Geskiedenis oor die Graaff-Reinetters

- Bygewerk deur Simon Jansen

DIE GRAAFF-REINETTERS)

(Enkele kultuur historiese grepe uit die lewe van die Graaff-Reinetters tot 1928)

lnleiding

(etal)'n Opskrif soos "Die Stormagtige Graaff-Reinet(ters)" is eintlik geregverdig, want in der waarheid was hierdie dorp en distrik deur storms en woelinge geteister manifestasies van 'n volk in wording. "Die onder-soeker na die wordingsgeskiedenis van die Afrikanervolk vind onwillekeurig sy aandag 'n besondere mate geboei deur die aanhoudende gisting en beweging wat daar te bespeur is onder 'n aansienlike gedeelte van die koloniste van Suid-Afrika gedurende die laaste kwart van die 18de eeu. "Hierdie opmerking van Beyers geld ook vir Graaff-Reinet, trouens hierdie "gisting en beweging" was vir die volgende eeu of langer, kenmerkend van die lewe van hierdie pioniers. Die stryd van die Graaff-Reinetters kan as duidelike spieelbeeld van die Afrikanervolk inwording.

(etal)Teen die einde van die 18de eeu was daar hoofsaaklik vyf gemeenskappe in Suid-Afrika:(etal)

  • Kaapstad
  • Stellenbosch
  • Paarl
  • Waveren
  • Swellendam
  • Graaff-Reinet

(etal)Ten opsigte van ODS volkswording beweer Mulder: "Samevattend kan ons die drie afsonderlike gemeenskappe van Kaapstad, Stellenbosch en Graaff-Reinet in hierdie volgorde beskou as die trappe van vergelyking in die ontstaan van die Afrikaanse volk as 'n aparte eenheid met'n eie identiteit. "Graaff-Reinet was die voorpos vir die trekpioniers, die soekers na vryheid, self-standigheid en geluk. Hierdie dorp het geleidelik ontwikkel van standplaas tot 'n uiteindelike brandpunt van die Afrikaanse kultuurlewe in Oos-Kaapland en het besoekers soos Lichtenstein reeds teen die einde van die 18e eeu en later kon getuig van die Afrikaner se godsdiens sin, konserwatisme, beginsel van rasse-suiwerheid, indiwidualisme, eenvoud, geloof, Bybelgebondenheid en afhanklikheid van God, wat beslag gegee het aan sy volkskarakter.(etal)

(etal)Die invloed van die Patriotbeweging het daarbenewens wyd uitgekring en uit die eeue-oue credo: vox populi, vox Dei (die stem van die volk is die stem van God) het beginsels soos burgerlike vryheid, volksverteenwoordiging in die Regering, Volkstem ens. ontspring waarmee die V.O.C. en die latere regering deeglik moes rekening hou.(etal)

Nie Europese Banier
.

Ontstaan van Graaff-Reinet

(etal)Graaff-Reinet, gelee aan die voet van Spandauskop, is in 1786 deurdie toentertydse Goewerneur Jacobus van de Graaff tot afsonderlike distrikverklaar. Sodoende is die nuwe dorp na De Graaff en sy vrou Rijnet vernoem.(etal)

(etal)Van de Graaff was klaarblyklik 'n warmbloedige, opvlieeende man. Op 'n vergadering van die Politieke Raad in Kaapstad, 2 Julie 1790, het hy hom so vir Le Seller, 'n lid van die Politieke Raad vererg, dat hy hom later in 'n aangrensende kamer met sy swaard te lyf gegaan het. Le Seuer het sy ontkoming te danke gehad aan sy stewige wandelstok waarmee hy die aanslae van die verwoede De Graaf kon afweer. Herman Otto Woeke was die eerste landdros van die nuwe distrik en dit was o.a. sy taak om 'n terrein vir die nuwe dorpsaanleg uit te soek. Sy keuse bet geval op die leningsplaas van Dirk Coetzee. Dit was vrugbare spoelgrond in die hoefyster kromming van die Sondagsrivier. Woekese keuse getuig van versiendheid en goeie oordeel, want op hierdie strategiese terrein en vrugbare aarde bet die dorp vinnig ontspring en gedy tot een van die fraaiste allerwee bekend as die Kroon (of Perel) van die Karoo. Die skoonheid van hierdie dorp en sy omgewing het talle poetasters na die pen laat gryp. Later, in 1854 het ene Frank, 'n lang "gedig" (Poem on progress in Graaff-Reinet) oor die dorp geskryf waaruitveel afgelei kan word aangaande die ingesetenes van Graaff-Reinet, sy huisbou, tuinbou, arbeid, demografie kortom, sy vooruitgang op aIle gebiede.(etal)

