- Opsteller en skrywer - Ferdie Jansen - RIV
- Opsigter en byvoegings - Simon Jansen
JANSEN FAMILIE REGISTER
Op hierdie blad kan U 'n keuse maak tussen Gesinne, Mediavoorwerpe, Persone, Plekhiërargië en Takke van die familie. Hierdie hoofstukke bevat baie meer inligting en data wat die familie register geskiedenis meer dinamies maak. Daar is baie meer inligting tot U beskikking. Geniet die reis.
Familie Register oftewel Stamboom
Gesinne
Die Familieregister Gesinne word bygewerk en is dinamies soos families trou en met gesinne begin of die huwelik breek op en die familie beweeg uitmekaar. Daarom is dit vir ons baie belangrik dat ons hierdie inligting kan kry om die webbladsy opgedateer te hou.
Mediavoorwerpe
Die Familieregister Mediavoorwerpe word bygewerk soos wat ons fotos in die hande kry en wat ons kan gebruik om die webblad meer interesant te maak. Ons poog ook om geskiedkundige fotos vir die nageslag te bewaar.
Personne
Die Familieregister Persone word deurlopend bygewerk en bly dinamies. Hier word elke individu se detail vasgelê - naam, van, geboorte datum en plek, doop datum en plek, foto, aner beskikbare inligting, sterf datum en plek, begrafnis da tum en plek. Gevolglik sal U bydrae waardeer word soos wat U familielede se inligting verander (geboortes, troues en sterftes).
Die uitleg moes ons aangepas om vaslegging en opdatering moontlik te maak. Gevolglik het ons besluit om dit inlyn te bring met bestaande geanelogiese voormaat. Die nuwe blaaie vir Persone sal U dus vind onder Stamboom. Geniet U lees en soeke.
Plekhiërargie
Die Familieregister Plekhiërargie gaan u neem op 'n wereld reis van ontdekking en dalk drome. Soos wat ons die famile name en gesinne inligting bywerk sal die plekhiërargie opgedateer word en nuwe plekke aan dui.
Takke
Die Familieregister Takke (Braches) word bygewerk en is dinamies soos families trou en met gesinne begin of die huwelik breek op en die familie beweeg uitmekaar. Dus word hierdie blad opgedateer soos die inligting verander en bygevoeg word.