F. Familie-Bybels

 

Uitstalling F1. J.P. Jansen, Willowbank se Statebybel

#398Bybel1 #398Bybel2
Die Statebybel van (#398) Jacobus Petrus Jansen van Willowbank, Philipstown. Jacobus ("Koos" of ook "King
George")
is op 12 Oktober 1876 te Schaapkraal gebore. Hy was die 7de kind van (#60) Zirkie Bernardus
Jansen,
die eerste Jansen eienaar van Schaapkraal, die familieplaas in die distrik van Philipstown. Jacobus se
moeder was Johanna Catharina Carelse, weduwee Van der Merwe, sy vader se tweede eggenote. Haar
nooiensvan was Carelse.  Die Bybel is in besit van (#1235) Zirkie Bernardus Grobler van Riversdal. Die foto's
is deur Zirkie se neef, (#1227) Zirkie Bernardus Jansen, van Kaapstad, geskenk.
 

 

#398Bybel3 #398Bybel4
#398Bybel5 #398Bybel6
Bladsye uit die Willowbank-Bybel


TERUG

Uitstalling F2. F.A. Jansen, Schaapkraal se Statebybel

#403Bybel1   #403Bybel2
Statebybel van (#403) Frederick Anthonie Jansen en sy eerste vrou JA Lombard met die inskripsie van hul
nageslag soos voor in die bybel aangeteken. Die bybel is aan Stander Jansen geskenk deur (#446) Engela
Fourie, gebore Jansen, wat dit by haar pa Frikkie (# 443) geërf het. Frikkie het dit op sy beurt van sy vader,
Frikkie Schaapkraal, geërf.


TERUG