(etal)"Such success attends trade in this flourishing town, that houses at high rent are let; Many new ones are built for each one pulled down, in this little known place, the gem Graaff-Reinet."(etal)

(etal)Spoedig na die proklamasie van hierdie nuwe dorp, is 'n skoolgebouen 'n katkisasiemeester aan-gestel, In 1792 is ds. J. yon Manger aangestelas eerste predikant van die nuwe gemeente en 'n klein, eenvoudige kerkieis opgerig. Opstand teen die V.O.C. Die langdurige stryd van die boere teen die V.O.C. amptenare in Kaapstad is bekend. Maar hierdie veeboere op die voorposte van die beskawing was blootgestel aan die ontsettendste gevare van volkome uitwissing deur Bantoes en Boesmans.(etal)

(etal)Vir hierdie stryd het groot verbittering by die Graaff-Reinetters ontbrand. Die noodsaak-like beskerming van hulle lewens en eiendom van owerheidswee het ontbreek. H.C.D. Maynier wat vir Woeke opgevolg het as landdros, het geen begrip van die boerese behoeftes gehad het. Nog minder was hy in staat om netelige situasies met insig, simpatie en takt te hanteer. Onluste onder die Nie-blankes het voortgeduur. Moord op die Blankes was aan die orde van die dag, gepaard met roof en diefstal. Die V.O.C. was onbevoeg om die grensboere se probleme op te los. Gevoelens het hoog geloop. Die Afrikaners was oortuig dat Maynier gekom het om "het volk" die "Spaanschen juk weder op te zetten." Daarom was bulle nou onverbiddelik in hulle eis: Volkstem en volksverteen-woordiging in die hantering van hulle eie sake.(etal)

(etal)"Met hierdie terloopse uitlating ("Spaanschen juk ...") het die Afrikaners van die verste uithoeke van die Kaapse volksplanting geopenbaar hoe diep die geskiedenis van die Nederlandse volk nog in hul gees gewortel was." Maymer was ewevas beslote om geen toegewings aan die opstandelinge te maak nie. Hy het egter die wyk geneem Kaapstad toe en O.G. de Wet, voorsitter van die Raad van Justisie, is na Graaff-Reinet gestuur om die Boere te gaan sus en die geskille by te le.(etal)

(etal)Maar ook hy het kennis gemaak met die onversetlike halsstarrigheid van die Graaff-Reinetters in hulle eis vir volksverteenwoordiging. De Wet weier hulle versoek en maan die Heemradeen krygsoffisiere tot kalmte. So maklik was dit egter nie en op 'n vergadering word 'n klagskrif, gedateer 16 April 1795, aan De Wet voorgelees. Weereens toon dit dat die Graaf-Reinetters hulself nie net gespieel het in die geskiedenis en lotgevalle van Ou-Testamentiese Israel nie, maar ook in die lotgevalle van Nederland in sy stryd teen Spanje in die Tagtigjarige Oorlog.(etal)

(etal)In hierdie klagskrif het die Boere dit veralgehou teen die gehate Maynier, wat vergelyk word met die Hertog vanAlva. De Wet was ontoegeeflik; hy word onder dwang Kaapstad toegestuur en die Graaff-Reinetters verklaar hulself onafhanklik "om onderooze vrije Republicq te willen sorteer en." Ook ds. von Manger kry die trekpas toe hy weier om die nuwe "vryheid" te erken.(etal)

Nie Europese Banier
.

