Welkom by die Jansen familie Webblad

- Opsteller en skrywer - Ferdie Jansen - RIV
- Opsigter en byvoegings - Simon Jansen

Welkome

Baie welkom by die Jansen Familie webblad. Hierdie masale werk was geïnisiëer deur Ferdie Jansen en bygestaan deur sy vrou Elise. Ferdie is egter nie meer met ons nie, maar ons wil baie graag sy inisiatief en inspirasie laat voort leef met hierdie webblad.

Ons dink met deernis aan die vader van hierdie webblad en een van sy groot ondersteuners wat nie meer met ons is nie. Maar hul nalatenskap tot hierdie webblad sal bly voort bestaan.

Nie Europese Banier

My eggenoot, Ferdie Jansen, is op 25 Augustus 2020 na 'n baie lang siekbed oorlede. Die afgelope 4 jaar kon hy a.g.v. swak sig ook nie meer aan die webblad werk nie. Daar is dus baie onvoltooide hoofstukke en baie fotomateriaal het verlore geraak. Ons gaan, met die bekwame hulp van David Cooke, Simon Jansen en Francois Jansen, probeer om alles weer te herstel.

Groete,
Elise Jansen


Stander Jansen. Napier, Suid-Afrika is op 20 Oktober 2021 oorlede na jare van sukkel met 'n longkwaal. Ons gaan hom mis weens sy onbaatsigtige bydrae wat hy gelewer het tot die Jansenfamilie Webblad.


Nie Europese Banier

Aan al ons gewaardeerde Besoekers

Ons werk op 'n deurlopende basis aan die Jansengeskiedenis, Familieregister, Museum en Foto-album op hierdie webwerf.  Ons is ook besig met navorsing oor die spesifieke geskiedenis van die stamland - iets wat nie as sulks in die literatuur bestaan nie.   U sal sommige gedeeltes van die werk dus onvolledig vind, maar ons glo dat u die materiaal wat reeds gepubliseer is terdeë sal geniet.  Ons publiseer namate hoofstukke en artikels voltooi word.   Die inhoud van hierdie webwerf is dus dinamies van aard en dit groei voortdurend.  Natuurlik verander ons voortdurend aan reeds gepubliseerde artikels namate nuwe feite bekend word.  U  word vriendelik uitgenooi om gereeld terug te keer vir nuwer en meer resente byvoegings.

Uiteensetting

U sal ervaar wanneer u die webblad oop maak dat daar 'n menu onder die naam met Ferdie en Elsie se foto verskyn. Hier kan u deur beweeg na u seleksie.

U sal hier onder 'n kort beskrywing kry hoe om deur die webblad te werk en waar kan u inligting bekom oor u familie.

