B. Geografiese Verspreiding van die Jansens
In hierdie vertrek van die Museum probeer ons om 'n beeld te gee van hoe die Jansens gedurende die eerste 100 jaar na hul aankoms in die land deur Suid-Afrika versprei het.  Uitstallings B1 tot B5 dek die periode vanaf 1764 (Drakenstein) tot 1864 (Philipstown).  'n Anneks is in aanbou waar ons beplan om later die res van die migrasiepad uit te beeld.  Besonderhede van die plase en eiendom self word in 'n ander vertrek (D. Plase) vertoon.

Uitstalling B1. Drakenstein: Die 1ste Woonplek (1764)
Die Jansens se migrasie-reis het uit die aard van die saak in die Kaap begin.  Die stamvader en sy gesin het in die Drakenstein gevestig, waar hulle op 'n plasie, genoem "Thuynland", gewoon het.  Zirke Jansen het hier sy Kleremakers-beroep be-oefen en ook druiwe verbou.  Hy het  "Araq" ('n soort brandewyn) gestook en sy produksie in die Kaapse hawe aan die verbygaande skepe verkoop.  Die Jansens het tot Desember 1772 hier gewoon toe beide die vader en moeder van die gesin oorlede is.

 #B01Drakenstein

Hierdie kaart van die gebied waar Zirke Jansen en sy gesin gewoon het, dateer uit 1770.
Dit is 'n uittreksel vanuit 'n dokument sonder verwysing in die Kaapse Argief Bewaarplek (KAB), wat Ferdie
in 1975 gemaak het.  Die gebied waar Zirke en sy gesin gewoon het is onder regs op die kaart (Wyn Landen).
Die presiese plek waar die plasie Thuynland geleë was is nie bekend nie.

TERUG

Uitstalling B2. Oos-Kaap: Die 2de Woonplek (R.A. Jansen, Geelhoutboom, 1785)

#B02Geelhoutboom
'n Uittreksel vanuit 'n eietydse kaart deur die Landmeter-Generaal.
Dit dui die ligging aan van die plaas "De Geelhoute Boom" (nou Geelhoutboom), in pienk aangedui bo
links op die kaart.  Die "Bosjesmansrivier" (nou Boesmansrivier) is ook ingekleur.  Die transport-
dokument word elders in die Museum vertoon (Kamer C. Dokumente).  Dit is hier waar die stamvader
se tweede seun in 1785 die eerste Jansen-eiendom in die Oos-Kaap bewoon het. Roelof Andries
Jansen was een van die eerste Grensboere in hierdie gebied.

TERUG

Uitstalling B3
. Oos-Kaap: Die 3de Woonplek (C. Jansen, Snyderskraal, Voor Sneeuberg, 1786-1791)

#B03Sneeuberg
Dit is hier aan die Voor Sneeuberg, net Noord van die teenswoordige Graaff-Reinet,
waar die stamvader se oudste seun, Cornelis Jansen,  tussen 1786 en 1791 geboer het.
Cornelis Jansen was, soos sy jonger broer, 'n pionier in die Oos-Kaapse grensgebied.
Twee van Cornelis se plase, "Snyderskraal" (1787) en "De Vyf Seekoegaaten" (1791)
is in die gebied van die Voorste Sneeuberg aan hom toegeken.  Cornelis het in 1786
'n ander plaas, "Rietefontyn aan die Buffelsrivier", ontvang.  Nie een van die plaas se
presiese ligging is bekend nie. Daar is egter 'n ou plaas, Snyderskraal, net noord van die
teenswoordige Richmond geleë.  Daardie gebied staan ook as die Sneeuberg bekend.

 

#B03Sneeuberg1 #B03Sneeuberg2
Reproduksie van 'n uittreksel uit 'n kaart wat die reisiger John Barrow vir Graaf George MacCartney van Antrim, Ierland, gemaak het nadat hy in 1797/98 deur die Oos-Kaap gereis het. Erkenning aan Graaff-Reinet, A cultural History, C.G. Henning. William John Burchell (1781-1863) was 'n Engelse ontdekkingsreisiger, natuurkundige, kunstenaar en skrywer. Hierdie skets van sy trek-geselskap het hy in 1797 gemaak in die bergagtige gebied noord van Graaff-Reinet (Sneeuberge tussen Middelburg en Graaff-Reinet). Erkenning aan Graaff-Reinet, A cultural History, C.G. Henning.
 #B03Sneeuberg3
Foto van 'n gedigitaliseerde skets deur William Burchell (ca1798) in die Sneeuberge noord van Graaff-Reinet.  Die foto is deur Wikimedia gepubliseer by https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Burchell02.jpg.


TERUG


Uitstalling B4. Oos-Kaap: Die 4de Woonplek (Plasketstraat, Graaff-Reinet. 1830)

#B04Graaff-Reinet1 Die Jansens was van die heel eerste
inwoners van die dorp Graaff-Reinet.
Tewens, dit w
as Roelof Andries se
seuns wat die eerste wingerde in die
dorp aangeplant het met (#32)  Zirk
Bernardus Jansen wat die huis in
Plasketstraat gebou het en wat later
bekendheid verwerf het as die "Withuis",
waar die bekende "Withond" brandewyn
gestook is.