Britse Bewind

(etal)Juis in die stadium, toe goewerneur Sluysken se geduld met die Graaff-Reinetters breekpunt bereik het, is die Kaap in 1795 deur Engeland verower. Die Engelse bevelvoerder aan die Kaap, genl. J.H. Craig, bepaal ook spoedig met die Graaff-Reinetters te doen gekry. Op 12 November 1796 het hulle 'n skrywe aan hom gerig waarin hulle griewe uiteengesit en eise gestel is onder meer dat hulle kinders nie gedwing sou word om matrose te word nie, daar dit iets vreemds is aan die aard van hulle karakter! Hoe gou het die Geuse-nasate nie die see afgesterf nie!(etal)

(etal)'n Gees van verset is teen die Engelse bewind aangeblaas deur Adriaan van Jaarsveld; dog die nuwe Ianddros, F.R. Bresler, was vasberade om die opstandige Graaff-Reinetters te onder druk en het hy sy aankoms op die dorp die Britse vlag gehys, wat onmiddellik weer deur die ontstokeburgers gestryk is.(etal)

(etal)Hierop het Marthinus Prinsloo die onrus verder aangevuur deur die Graaff-Reinetters te verbied om die eed van trou aan Engeland af te Ie. Deur middel van hulle "volksrepresentant en" is Bresler oor hulle griewe ingelig. Die Graaff-Reinetters het Craig en Bresler baie goed laat verstaandat hulle Patriotte is, Afrikaners wat histories nie monargisties nie, dog republikeins veranker is. Soos hulle voorouers het ook hulle 'n diepe afkeer in koningskap gehad. Hulle erken geen aardse koning nie. In fie Qu-Testamentiese geskiedenis het hulle hulle gespieel, en ook laat blyk dat hulle 'n deeglike kennis van die Spaanse Inkwisisie gehad het en daaruit baie lesse geleer het.(etal)

Onverrigte sake is Bresler terug Kaapstad toe.

(etal)Inmiddels het die Graaff-Reinetters hulle selfbestuur voortgesit en Van Jaarsveld het die burgers gevra om hulle eed van trou aan die State van Holland te bevestig en te hernieu. Hier is nogeens 'n bewys dat die Graaff-Reinetters nooit konstitusionele bande met Nederland verbreek het nie}(etal)

(etal)Gen!. Craig het die burgers se achilleshiel getref deur aIle ammunisie-toevoer na Graaff-Reinet te staak. Hierdie maatreel het hulle tot tydelike oorgawe gedwing en Bresler is terug Graaff-Reinet toe. Maar Breslerwas 'n gehate Anglo-man met min insig en nog minder begrip van en waardering vir die Afrikaner. Weereens het die gees van die Patriotte gebotvier en reik halsend het die burgers uitgesien na 'n bevrydingsgeleent-heid. In 1799 is nog 'n poging aangewend. Die Britse militere aanvoerderin die Kaap, genl.-maj. F. Dundas, was erg ontstoke en het die Boere bestempel as "the strongest compound of cowardice and cruelty; of treachery and cunning, and of most of the bad qualities, with few, very few of the good ones of the human mind." Hy het 'n afdeling soldate onder bevel van gen!. T.P. Vandeleur na Graaff-Reinet gestuur om die opstandelinge merendeels van Bruynshoogte en die Suurveld tegaan onderdruk. Op 20 Maart het Vandeleur sy intog in Graaff-Reinet gemaak. Hier vind ons nou reeds die eerste tekens en bewys van verdeelde lojaliteit by die Afrikaner. Want waar die Graaff-Reinetters tot indaardie stadium onverdeeld en bankvas agter hulle leiers gestaan het, kry ons nou die eienaardige voorval dat Vandeleur gulhartig verwelkom word deur die burgers van die Sneeuberge met drie salvo's, terwyl die burgers van Bruynshoogte gereed was om Vandeleur met geweld te konfronteer.(etal)

Nie Europese Banier
.

