E. Algemene Artikels

Uitstalling E1. Die Withuis Stook-ketel

#30 Stookketel #30 Withuis Stookketel 2007
Die "Withuis Stook-ketel" uitstalling soos in 2003.
Reinet-huis, Graaff-Reinet
Die "Withuis Stook-ketel" uitstalling soos in 2007.
Reinethuis, Graaff-Reinet
Afgesien van die verskillende kondensators bo-op die twee ketels, is hierdie twee ketels baie duidelik verskillende
modelle.
Dit is nie bekend of daar twee stookketels vanuit die "Withuis", die Jansen-huis in Plasketstraat, behoue
gebly het nie, maar Reinethuis bied beide ketels aan as afkomstig vanaf die "Withuis".

 
"Withond" is brandewyn wat gedurende die 18de en 19de eeu in Graaff-Reinet gestook is. Die legende lui dat die withond venynig was. As hy jou gebyt het, het hy jou glo nie maklik gelos nie.  Withond was meesal 44% suiwer en was helderkleurig soos water.  Dit het nie die kenmerkende bruin kleur van gewone brandewyn gehad nie, want dit is nie in eikehout vate verouder nie.

Die "Withuis"-Jansens het hul brandewyn gemaak deur die druiwe uit die wingerde agter die huis te pars en dan vir agt dae te laat gis.  Hierdie mos is dan in die stookketel gekook.  Die stoom is deur die afvoerpyp in 'n dam met koue waater afgekoel en die kondensaat was die gesogte "Withond".  Dit is bekend dat Freek "Withuis" sy brandewyn deur 'n luik na die straat toe verkoop het teen 'n sikspens per sopie.

TERUG

Uitstalling E2. Zirk Schaapkraal se Snuifdoos

#E02#60_1

Zirk Bernardus Jansen (#60) se snuifdoos.
Hierdie baie
besondere familie-erfstuk word
deur Johannes Fourie van Luckhoff
bewaar.
#E02#60_2

Op die foto regs verskyn Zirk Bernardus Jansen (#60) en sy eerste eggenote, Geertruida Johanna Willemse.
D
ie foto is nie baie duidelik nie, maar die vermoede is dat die voorwerp in Zirk se linkerhand dalk die
snuifdoos (foto links) was.

TERUG

Uitstalling E3. Zirk Olievenfontein se Kapkar

#58 Kapkar

 

Zirk Bernardus Jansen (#58) se Kapkar

 

Hierdie Kapkar was in besit van Zirk toe hy die plaas Olievenfontein, Philipstown, in 1887 gekoop het.  Sy aanstande skoonseun (#21 Frederik Antonie Jansen - Frikkie "Olievenfontein") het die Kar in 1915 by hom gekoop. Na Frikkie se afsterwe in 1972 is die Kar deur laasgenoemde se seun (#3 Frederik Antonie Jansen - Frikkie "Bermuda") gekoop.  Dit is in 1990 aan die Dorps-Museum op Petrusville geskenk. Die drie persone in die kar is drie agter-agter kleinkinders van Zirk.

 



TERUG

Uitstalling E4. Zirk Schaapkraal se Transport Notaboek
(#60) Zirk Bernardus Jansen was omstreeks 1873 ‘n transportryer tussen die Baai en Kimberley se diamantvelde.   Vele soel somer- en koue wintersaande sou hom waarskynlik alleen by sy kampvuur by die uitspanning op die haaivlaktes van die Karoo gevind het.  Hier, naby aan die natuur en sy Skepper, sou hy baie tyd vir bepeinsing en sonder twyfel ook tyd vir gesprek met God en omgang met die Woord gehad het.  Want, Zirk was ‘n Christen.