Diagram van Graaff-Reinet se strate.
Die Jansenhuis was in Plasketstraat
 geleë waar Caledonstraat in
Plasketstraat doodloop.  Die skets is
gemaak deur
Mnr. Whitlock (sien Hoof-
stuk 7 van "Geskiedenis", elders op
hierdie webwerf) van die Publisiteits-
vereniging op die dorp. Erkenning aan
"Graaff-Reinet, A Cultural History
1786-1886" deur C.G. Hennining, 1975.
#B04Graaff-Reinet2 Die baie bekende William Roe, 19de
eeuse fotograaf van Graaff-Reinet, het
hierdie pragtige foto van Graaff-Reinet
geneem.  Caledonstraat kan duidlik in die
middel van die foto gesien word met die
sogenaamde "Withuis" aan die onderpunt
waar dit in Plasketstraat doodloop.  Die
foto toon die omvang van die wingerde
agter die huis waar dit in die vrugbare
grond in die waai van die Sondagsrivier
aangelê is.  Die foto word in Reinethuis
vertoon as deel van die William Roe
versameling.  Erkenning aan die Graaf-
Reinet Museum en die Raad van Trustees.

Vanaf Graaff-Reinet het die Jansens oor die hele Suid-Afrika versprei.  Daar was 'n hele aantal hoofstrome, te wete, die trek na die Wes-Transvaal, die trek na Botswana, die trek na die Noord-Weste en dan natuurlik die trek na Philipstown en later Kimberley.  Die trek na Botswana en in 'n mindere mate die trek na Wes-Transvaal, is reeds aangespreek in Hoofstuk 10 van "Geskiedenis", elders op hierdie webwerf.  Daar is ook 'n baie bekende tak van die Jansens wat in Nieu-Bethesda op die plaas Wilgebosch geboer het.  'n Spesiale artikel word aan hierdie familie in Hoofstuk 11 in "Geskiedenis" gewy.  Wilgebosch is in 'n skilderagtige gedeelte van die Agter Sneeuberg in die voetheuwels van Kompasberg geleë.


 TERUG

Uitstalling B5
. Noord-Kaap: Die 5de Woonplek (Schaapkraal, Philipstown, 1864)

(#60) Zirk Bernardus Jansen, was 'n agterkleinseun van stamvader Zirke Jansen en die derde seun van (#32) Zirk Bernardus Jansen, die eerste eienaar van die Withuis in Plasketstraat, Graaff-Reinet.  (#60) Zirk was 'n Transportryer wat tog gery het tussen die Baai (Port Elizabeth) en Kimberley se diamantvelde.  Sy roete het hom vanaf die Baai oor Graaff-Reinet via die Sneeuberge verby Middelburg, Hannover, Philipstown en verder oor die Karoo-vlaktes tot in Kimberley geneem.  Gedeeltes van die transportpad is nog hier en daar sigbaar, soos op die plaas Bloemhof net noord van Graaff-Reinet in die voor-Sneeuberg.

#B05Bloemhof Drif #B05Bloemhof Pram
 'n Drif deur 'n droë loop op die plaas Bloemhof in die
Sneeuberg, Noord van Graaff-Reinet.  Die
ou wapad
waarlangs Zirk tog gery het is duidelik
op die foto te
sien.  Oorlewering beweer dat die
plaas Zirk se laaste
uitspanning was voordat hy
die laaste tog tot in
Graaff-Reinet en sy huis
aangepak het.  Beide foto's
word met die toestemming van die vriendelike en
gasvrye eienaar van Bloemhof, Walter Murray en sy
eggenote Ann, geplaas.
 Die huidige eienaar van Bloemhof, Walter Murray
en sy eggenote, Ann ,vertel dat hulle deur oorlewering
in die familie van Zirk Jansen weet. Die Transportpad
gaan aan die voet van Pramberg (nou Babelanschetoring
genoem) verby en Zirk het skynbaar vertel dat as hy
hierdie kop gesien het, het hy geweet dat hy naby die
huis was en ook naby sy uitspanning op Bloemhof.

Noord-Wes van Philipstown het 'n boer, Koos van den Berg op sy plaas Tafelkop geboer.  Zirk het op sy togte by Tafelberg oorgestaan om herstelwerk aan sy wa te doen en vars trekdiere in te span.  Oorlewering wil dit hê dat Zirk een aand op Tafelkop oorgestaan het en aan Koos gevra het of daar dan nie 'n plaas in die omgewing te koop was nie.  Hy was moeg vir transportry en wou graag boer.  Toevallig was die buurplaas, Schaapkraal, te koop.  Dit is dan hoe die plaas in die Jansens se besit gekom het en gevolglik hoe die Jansens in Philipstown se distrik begin boer het met wolskape.  Dit was in die jaar 1864 en die begin van 'n mooi stukkie Jansen-geskiedenis.

#B04Schaapkraal
Reproduksie van 'n uittreksel uit 'n ou Landmeterskaart van die Noord-Westelike gedeelte van Philipstown
se
distrik.  Die plaas Schaapkraal, in die boonste linkerste hoek van die kaart word aan die oostekant deur
Tafelkop
begrens
en aan die westekant deur Koens Draai.  Die transportpad kan duidelik vanaf Tafelkop
suidwaarts tot in Philipstown
gevolg word.  Die roete het oor Basberg, Putfontein, Bokken Kraal en Olive
Fontein gegaan.

TERUG