Houtkanon

(etal)Uit 'n verhaal deur pres. F.W. Reitz wat in April 1874 in die Cape Monthly Magazine opgeneem en later bevestig is deur navorsing van dr. D.R. Kannemeyer (Graaff-Reinetter, Sept. 1891), lui dit dat Vandeleur die aggressiewe burgers met 'n kanonskoot oor hulle koppe op loop gejag het.(etal)

(etal)Die burgers hetterdee besef dat die "Bobbejaanboud" nie opgewasse was teen Bresler en Vandeleur se kanon nie. Daar was net een uitweg hulle moes ook 'n kanon kry. En 'n boer maak 'n plan! 'n Reusagtige Camdeboo-stinkhoutstomp is uitgehol en met wabande versterk. Daama is dit op twee wawiele gemonteer en na Semelspoort-hoogte (die huidige Magasynheuwel) geneem. Dit was 'n "meesterstuk" hulle enigste hoop om al wat Engelsman is op Graaf-Reinet uit te wis.(etal)

(etal)Die kanon is gevolglik met vyf pond kruit, klippe, yster en potskerwe gelaai vir die genadeslag. Maar om die kanon af te vuur, was gevaarlik daarom is daar lootjies getrek en die lot het op Kobus Venter(snr.) geval. Hy bet 'n diep gat agter die kanon gegrawe waar hy hom verskuil het nadat hy die voorslag van 'n lang sweep (met sweepstok!) op so 'n wyse aan die kanon vasgebind het, dat sodra hy trek, die kruit opdie zund-gat aan die brand sou slaan. Die dramatiese oomblik het aangebreek. 'n Geweldige ontploffing! Van die kanon was daar geen tekenmeer nie, maar die Engelse was wel daar! Vervolgens kon Vandeleurop 10 April 1799 berig dat 145 man van Bruynshoogte die wapens neergele het. Die leiers van hierdie opstande, Adriaan van Jaarsveld en Marthinus Prinsloo, is gevang en ter dood veroordeel, dog die vonnis is nie voltreknie. Van Jaarsveld is in die Kasteel in Kaapstad oorlede.(etal)

(etal)Die laaste gewapende opstand van die Graaff-Reinetters teen die Britse gesag, het in 1801 plaasgevind toe die Derde Grensoorlog aan die gang was. Die ongewilde Maynier is deur Dundas aangestel as resident-kommissaris van Graaff-Reinet en Swellendam. Dit het hom met buitengewone mag beklee. Dundas plaas Graaff-Reinet onder krygswet en doen die ongehoorde stap om 'n afdeling Hottentotsoldate (Pandoere) op die dorp te stasioneer. Dit was egter nie al nie. Die Pandoere bet hulle intrek in die N.G. Kerk geneem, Die Afrikaner se plek van aanbidding word daarmee 'n barak vir vreemde soldate en 'n stal vir hul perde. Spoedig was die kerk se mure vol skietgate wat die Hottentotte vir hulself verdediging deurgekap het. Dit gepaard met die ongehoorde stap om Nie-blankes teen die Blankes te bewapen, was strydig met die Afrikanersse beginsels. Dit het hulle as Calviniste diep seergemaak. Hulle was in hulle er gekrenk die rassevraagstuk kom hier ter sprake. Skermutselings het plaasgevind. Op 8 Augustus 1802 het kmdt. Tjaart van der Walt in 'n geveg met die Hottentotte gesneuwel. Die opstand is uiteindelik onderdruk. So word republikanisme gesmoor.(etal)

Nie Europese Banier
.

Woelinge op Kerklike Gebied

(etal)Soos reeds vermeld, is die drosdy op Graaff-Reinet in 1786 gestig. In 1887 het die inwoners van die gebied die Politieke Raad se toestemming gevra vir die bou van 'n eie kerk op Graaff-Reinet. (Tot 1843 was die predikante staatsamptenare). Die versoek is toegestaan en in Maart 1791 het Hermanus Tersmitten op Graaff-Reinet gearriveer as die eerste sieke-trooster. In Maart 1792 is die eerste gemeente gestig met ds. J.H. von Manger as die eerste predikant (en Marthinus Wessel Pretorius eerste ouderling), waama hy tot 1795, ten gevolge van die opstande en wrywing met die regering, Kaapstad toe is. Dit het meegebring dat die gemeente nie onverskrokke Kobus Venter is later deur kapt. Hope van die Konninglike Artillerie met 'n geskenk van 10 pond kruit en die volgende nota "vereer" "Van Kapt. Hope van sy Majesteit se Artellerie, aan bombardies Kobus Venter drie jaar lank herderloos was.(etal)

