Jansen Familie
MUSEUM EN ARGIEF

Voorstoep
Professor Stander Jansen, vroeër verbonde aan die Vrystaatse Universiteit en ’n direkte afstammeling van die eerste Jansen-eienaar van Schaapkraal, 'n plaas in die bo-Karoo (Philpstown-distrik), was die dryfveer agter die vestiging van ’n museum vir die Jansen-familie.  Berrie Jansen van Ermelo (ook 'n afstammeling van Schaapkraal se Jansens) moet egter die krediet kry vir sy idee om ’n gebou op Schaapkraal op te rig om die uitstallings in te huisves.  Die plaas is egter afgeleë en die veiligheid van die versamelings, bedryfskoste en toegangsbeheer was enkele van die onmiddelike probleme wat die uitvoering van die projek gekniehalter het.  Stander en Ferdie het geredeneer dat ’n kubermuseum as tussentydse maatreël die uitstallingsmateriaal dadelik aan die familie (en ander besoekers) beskikbaar kan stel.

Stander Jansen verrig die funksie van Kurator vir die museum, en Ferdie Jansen is verantwoordelik vir die publisering van die uitstallingsmateriaal op die internet. 
Die museumruimte is in 'n aantal "vertrekke" verdeel wat die uitstallingskategorië verteenwoordig.  Stap gerus deur die vertrekke, kyk, lees en geniet u besoek!
Gaan nou deur na die Voorportaal waar u 'n lys van onderwerpe in die Museum sal vind.
Laat asseblief 'n boodskap in ons besoekersboek wanneer u klaar is.

 
TERUG