Ariaantje van Cathryn

Ariaantje na HA Booysen

Diagram 9. Hermina Aletta Booysen, ‘n kleinkind van Johanna Sophia van Wyk, ‘n agterkleinkind van Ariaantje van Cathryn

Ariaantje na AS Pretorius

Diagram 10. Anna Sophia Pretorius, ‘n agterkleinkind van Matthys van As Pretorius, ‘n agterkleinkind van Ariaantje van Cathryn

Ariaantje na AC Vermeulen

Diagram 11. Anna Christina Vermeulen, ‘n kleinkind van Matthys van As Pretorius, ‘n agterkleinkind van Ariaantje van Cathryn

Min is bekend van Ariaantjie van die Kaap. Sy is op 15 November 1662 in die Kaap gedoop. Ariaantje was ‘n persoon van “volle kleur”. A.M. van Rensburg het gevind dat Ariaantje die dogter was van Katrijn van Malabar. Katrijn van Malabar was ook soms Catharina van Malabar genoem. Volgens Heese in Groep sonder Grense was Catharina van Malabar in ‘n egtelike verhouding met Gabriël, ‘n vryswart van Samboua (‘n onbekende pleknaam). Dit rym met die feit dat Arriaantjie ook soms Adriana Gabrielse (Adriana van Gabriël) genoem is. ‘n Ander naam vir Arriaantje was Adriaentje Claassen. Dit is ook bekend dat Arriaantje die stiefdogter was van Cornelis Claassen. Dit was wel die geval na die huwelik van Catharina van Malabar met Cornelis Claassen op 15 Maart 1676. Ariaantjie van die Kaap is op 9 Julie 1683 getroud met Pieter Boschouwer, ‘n persoon van onbekende oorsprong. Hierdie huwelik het meegebring dat Arriaantje die stammoeder van die Bezuidenhouts en Van Locherenbergs van Suid-Afrika geword het. Ariaantjie en Pieter se dogter, Gerbrecht Boschouwer, is op 19 Des ember 1717 getroud met Wynand Bezuidenhout, ‘n seun van Wynand Leenderts Bezuidenhout en Jannetjie Gerrits, beide van Nederlandse oorsprong.

Wynand Bezuidenhout en Gerbrecht Boschouwer se dogter, Aletta Bezuidenhout, was die oumagrootjie van Hermina Aletta Booysen, ‘n grootjie-ouma van F.A. Jansen van Olievenfontein. Ariaantjie se verbintenis met Hermina Aletta Booysen word in Diagram 9 aangetoon.

Wynand Bezuidenhout en Gerbrecht Boschouwer het ‘n ander dogter, Jannetjie Bezuidenhout gehad. Sy is op 10 Maart 1737 getroud met Johannes Pretorius. Hul seun, Matthys van As Pretorius, was die grootjie-oupa van Anna Sophia Pretorius, ‘n grootjie-ouma van Anna Sophia Jansen van Olievenfontein. Anna Sophia Pretorius se kleindogter, Anna Sophia van der Merwe (Ouma Vita), is na haar vernoem. Dit is ook die oorsprong van Anna Sophia Jansen van Olievenfontein se naam.

Die verbintenis van Ariaantjie van Cathryn met Anna Sophia Pretorius, word in Diagram 10 aangetoon. Beide F.A. & A.S. Jansen stam dus uit Ariaantjie van Cathryn. Hierdie is ‘n verdere voorbeeld van hou ondertrouery in die Jansen familie die verdunning van die gekleurde genetiese materiaal in hul voorgeslagte teengewerk het.

Matthys van As Pretorius en Maria Elisabeth de Beer het, behalwe vir Johannes Lodewikus Pretorius (Verwys na Diagram 10), ook ‘n dogter Catharina Gerbrecht Pretorius (Verwys na Diagram 11) gehad. Sy is op 12 Januarie 1800 met Jan Walters Vermeulen getroud en het ‘n dogter, Anna Christina Vermeulen, ‘n grootjie-ouma van F.A. Jansen (Olievenfontein) gehad.

Ariaantjie van Cathryn kom dus twee keer voor in die voorgeslagte van F.A. Jansen van Olievenfontein.

TERUG