#E4#60Transport1

(#60) Zirk Bernardus Jansen se Transport Notaboek.  Die boekie is ongeveer 15cm x 9cm groot en 1.5cm
dik. 
Inskrywings in die boekie is oor 'n periode van ongeveer 20 jaar tussen ca 1860 tot 1880 gemaak.
Daar
is veral drie diskrete periodes wat gedek word.  Die eerste is die periode waar Zirk twee gedigte
in 'n netjiese handskrif met pen en ink in die boekie geskryf het.  Dan volg 'n periode waartydens duidelike
lyste van transportgoedere opgeteken is.  Dan volg die periode waarin Zirk aantekening van vee-getalle,
plaas-arbeiders se besonderhede en ander besonderhede van boerdery aard genoteer het.  Zirk het
sy naam soos volg voor in die boekie geskryf ("Sirk Jansen Sirk Zoon):

 #E4#60Transport2

 Zirk se transport notaboekie lewer bewys van die verhouding waarin hy met God geleef het.  Onder andere is daar die
volgende gedig, in sy eie handskrif, wat hy waarskynlik op die wa tydens die reis, of langs die kampvuur, neergeskryf het:

Naamlose Gedig geskryf deur Z.B.Jansen ca. 1873 (Onveranderd):

Vers 1
Een ieder mag in dese tyden
De goedhyd onse god belyden
En Zynen naam prysen met de daad
Het hyl dat god ons kwam scheinken
Dat is wel waardig te bedinken
Zoo dikmaals als de klokke Slaat

Vers 2
Slaat de Klok Een maak ons indagtig
Daar is maar Een god almagtig
En Een Zaligmaker Zoet
En geloof Een doop Zal verheven
Ons is maar Eenen naam gegeven
Waar door wy Zalig worden moet
Vers 3
Slaat de Klok twee
Laat ons gedeinken dat god ons geef twee
Twee tafels gaf god in Zyn wet
Twee wegen worden wy beschreven
Twee teekens heef hy ons gegeven
Het nuwe verbond heef ingesteld
Vers 4
Slaat de Klok drie
Laat ons gedeinken aan de dri dagen
Toen christus hier begraven lag
Ten derden dag is hy verresen
Dri dagen is Zoo als wy lesen
Dat Jonas in den vissche was
Vers 5
Slaat de Klok vier
Na ons begering wy moeten doen En na de here
Den vieren faam geef geen Zot
Door Edene waren vier rivieren
Vier Elementen door het bestiren
Des heeren Zeegen ons behoet
Vers 6
Hoord men de Klok vyf  Slagen gefen
Vyf boeken heef moses geschrefen
Vyf Steden aan dafid wel Een
Vyf Steden Sodom god mishagen
Vyf wyze en vyf dwaze maagden
Zend god Zyn Zoon ons tot Een leer
Vers 7
Slaat de Klok Zes O god van waarde
Schiep in Zes dagen hemel in aarde
En al wat er in is uit nietten
Zesde uur kaan Jesus gaande
Daar by Jakobs fontein Zend gaandea
ls by de Stad die Siegar heet
Vers 8
Slaat de Klok Zefen
wel aan merken god rusde bofen Zyne werken
Hy heiligde den Zefend dag
god gun aan faroo Openbaaren
De Zefen goede en kwade Jaren
Die hy in Eenen droom oord Zag 
Vers 9
Slaat de Klok acht
Het is wel reden dat men aan acht Zaligheeden
gedeinken En daar acht Slaan
toen god de Zondvloet heef gesonden
Zyn daar ach Zielen ryn bevonden
Die inde ark Zyn ingegaan
Vers 10
Slaat de Klok negen
gedeink by desen hoe dat chrustus veel heef
gelyden
als aan het kruis de negende uure
nege melaatshen ondankbaar waaren
toen Jesus haar hielp uit gevaren
gelyk wy lesen inde Schriftuur
Vers 11
Slaat de Klok tien
het is wel van nooden dat men doet na de tien
geboden
Die god Eens gaf aan israel
tien plagen in Egypten dalen
tien Zoonen Jacobs kooren halen
in den duren tyd Zoo wel
Vers 12
Slaat de Klok elf
na ons behoren Elf Sterren heef Josef
verkoren
nyg voor hem Zon en maan
Dan Jesus gung ter Elfde uure
arbyders in Zyn wyngaard huuren
Die hy nog ledig vond daar Staan
Vers 13
Slaat de Klok twalf
Na ons behoren twaalf Zoonen heef Jacob verkoren
Twalf uuren Zyn er in den dag
Twaalf apostelen van onsen heere
En die wel leefden na den leerre
Die men gelukkig noemen mag
Vers 14
wel aan laat ons nie wel ter deege
al dese deingen over weegen
gedeinken en daar acht op Slaan
En alles wat ons komt te vooren
En ook wel dienen na behooren
En ook wel dienen tot vermaak
 

