Ansela van die Kaap

Ansela na EE Kruger

Diagram 8. Elsie Elisabeth Kruger, ‘n agterkleinkind van Maria Putter, ‘n agterkleinkind van Ansela van die Kaap

Volgens die opgaafrolle van 1700, was daar op daardie tydstip agt getroude pare aan die Kaap waarvan een lid gekleurd was. Een van hierdie egpare was Lourens Campher en sy eggenote Ansela van die Kaap. Ansela was ‘n oud-slavin wat aan die Kaap gebore is. Sy en Lourens Campher was in Stellenbosh woonagtig. Hulle het die plaas Murasie naby Koelenhof gehad. ‘n Ander lid van hierdie getroude groep, Christoffel Snyman en sy Franse vrou, Marguerite de Savoye (sien later) was in Drakenstein woonagtig. Hierdie twee persone is die enigste vanuit die bogenoemde agt egpare wat in die voorgeslagte van F.A. & A.S. Jansen van Olievenfontein voorkom.

Dit is nie bekend wanneer Lourens Campher van Morrouw, België, met Ansela van die Kaap getroud is nie, maar hulle dogter, Agnita Campher is op 5 September 1705 met Gerrit van der Swaan, van Nederland, getroud.

Gerrit en Agnita se dogter, Anna van der Swaan (getroud met Jan Lodewyk Putter) se dogter, Maria Putter, was met Franz Kruger (ook van gemengde afkoms – sien later) getroud. Franz en Maria was die oupa- en oumagrootjie van Elsie Elisabeth Kruger, op haar beurt die oumagrootjie van F.A. Jansen van Olievenfontein.

Elsie Elisabeth Kruger was getroud met Jan Bastiaan Rabie, ook van gemengde afkoms (Verwys na die hoofstuk oor Catharina van Malabar).

Die verbintenis van Ansela van die Kaap met Elsie Elisabeth Kruger word in Diagram 8 aangetoon.

Dit is voorts ook interessant om daarop te let dat, soos voorheen genoem, Elsie Elisabeth Kruger se moeder, Zirkija Jacoba Jansen ook van gemengde afkoms was. (Eva kom in haar voorgeslagte voor). Zirkija is vernoem na haar oupa, die Jansen stamvader, Zirke Jansen.

TERUG