  1.      Huis - dit is die eerste blad. Van hier kan u na die Voorhuis gaan.
  2.      Register - hier vind al die nodige inligting ten opsigte van die familie register - stambome en familie vanne. Vir u wat al voorheen die blad besoek het sal vind daar is veranderings.
  3.      Stamland - Hierdie hoof Stuk en aanhangsels is deur jare se navorsing bymekaar gemaak deur die outeur en vader van die webblad - Ferdie Jansen en sy vrou Elise Breytenbach.
  4.      Geskiedenis - Die geskiedenis van die Jansen-familie word aangebied met die stamland (plek van oorsprong) as die vertrekpunt. Hierna word 'n blik gegee op die seereis na die Kaap, gevolg deur 'n kykie na die relatief kort verloop van die stamvader se lewe aan die Kaap. Die skrywer is besig om te werk aan die verdere verloop van die Jansen-geskiedenis in Suid-Afrika. Dit sal aangebied word in die vorm van sketse en lewensverhale van individuele familie-lede. Hierdie hoofstuk sal nie noodwendig in chronologiese volgorde aangebied word nie. Dit sal in die vorm van familie-verhale en -staaltjies, gebasseer op feite, wees. Enige nuwe geskiedenis artikels, stories en fotos wat deur u bewaar word en wat u met ons wil deel sal met groot vreugde en waardering aanvaar word vir vertoning in die museum. U kan die stories, fotos en artikels stuur aan (simonair50@hotmail.com).
  5.      Genetika - Hierdie hoofstuk bevat dokumente wat gelys word (klik daarop om te vertoon) en is gebaseer op navorsing wat die outeur gedoen het vir ‘n werkstuk oor die nie-Europese voorsate van Frederik Antonie en Anna Sophia Jansen, sy grootouers aan vaderskant. Die eerste resultate van die navorsing is in Desember 2000 in ‘n werkstuk, “Die nie-Europese Voorouers van Frederik Antonie en Anna Sophia Jansen” saamgevat. Die werkstuk is in 2004 bygewerk en op die internet gepubliseer. Wat hier volg is ’n verdere verbeterde en bygewerkte weergawe van die gepubliseerde werk en vervang dit grootliks. Hierdie jongste aanbieding is ‘n samevatting van die oorspronklike navorsingsresultate, maar met die byvoeging van ’n meer resente en wetenskaplike siening van oorerwing.
  6.      Heraldiek - Die hoofstuk neem u terug na die begin toe ons mense nog net een naam gebruik het. Daar was nie iets soos 'n eerste naam en laaste naam (Van) nie.
  7.      Museum - Hierdie hoofstuk en heelwat kamers (blaaie) wat u kan besigtig en wat u sal deurvat na die voorportaal van die eMuseum. 'n Reis wat u gaan neem van storie en staaltjies oor Jansenfamilie lede, fotos en nog baie interessante verhale en gebeurlikehede waarby 'n Jansen betrokke was, of wat die gebeurtenis geskep het. 'n Ryke verhaal wat vertel moet word.
  8.      Stamboom - Hierdie hoofstuk is een van die nuwe hoofstukke wat by gevoeg tot die webblad. Dit is baie die selfde as die register hoofstuk wat opgedeel is om dit makliker te maak.
  9.      Kiekies - Hierdie hoofstuk vertoon familie fotos.
  10.      Besoekers - Besig om herbou te word. Deur mense gehack wat die blad uit gevee het.
  11.      Kontak Ons - Deur hierdie blad kan u kontak maak met my, Simon Jansen
  12.      Skakels - Hierdie hoofstuk neem u na skakels waar u meer inligting kan bekom oor inligtings watons nie navors nie, soos byvoorbleed - konsentrasiekampe ens.
  13.      Werf Soek - Hier kan u gaan soek na familie lede per naam, van ens.
  14.      Werfkaart - Hier is 'n samevatting van al die webblaaie wat al voltooi is en wat inligting bevat.
Nie Europese Banier

Notas

  •      Die "Vanne" en "Gesinne" hoofstukke moes ons geheel en al oor bou. Ons het tans 15000 plus bloedverwante familie lede wat ons besig is om vas te lê. U kan die Gesinne en Persone (Vanne) deur kyk op twee metodes;
  •      Op die hoof Menu kan u na Register gaan en dan na familie-register. Daar sal u vyf hoofstukke vind - Gesinne, Mediavoorwerpe, Persone, Plekhiërargie en Takke. Elkeen van hierdie hoofstukke sal u na 'n nuwe blad neem waar u, u seleksie sal kan maak en dan kan lees soos die blaaie vertoon word.
  •      Op die hoof Menu gaan u na Stamboom. Dit sal u neem na die nuwe blaaie - Stambome, Diagramme, Lyste, Kalender, Verslae, Knipselmandjie en Soek. Elkeen va hierdie hoofstukke/verdelings sal u neem na informasie oor die familie. Hierdie blaaie sal met tyd ontwikkel word soos data beskikbaar word.
  •      Ons het ook die familie opgedeel in verskeie stambome - Zirke Jansen a1, Cornelius Rudolpus Jansen b3 en Roelof Andries Jansen b4 asook Breytenbach, Cornelius Jansen, Douglas.
  •      Indien u nie kry wat u soek nie kontak my Simon Jansen b3c1d2e7f7g8h2 (Cornelius Stamboom) deur 'n epos te stuur aan (simonair50@hotmail.com).

© 2021 Die inligting op hierdie webtuiste mag nie sonder toestemming gekopieer of vir enige kommersiële doeleindes aangewend word nie.

-- Jansen Familie Groete --

  1.      Voorhuis