(etal)Ongelukkig het ds.von Manger nie notule van sy herderlike werk gedurende sy ampstermyn gehou nie, ten gevolgewaarvan kostelike inligting van kultuurhistoriese belang oor die pioniers-jare van hierdie gemeente vir altyd verlore is. Eers in 1798 is weer 'n vaste leraar in die persoon van ds. H.W. Ballot benoem. By sy aankoms het hy met 'n gemeente te doen gekry wat arm was en daarbenewens in 'n voortdurende staat van rebellie teen die owerheid verkeer het. Die eerste kerkgebou is inmiddels deur brandverwoes en 'n nuwe kerk moes gebou word. Vanwee die armoede van die gemeente, het die eerste kollektelyste maar 299 rijksdaalders (R40) opgelewer. Dit was heeltemal ontoereikend vir die bou van 'n nuwe kerk. Toe die nood op sy hoogste was, was die uitkoms die naaste ds. Ballot ontdek 'n klousule in die wet, waarkragtens iedere lidmaat by sy afsterwe 45c (3 rijksdaalders) aan die kerk verskuldig was! Die "heffing" saam met 'n hernieude insamelingsveldtog, het voldoende fondse byeengebring vir die tweede kerk. Dit was hierdie kerk wat in 1801 as kaserne vir die Hottentotsoldate gebruik is en as stal vir hul perde.

(etal)In 1824, twee jaar na die aanvang van ds. Andrew Murray se dienstermyn op Graaff-Reinet, is die derde kerk ingewy. Uiteindelik is die vierde kerk in 1887 gebou, die huidige een, bekend as die Groot Kerk -'n sierraad in die middel van die dorp met 'n imposante struktuur en sierlike toring. Die konsistorie van hierdie kerk berg van die kosbaarste ou Kaapse silwer in ons land. By die lees van die vroegste kerkraadnotule van die N.G. Gemeente Graaff-Reinet wil dit voorkom of daar op kerklike gebied 'n mate vanb estendigheid geheers het tot omstreeks 1866 toe ds. Andrew Murray oorlede is en opgevolg is deur sy seun Charles. Vader en seun het altesame twee-en-tagtig jaar in hierdie gemeente gedien.(etal)

(etal)As in gedagte gehou word dat ds. Murray na Suid-Afrika gestuur is om instrumenteel te wees in die verengelsingsbeleid van Somerset, dan staan die Afrikaner verlangs wanneer hy uit die notule en ander argivaliese stukke met hierdie Anglo-man kennis maak. Hy was 'n groot Christen; begenadig met 'n onkreukbarekarakter, roepingsbewustheid en regverdigheidsin. Alhoewel sy eie huistaal Engels was, bet hy lewensbeskoulik in menige opsig verboers geraak. Die gemeentelede was konserwatief, streng en wars van nuwighede.In 1865 het 'n versoek skrif, geteken deur 60 gemeentelede, voordie Kerkraad gedien waarin ontevredenheid te kenne gegee is met die wyse waarop die Engelse orrelis die orrel bespeel en die sang begelei.

(etal)Hy het op die Engelse manier gespeel: vinnig en kortaf." Hierdie petisioena-risse bet versoek dat voorsiening gemaak word .,dat in die toekoms zulkstot meeT algemeene stichting geschieden(etal).

(etal)Die saak is op die Kerkraads-vergadering van 5 Junie bespreek. Die besluit om orrelis J.L. Viner af tedank, was eenparig. Ds. Andrew Murray het die Kerkraad in hulle besluit gesteun. Hierna is 'n Afrikaanse ,0rgaIist," Johanna F. Luttig, indiens geneem. In 1866 is ds. Andrew Murray oorlede en deur sy seun Charles Murray opgevolg.(etal)

Hy was sterker Anglo-Saksies gesind as sy vader. Gedurendesy dienstermyn het die verdeelde lojaIiteit onder die Afrikaners sterkerna vore gekom en 'n kulturele duaIisme in Afrikaner gemoed is gekweek 'n duaIisme wat duidelik soos 'n magnesiumdraad deur die soms donker geskiedenis van die kerklike lewe van Graaff-Reinet loop.(etal)