 

#E04#60Horlosie1
 #E04#60Horlosie2 #E04#60Horlosie3 
#E04#60Horlosie4 #E04#60Horlosie5
#E04#60Horlosie6 #E04#60Horlosie7
#E04#60Horlosie8 #E04#60Horlosie9
#E04#60Horlosie10 #E04#60Horlosie11
#E04#60Horlosie12 #E04#60Horlosie13
#E04#60Horlosie14 #E04#60Horlosie15

Net soos wat die vorige gedig in sy transportboekie aanduidend is van Zirk se oorsigkennis van die inhoud van die Bybel, getuig die ander gedig van Zirk se buitengewone kennis van die Bybelse Boodskap.  Dis amper soos 'n Belydenisskrif (kort opsomming van die hoofwaarhede van die Bybel).  Die inhoud van die gedig getuig van diepe insig en begrip.  Dit word hier weergegee met enkele opmerkings en verklarings:

Rym Lyst van de boeken des Ouden en Nuwen Testamend
                       - Zirk Bernardus Jansen (ca 1860; onveranderd)

Vers 1
Het heilig bybel boek bevat
en zog een aangenaamen Schat
voor naarsligen en zoeken
men vind in oude testamend
by Jood en Christen wel bekend
en min dan veertig boeken
vyf zyn van moses josua
het boek der rigteren ruth daarna
van samiel twee boeken
twee van’t bedryf der koningen
Kronyken twee door gees en pen
Beschreven voor gods werken
Vers 2
Esra en nehemia trouwe boek
Esther ahasveros vrouw
Job en het der Psalmen
De Spreuken prediker en hooglied
veel Schooner dan parnas uitgiet (Ferdie: parnas taal beteken digterlike taal)
En aangenaamen galmmen
daar zyn vier noemd men
groot en twaalfe klyn
De groote zyn mets desen
Jasaias deftig hoog van toon
En dan Jerimia priester zoon
Die klaaglied ook doen lesen
Vers 3
De derde is Ezegeel
De vierde de groote daniel
nu volgen ook de Klynen
Hosea Joel amos frisch
obatja jona in den visch
En uit den visch onryne
voorts micha nahem habekuk
Zefanja haggai die van druk
vermeld van Zacharias
Maleachie die besluit het hek (Ferdie: Maleagi die laaste boek sluit die hek)
vertoond ons in een kord bestek
Die komst van den missias
Vers 4
het nuwe testamend begind
Mit Jezus gods heilig kind
Den mensch tot heil gegeven
De boeken of af deeligen
Zyn drie maal negen door de pen
van heiligen beschreven
Matheus markus Lukas En Johannes
of wel Johannes melden van
De daden onzes heeren
Sind lukas en het Schrieven kloek
beschreeven met lof een tweede boek
de apostolissche leere
Vers 5
Apostel poulus groot van gees
wel Eer in paradys geweest
Schreef tweemaal Zefen briefen
De Een geing na roma heen
aan de Corentiers twee voor Een
Om chrustendom te griefen
Gelaten Efeze philippensen
Colessensen Elk na wensch
twee briefen Zand hy heilig
Naar tesselonisen toe
Werd nooid van Schryfen mad nog mooi (Ferdie: word nooit mat of moeg
 god maak zyn Schryfen veilig                                                         van skryf
)
Vers 6
hy Zend twee briefen met Een kus (Ferdie: hy stuur die briewe met ‘n soengroet)
Aan Zynen Zoon timotius
Aan titus Een al meede
En aan philimon met gebeen (Ferdie: met gebede?)
En op laats aan de heebreen
na wens van heil en freede
De verder heilig briefen Zyn
Een van Jacobes Schoon En ryn
hy licht in verklareng
Petirus Schryf twee johannis drie
Dan volgt de brief van judas
Vers 7
Det Zyn de boeken van het oud verbond
Een nu verbond meer waard dan goud
Men Zoek hier En het leven
het Eeuwig leven is hier En
te venden wat Een groot gewen (Ferdie: Wat ‘n groot wins!)
wel ons genade gefen
O heer Zoo groot op uwen troon
Dat wy door uwen liefen Zoon
Die ons dit koms bewyzen
op Zoeken magen het Smalle pad
Waar wy gaan na de hemel Stad
om Eeuwig uw te pryzen
 

