Epiloog

 

 

vd Merwe na AS Jansen

Diagram 22. Buite-egtelike verbintenisse onder die voorgeslagte van Michielis Christoffel van der Merwe, oupa-grootjie van Anna Sophia Jansen van Olievenfontein.

Die sestien “gekleurdes” in die voorgeslagte van F. A. & A.S. Jansen verteenwoordig die gedokumenteerde gev all e. Weens die omvang van die voorkoms van buite-egtelike verhoudings in hierdie vroeë geskiedenis van die Afrikaner, is dit nie moontlik om te beweer dat die genoemde sestien voorouers die enigste “gekleurde” voorouers van die Jansens van Olievenfontein was nie. Ewekansig is die omgekeerde egter ook waar: Die moontlikheid is daar dat hierdie sestien wel die enigstes was. Soos met enige navorsing van hierdie aard kan die getal van sestien vermeerder of verminder namate bykomende inligting na vore kom soos wat die geval was met die voorouers van die Snymans waar aanvanklik beweer is dat die Snyman stamvader van “volle kleur” was (Verwys na A.M. van Rensburg se navorsing).

Buite-egtelike verhoudings tussen Europeërs en slavinne “van die Kaap” kom gedurende die agtiende eeu met reëlmaat voor. Hierdie soort verhoudings was meer talryk as die verhoudings tussen Europeërs met ingevoerde slavinne. Voorbeelde hiervan is die opgetekende gev all e van buite-egtelikheid onder die Van der Merwe voorgeslagte.

Op 12 Mei 1691 het Joris van Straaten een van sy slavinne, die vyf-en-twintigjarige Diana van Madagaskar, aan Christiaan Freser vir 65 Riksdaalders verkoop. Op 28 Des ember 1693 Freser haar opnuut vir 90 Riksdaalders verkoop aan Detlef Biebouw. In 1687 het Diana aan Cornelis Linnes behoort. In 1687 het Detlef Biebouw (later Dietlof Bibault) ‘n buite-egtelike kind (Susanna Biebouw) by die slavin Diana gehad. Hierdie voorkind is op 13 September 1711 met Willem Odendaal, die stamvader van die Afrikaanse familie Odendaal getroud. Susanna was dan ook die halfsuster van die bekende Hendrik Bibault wat vroeg in die agtiende eeu bekendheid sou verwerf toe hy op Stellenbosch uitgeroep het dat hy “een Africaander” was.

Dietlof Bibault het op 24 Des ember 1688 met Willemyntje Ariens de Wit getrou en vir Hendrik gehad. ‘n Ander kind van Dietlof en Willemyntje, ‘n suster van Hendrik Bibault, naamlik Maria Bibault, is later gebore en is op 25 Junie 1708 met Philip Morkel getroud. Hulle het ‘n dogter, Elisabeth Morkel, gehad. Sy was ‘n agter-oumagrootjie van Michielis Christoffel van der Merwe, ‘n grootjie-oupa van A.S. Jansen van Olievenfontein.

Die leser sal onthou dat, behalwe in die geval van Anna Francina Joubert, ‘n ouma-grootjie van A.S. Jansen, die enigste ander grootjie van F.A. & A.S. Jansen waarvoor daar nie gekleurde voorgeslagte gedokumenteer is nie, Michielis Christoffel van der Merwe was. Toev all ig is daar egter selfs ook vir die stamvader van Michielis Christoffel van der Merwe, Willem Schalk van der Merwe (op 9 September 1668 getroud met Elsje Cloete) ‘n buite-egtelike kind by ‘n slavin (in diens van die VOC) gedokumenteer. Hierdie kind, Maria Schalk, is op 23 September met Paulus Heyns getroud. Die moeder, van wie die naam nie bekend is nie, is deur Goewerneur Simon van der Stel as slavin aan Van der Merwe gegee. Hoewel Van der Merwe en Bibault se nageslag ten opsigte van F.A. & A.S. Jansen suiwer Europees was, het Van der Merwe en Bibault egter wel nie-Europese nasate gehad as gevolg van buite-egtelike verhoudings voor hul huwelike.

Willem Schalk van der Merwe was afkomstig van oud-Beyerland naby Rotterdam en het met die “Dordrecht” na die Kaap gekom. In 1661 word hy ‘n vryburger en onderhou homself aanvanklik as ‘n vrykneg. In 1663 het hy weer in diens van die V.O.C. getree, maar vestig hom later weer as vryburger-landbouer en word die stamvader van die bekende en talryke Van der Merwe familie. Teen 1700 was daar reeds ‘n groep Europeërs wat hulle op landbou, maar veral veeteelt, toegespits het. Van hierdie persone het hulle in die nuwe distrikte Stellenbosch en Drakenstein bevind en sluit onder andere die families Cloete en Van der Merwe (voorsate van A.S. Jansen) in.

Willem Schalk was nie welvarend nie. Kort na sy huwelik in 1668 het hy slegs 12 beeste besit. Sy besittings het teen 1705 een slaaf, 200 skape, 40 beeste en 6 perde getel. Teen hierdie tyd het hy reeds 2 seuns en drie dogters gehad. Van der Merwe was ‘n immigrant wat sy bestaan aan die Kaap as kneg begin het. Dit was in teenstelling met kapitaalkragte Europese immigrante soos Henning Hüsing wat teen 1702 reeds 29 knegte, 58 slawe, 7500 skape, 655 beeste en 16 perde besit het.

Dit was opvallend dat die meeste van hierdie elite groep relatief gou na Europa teruggekeer het nadat hulle hul fortuin gemaak het. Hierdie groep het voorts ook min bygedra tot die demografiese ontwikkeling in Suid-Afrika. Dít het gekom van die Willem Schalk van der Merwes. Húlle was die standhoudendes, diegene wat as knegte met niks begin het nie, en wat hulle besittings aan die Suid-punt van Afrika bymekaargemaak het. Hierdie was húl vaderland. Voorts was dit ook nie onaanvaarbaar dat iemand soos Willem Schalk van der Merwe ‘n buite-egtelike kind by ‘n slavin gehad het nie. Anders as in die geval van die Europese elite soos Henning Hüsing, was Willem Schalk se lewenswyse waarskynlik in pas met die sosiale status wat hy aan die Kaap, en moontlik vroeër in Europa beklee het.

Die bloedvermenging wat aan die Kaap plaasgevind het tussen immigrante van Hollandse, Duitse en Franse herkoms, sowel as die slawe van Indiese en Oos-Indiese afkoms, het in die binneland gedurende die agtiende eeu tot die wording van die Afrikanervolk gelei. Hier het hulle geleidelik ‘n inheemse lewenstyl, gebaseer op ‘n skrifgewortelde lewensbeskouing, ontwikkel. Die meeste van die nuwe Afrikaners se verblyf aan die Kaap was van korte duur. Hulle bestemming was die groot onbewoonde binnelandse plato, asook die sentrale- en oostelike gebiede van die Kaap-provinsie.

TERUG