(etal)Ds. Charles Murray was ook meet "verlig" en soms behep met Engelse modemismeen liberale idees. Ongelukkig moet ek my hier beperk tot siess enkelehoogtepunte in sy dienstermyn. Ook sa! gepoog word om aan te dui dat kulturele duaIisme in die gemeente toegeneem het -dermate dat dit in die 20ste eeu tot 'n kultuurbotsing en kerklike skeuring gelei het.(etal)

(etal)Een van die gebruike wat deur die Murrays ingevoer is, was Engelse aanddienste in die N.G. Kerk - gewoonlik deur hulleself waargeneem. Hierdie gebruik het langsamerhand tradisie geword. Oor die aIgemeen het die gemeente leiding geneem, totdat die stadium bereik is waar sommise die situasie met argwaan bejeen bet.(etal)

(etal)Gevolglik besluit die kerkraad dat die speel op die gemeentelike kerkorrel deur Engelse orreliste by die Engelse dienste verbied word. Ook mag die Engelse orreliste nie op die Kerkorrel oefen nie.(etal)

(etal)Ds. Charles Murray het sy invloed laat geld om hierdie besluit herroep te kry en daarin geslaag, behoudens die volgende voorwaarde deur die Kerkraad gestel: die koster moet die Kerk oopsluit en deurentyd toesig hou oor die verrigtinge van die Engelse orrelis wat weeks aande wi! oefen.(etal)

(etal)In 1880 is die Afrikanerbond gestig. Hierdie organisasie het ook sy invloed op Graaff-Reinet laat geld. In 1883 het 'n brief van die Afrikaner-bond voor die Kerkraad gedien, waarin versoek word dat die kwessie van Hollands in die Kerkskool, na afloop van die Kerkdiens deur diegemeente bespreek moet word.(etal)

(etal)Die tak van die Bond het beswaard gevoel oor die N.G. Kerkskool met Engels as voertaal. Vir hulle was dit ongerymd. Ds. Murray was duidelik onthuts oor hierdie versoek, want hy "spreekt zijn gevoelen duidelijk uit ..." en hy reel hulle versoekbuite orde sonder enige bespreking deur die Kerkraad.Taalstryd:

Nie Europese Banier
.

Die Christelijke Hollandsche Vereeniging

(etal)Die eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) en die Jameson-invaI van Januarie 1896 het ongetwyfeld die ontwakende AfrikanemasionaIisme, in besonder onder die jeug, aangestu. Op alle terreine van die kultuurlewe was daar woelinge; baie bestaande gebruike en tradisies wat 'n bedreiging vir die Hollandse taal en vietse kultuureie ingehou het, is bevraagteken en stellig beveg.(etal)

(etal)Op 22 November 1896 bet taIle jeugdiges in die BondsaaI vergader."Zij kwam op aIs iemand die waarlijk geinspireed werd door de liefde voor hunne taal; gemspireerd door bet ware Afrikanerisme."24 Hullebet eenparig geeis dat die Kerkraad versoek word om die Engelse dienstewat Sondae din die N.G. Kerk gehou word, te verbied, "in belang vanbulle dierbare moedertaal" -ten gunste van godsdiensoefeninge, uitsluitlikin Hollands.(etal)

(etal)Vir die warm besprekings op die vergadering kan 'n nugtere sintese gemaak word: doel bewuste aanslag op die Afrikaner-identiteit deur middel van Engelse kerklike en kultuur organisasies wat ou gevestigde Hollandse verenigings en organisasies stelselmatig afkraak, verdring en laat verdwyn. Verskeie sprekers het gewag gemaak van die kulturele tweespalt, versaking van eie identiteit, die selfvergenoegdheid en berekende verengelsing van die Afrikaner. So byvoorbeeld, was die English Endeavour Society grootliks verantwoordelik vir die Engelse aanddienste in die N.G. Kerk terwyl in die Engelse kerke op Graaff-Reinet daar nie 'n woord Hollands gebesig is nie, nie ondergang van die Hollandse taal was tersprake. Die jongelinge is "manhaftig" aangemoedig om die Engelse dienstete vermy, want "wij, Afrikaners waren waterdragers voor den Engelschenboom."(etal)

Nie Europese Banier
.