In vers 7 verduidelik Zirk met gevleuelde woorde dat die inhoud van Hooglied ‘skoner is as die uitgiet van parnas’ (Parnas of Parnassus was ‘n berg in Griekeland wat aan die Muse toegewy was.  Die Muse was nege godinne vanuit die Griekse en Romeinse mitologieë wat toesig gehou het oor die wetenskap en kunste.  As jy dus kon dig, is daar van jou gesê dat jy die’ parnas’-berg bestyg het; of, in die idioom van Zirk se tyd, as jy geïnspireer was om mooi te dig – soos in die geval van Salomo se Hooglied –  is daar gesê dat parnas oor jou uitgegiet is ).  In Vers 7 som hy die waarde van die Bybel op (soos beskryf in AL die boeke van die ou- en nuwe testamente) as ‘n geweldige wins vir ons en wat deur genade aan ons gegee is: Dis in die Bybel waar mens die Lewe kan soek!  En dan sluit hy sy massale ‘Rymlys van Boeke’ af met ‘n gebed: 

O! God! So groot op U troon
Wat deur u geliefde Seun
se koms vir ons gewys het
hoe ons mag soek na die smal pad
wat die weg aandui na die Hemelstad
sodat ons U ewig kan prys. 

Zirk het geweet dat die Bybel die weg aandui na redding deur Christus, en baie belangrik: dat die feit dat ons wel die Bybel het om te lees, blote genade is.  Zirk was egter ook baie bewus daarvan dat dit nie hier eindig nie:  Ons kan nie op ons louere rus nie; ons moet soek na die (weg tot) die ewige lewe, die weg wat Jesus vir ons kom aanwys het.  Uiteindelik gaan dit dus daaroor dat Jesus, God se geliefde seun, vir ons die weg tot saligheid aanwys:  Hoekom? Sodat ons die ewige lewe kan betree ten einde aan God, die Vader, ewige lofprysing te betoon waar Hy op Sy troon sit! 

 #E04#60Rymlys00
#E04#60Rymlys01 #E04#60Rymlys02
#E04#60Rymlys03 #E04#60Rymlys04
#E04#60Rymlys05 #E04#60Rymlys06
#E04#60Rymlys07 #E04#60Rymlys08
#E04#60Rymlys09 #E04#60Rymlys10
#E04#60Rymlys11 #E04#60Rymlys12
#E04#60Rymlys13 #E04#60Rymlys14

 [Soli Deo Gloria!  Aan God die eer vir die lewe van Zirk Jansen van Schaapkraal!]

 TERUG

Uitstalling E5. Traporrels

Twee traporrels vanuit Jansen-huise word onderskeidelik deur Stander Jansen (#2753; Schaapkraal se orrel) en Annetjie van der Westhuizen, gebore Jansen (#1197; Willowbank se orrel) bewaar.  Die ouderdom van die twee orrels is onbekend, maar beide is in werkende toestand. Stander se moeder het Schaapkraal se orrel in 1964 in Pretoria deur 'n orrelbouer laat restoureer.

#E05 Orrel Schaapkraal #E05 Orrel Willowbank
Schaapkraal se Orrel

Oorspronklike Eienaar: #403 Frederik
Antonie Jansen

Naam op Orrel: Smith American Organ
& Piano Company.

Die Maatskappy is in 1852 in Boston
gestig

Willowbank se Orrel

Oorspronklike Eienaar: #398 Jacobus
Petrus Ja
nsen

Naam op Orrel: Chicago Cottage.
Sole Agent: R Muller, Cape Town.

Die Chicago Cottage Organ & Piano
Company is oorspronklik in 1879 gestig
onder die naam Wolfinger Organ
Company.

 TERUG