #255; Gedoop op 9 Desember 1759.
+8      iv.  Roelof Andries Jansen #34; Gedoop op 7 Desember 1760 in Kaapstad.
9      v.   Catharina Maria Jansen #291; Gedoop op 20 November 1763.  Sy trou op 1 Februarie 1795, Christiaan Lodewyk Koning #292.
10     vi.  Anna Louisa Jansen #293, Gedoop 25 Oktober 1767.
11     vii. Anna Lasya Johanna Jansen #294, Gedoop 11 Maart 1770.  Trou 11 Januarie 1789, Christiaan Gerhardus Rasp #295.
Anna Margarethe Jansen #1251, (1.Cornelius) Gedoop 8 Januarie 1737 in Neustadtgödens, oorlede 10 Desember 1803 in Neustadtgödens.  Sy trou op 9 Junie 1769 in Neustadtgödens met Jacob Harms Frese #1252, Gedoop 6 Julie 1739 in Neustadtgödens, oorlede 26 Oktober 1797 in Neustadtgödens.
Kinders:
+12     i.    Harm Heinrich Freese #2668 Gebore 18 November 1770.
13     ii.   Anna Catharina Frese #2669, Gebore 28 Oktober 1774 in Neustadtgödens, oorlede 22 Desember 1807 in Neustadtgödens.
Nie Europese Banier

Derde Geslag

Cornelis Rudolphus Jansen #255, (2.Zirke, 1.Cornelius) Gedoop 9 Desember 1759.  Hy trou op 6 April 1777 in Kaapstad, Johanna Catharina Smit #256, Gedoop 14 Junie 1758.
Kinders:
15     ii.   Maria Jacoba Jansen #296.
+16     iii.  Cornelis Rudolph Jansen #298.
+17     iv.  Willem Alwyn Jansen #300 Gebore 1789.
18     v.   Johanna Catharina Jansen #303, Gedoop 7 April 1791.  Sy trou in 1806 met Izak Jacobus Van Heerden #304.
19     vi.  Sophia Adriana Jansen #305, Gedoop 14 Desember 1794.  Sy trou op 2 Desember 1810 in Graaff-Reinet met Petrus Jacobus Venter #306.
20    vii. Roelof Johannes Jansen #307.
Roelof Andries Jansen #34, (2.Zirke, 1.Cornelius) Gedoop 7 Desember 1760 in Kaapstad.  Hy trou (1) op 23 Augustus 1789 in Kaapstad met Elsie Elizabeth Vlotman #35, (dogter van Anthonie Frederik Vlotman #76 en Aletta Catharina Zaaiman #77) Gedoop 30 Augustus 1772.  Hy trou (2) op 28 Januarie 1810, Geertruy Maria Swanepoel #274.
Kinders van Elsie Elizabeth Vlotman:
21     i.    Zirkija Jacoba Jansen #176.
22    ii.   Elsie Elizabeth Jansen #354, Gedoop 23 Desember 1792 in Graaff-Reinet.  Hy trou op 9 Julie 1809 in Graaf-Reinet met   Gabriel Jacobus Vermeulen #355.
+23    iii.  Frederik Anthonie Wilhelm Johannes Jansen #356 Gebore 22 Februarie 1795.
24    iv.  Anna Catharina Lasya Jansen #359, Gedoop 29 Julie 1798 in Graaff-Reinet.  Sy trou op 8 Desember 1816 in Graaff-Reinet met Marcus Johannes Fourie #360.
+25    v.   Zirk Bernardus Jansen #32 Gebore 1 Mei 1800.
26    vi.  Johanna Louisa Jansen #363, Gebore 21 April 1803, Gedoop 21 Mei 1804 in Graaff-Reinet.
+27    vii. Roelof Andries Jansen #364 Gebore 28 April 1807.
+12. Harm Hinrich Freese #2668, (3.Anna Margarethe, 1.Cornelius) Gebore 18 Nov 1770 in Neustadtgödens, Oorlede 21 Januarie 1824 in Neustadtgödens. Hy trou op 28 April 1808 in Neustadtgödens met Sara Margarethe Beins #2670, Gebore 27 Desember 1769 in Neustadtgödens, (dogter van Johann Boins #2676 en Lucca Storms #2677).
Kinders:
+28    i.    Jacob Freese #2671, Gebore 20 Maart 1809 in Neustadtgödens.  Hy trou op 6 Mei 1838 in Neustadtgödens, Etje Berg #2672, (dogter van Habbe Janssen #2673).
29    ii.  Lucea Johanna Freese #2731, Gebore 11 Mei 1811 in Neustadtgödens, oorlede 13 April 1814 in Neustadtgödens.
+30    iii.  Johann Hinrich Freese #2732, Gebore 24 Desember 1813 in Neustadtgödens.

TERUG