Anglo- Boereoorlog

(etal)Die Tweede Vryheidsoorlog het uitgebreek:

"Dit het die Afrikaansekultuur in al sy vertakkinge, en in besonder die Afrikaanse taal tot nuwe groei gestimuleer. Die Afrikanerdom wat deur die Tweede Vryheids-oorlog tot ontwaking geroep is, was in teenste1Iing met die Afrikanerdom van voor die oorlog, nie slegs bewus van sy roeping op staatkundige gebied nie, maar ook van sy taak op kulturele gebied."

(etal)Ook Graaff-Reinetbet sy offers gebring na die vlam van hierdie kultuurstryd. Kulturele en nasionale ontwaking was allerwee te bespeur. Groot was die skok vir ds. Charles Murray toe ouderling J.F. du Toit op 8 Januarie 1900 kennis gee van 'n mosie wat hy op die gemeente vergadering van 5 Maart gaan indien: Aangesien daar in die laaste jare veel ontevredenheid in hierdie gemeente bestaan oor die Engelse dienste in ODS kerk ..."zobesluit de Kerkeraad dat voortaan aile godsdienstoefeninge sowel in denavond als in die voor- en namiddag in de Kerk zul worden in de Holland-sche taal verrigt."(etal)

(etal)Ds. Charles Murray het hierdie voorstel met alle middele tot sy beskikking probeer beveg. Selfs sy kompromievoorstel dat daardan 'n "kort" Engelse aanddiens na afloop van die Hollandse diens gehou sou word, is eenparig deur die Kerkraad verwerp. Diep bewoe het ds. Murray daarna "vryheid " gevra of 'n opmerking te maak: Hy (ds.Murray) het meer as veertig jaar in een of ander Kerkraad gedien, maar nog "nimmer uit Zijn (Christus zijn) Hand eene beker moeten Demeozoo bitter als deze."(etal)

Nuwe Tydvak

(etal)Na die Rebellie (1914) en die Eerste Wereldoorlog was daar ookop Graaff-Reinet twee duidelik onderskeibare politieke strominge. Vanaf 1919 was dit duidelik dat daar hernieude onrus in Afrikanergeledere aandie broei was. Hulle get mekaar ook dikwels gekonfronteer. Op Sondag, 3 Augustus 1919, het dr.B.B. Keet sy bekende "Vredespreek" gelewer waarin hy sy kommer uitgespreek het oor die vredesvoorwaardes van die Eerste Wereldoorlog. Op Maandag, 4 Augustus het 'n deputasie van vyf-en-twintig lede van die S.A.Party vir dr. Keet ontmoet en beswaar aangeteken teen sy preek. In die heftige bespreking wat daarop gevolg het, is woorde soos "seksies", "skeuring" e.a. dikwels gebruik.(etal)

(etal)Dr. Keet se slotsom was: Ek moet my oortuiging uitspreek en ek sal dit doen, al loop die Kerk ook leeg ..." Met hierdie kloekmoedige optrede teen die S.A.P.-manne, het ds. Keet vir hom groot bewondering by gemeentelede afgedwing. Op Woensdag 9 Augustus het 'n groot aantal dogters en moeders 'n oorkondeen geskenk aan dr. Keet oorhandig as mede 'n dankbetuiging aan,'n man wat sy man kan staan!"

Taalstryd - Afrikaans

(etal)Reeds in 1916 is op die Sinode voorstelle ingedien om Afrikaans naasHollands as amptelike taal van die K erk erken te kry .31 Op die daarop-volgende Sinodesitting bet die voorstanders van Afrikaans (onder andereds. J. F. Naude) , daarin geslaag om Afrikaans sy regmatige plek in dieKerk te laat inneem.32 Op 6 November 1919 het die Kaapse SinodeTransvaal se voorbeeld gevolg.(etal)

(etal)Die erkenning van Afrikaans as amptelike taal naas Hollands, het 'n nuwe fase in die kultuur stryd van die Afrikaner ingelui. Vir die bejaarde Afrikaners was Afrikaans as kanseltaal onaanneemlik; vir ander was dit vernederend; dit sou besondere aanpassingsvermoe verg. Daarenteen het die nuwe bedeling (Afrikaans) aan diegene wat hulle in die "ander" stroom van gen!. Hertzog se Tweestroom-beleid gewerp het, 'n ideale uitkoms gebied om hulle afvalligheid van die Afrikaanse kultuur en eie identiteit te regverdig. Ds. D.P.M. Olivier van die Gemeente Langlaagte was die eerste leraar wat in Oktober 1919 in die N.G. Kerk op Graaff-Reinet in Afrikaans gepreek het.(etal)

