Maria van die Kaap

Maria na ZB Jansen

Diagram 4. Zirk Bernardus Jansen, ‘n kleinkind van Aletta Catharina Zaaiman, ‘n kleinkind van Maria van die Kaap

Maria na AC Momberg

Diagram 5. Aletta Catharina Momberg, ‘n kleinkind van Aletta Catharina Zaaiman, ‘n kleinkind van Maria van die Kaap

Maria na EE Kruger

Diagram 6. Elsie Elisabeth Kruger, ‘n agter kleinkind van Aletta Catharina Zaaiman, ‘n kleinkind van Maria van die Kaap

Bernardus van Billion was ‘n Europese immigrant. Hy was oorspronklik vanaf Overijse in die Brabant streek van België afkomstig. Hy is na sy aankoms met Maria van die Kaap getroud. Min is van Maria bekend. Die egpaar het ‘n dogter, Anna van Billion, gehad, wat op 20 Oktober 1741 met Bartholomeus Zaaiman, ‘n agterkleinseun van Eva van die Kaap, getroud is. Verwys na Diagram 4. Anna van Billion en Bartholomeus Zaaiman se agter-kleinseun, Zirk Bernardus Jansen, was die Jansen-stamvader, Zirke Jansen, se kleinseun en ook die oupagrootjie van F.A. & A.S. Jansen. Hierdie ZB Jansen was met Aletta Catharina Momberg getroud. Soos voorheen gesien, het Elsie Elisabeth Vlotman (Diagram 4) ook ‘n suster, Johanna Francina Vlotman (Diagram 5), die moeder van Aletta Catharina Momberg gehad.

Beide Zirk Bernardus Jansen en Aletta Catharina Momberg (neef en niggie, die oupa- en oumagrootjie van F.A. & A.S. Jansen) stam dus uit Maria van die Kaap. Bostaande, sowel as die feit dat F.A. & A.S. Jansen later met mekaar getrou het as klein-neef en –niggie, en dus beide afstammelinge is van Maria van die Kaap, is ‘n verdere demonstrasie van hoe ondertrouery in die Jansen voorgeslagte die verdunning van gekleurde genetiese materiaal onder die voorgeslagte teengewerk het.

Weens die feit dat Elsie Elisabeth Kruger ook vanuit die Vlotmans stam, is, soos hierbo (Diagram 6), ook sy ‘n afstammeling van Maria van die Kaap. Soos voorheen verduidelik, is Elsie Elisabeth Kruger ‘n grootjie-ouma van Frederik Antonie Jansen van Olievenfontein via Anna Susanna Rabie, die eggenote van Frederik Antonie Jansen (Frikkie Withuis). Verwys na Tabel 1.

Volgens Heese (Groep Sonder Grense, p7) dui die agtervoegsel “van die Kaap” in die Kaapse huweliksregisters wat dateer uit die periode na die volksplanting en ook gedurende die agtiende eeu, op die persoon se slaweherkoms. Die term “van die Kaap”, dui ook aan dat die persoon aan die Kaap gebore is. Maria van die Kaap is dus aan die Kaap gebore en haar kinders by haar Europese eggenoot is onder die Europese bevolking aan die Kaap opgeneem. Dit is ook maklik om in die betrokke huweliksregisters ‘n huwelik tussen ‘n blanke en immigrant-gekleurde op te merk vanweë die feit dat vir sulke persone, benewens hulle name, gewoonlik ook hul plek van herkoms aangedui word.

TERUG