(etal)Na afloop van die dienste het ds.(emeritus) Gerrit van Niekerk beswaar gemaak teen ds. Olivier se "ontheiliging van die kansel met sy kombuistaal." Hierna het ds. van Niekerk 'n skrywe aan die Kerkraad gerig waarin hy petisies van gemeentelede teen die gebruik van Afrikaans bepleit. Die Kerkraad het sy versoek van die hand gewys. In April 1920 het die Kerkraad gunstig gereageer op 'n versoek van die Vereniging Jong Suid-Afrika dat daar een keer per maand in Afrikaans Leraar op Graatt-Reinet gepreek word. Die Kerkraad het hulle na die Sinodale besluit verwys. Dit staan die betrokke prediker vry om te besluit of hy in Afrikaans of Hollands wil preek. Op 11 April 1921 het die kerkraad ds. J.F. Naude, voorheen van die gemeente Piet Retief, beroep.(etal)

(etal)Alle korrespondensie tussen die Kerk-raad en ds. Naude is in Afrikaans gevoer. By sy ontvangs was aIle oorkondes en toesprake-insluitende die van 'n Engelse leraar in Afrikaans.

(etal)6 Junie 1921 is ds. Naude deur die Kerkraad verwelkom. Na aanleiding van 1 Kor.15:18 het hy gese: "Die standvastigheid en onbeweeglikheid moet wees soos 'n boom wat buig en meegee, maar nooit uit sy staanplek wyk nie." Hierdie woorde was in werklikheid vir hom 'n rigsnoer. Sy lewe het daarvan getuig. As Afrikaner, oud-stryder en rebel was hy geestelik en patrioties stewig veranker. Ds. Naud6 het sy intreepreek in Afrikaans gelewer niks vermoedend van die drama wat hom in talle gemoedere in die Kerk afgespeel het nie. Na afloop van die diens het talle kerkraadslede hom bedank vir sy preek in Afrikaans en die wens uitgespreek dat hy so sou voort doen. Later is verneem dat een van ds. Murray se dogters onder die preek uit die Kerk gestap het. Teenoor ds. A.F. Louw het sy haar gevoelens gelug:(etal)

To think that he (ds. Naud6) is going to use Kitchen Dutch inmy father's pulpit! I'd rather send my child to a Roman Catholic churchthan to let him listen to this Kitchen Dutch.

Dit was die begin van 'n sewejaar-lange stryd in die gemeente. Leiersvan 'n anti-Afrikaanse beweging op Graaff-Reinet bet ds. Naude kombesoek en opgewonde, met gebaar en heftige taal, gewaarsku teen daardieHotnotstaal van die kansel. "Redenering bet Die gebaat Die. Toe betek bulle verwys na die Kerkraad, wat tog bekend is met toestande indie gemeente en deur wie ek my sal laat lei, ...maar bulle antwoordwas: dig 'n lot Nasionaliste wat vir ODS uitgeskop bet; ons wil niks metbulle te doen he nie. Daarop bet ek belowe om af en toe DOg te probeerin Nederlands preek, mits bulle gal bly sit onder die Afrikaanse prekesowel as die aDder onder die Nederlandse preke.

Ook dit was vir bulle onaanneemlik."41Die geesdrif vir Afrikaans bet nou momentum gekry. En hoe gloed-voller die geesdrif, des te groter die verwydering tUggeD die twee groepein die gemeente, Selfs die waarnemende orreliste, mev. De Ville (geb. Mur-ray), kon Die haar wrewel jeens Afrikaans in bedwang hou Die. Op Sondag-aand, 17 Julie, bet sy na die preek van 'n besoekende predikant, ds.Van Velden, die Engelse volkslied in magtige akkoorde gespeel asof dit'n konsert was wat afgesluit word.

Nie Europese Banier
.

TERUG