Frederik Antonie Jansen #30
(Freek/Frikkie "Withuis")

#30 3de huwelik

(#30) Frederik Antonie Jansen Frikkie/Freek "Withuis"

#30 3de Vrou

Johanna Susara Cornelia Potgieter (Frikkie se 3de Eggenote)

#30FAJ

Frederik Antonie Jansen #30

#139

Frikkie/Freek "Withuis" Maria Johanna Joubert
(Frikkie se 4de Eggenote)

Frederik Antonie Jansen (Frikkie of Freek Withuis) was vyf keer getroud. Hy het een seun (Zirk Bernardus Jansen) saam met sy eerste eggenote, Anna Susanna Rabie, gehad. Hy en sy tweede eggenote, Maryna Johanna du Toit, het geen kinders gehad nie. Sy derde eggenote, Johanna Susara Cornelia Potgieter, was voorheen getroud, en het twee kinders by haar eerste man gehad. Hulle was Martin en Charlina Viljoen. Beide hierdie kinders verskyn op die foto's hier onder. Freek en Johanna had saam tien kinders gehad. Daar was dus altesame dertien kinders wat saam met hul ouers in die Withuis in Plasketstraat, Graaff-Reinet gewoon het. Freek het eweneens geen kinders by sy vierde en vyfde vrouens gehad nie. Ouderdom het waarskynlik hier 'n rol gespeel. Sy vierde eggenote was Maria Johanna Joubert en die vyfde, Johanna Hendrica Dippenaar. Laasgenoemde het vir Freek met tien jaar oorleef.

#30 5de Vrou

(#30) Frederik Antonie Jansen en Johanna Hendrica Olivier (néé Dippenaar, 5de Eggenote)

Withuis Seuns

Die "Withuis"-seuns saam met hul Vader Frikkie "Withuis". Die man met die kierie is Frikkie en sy eerste eggenote, Anna Susanna Rabie, se enigste kind, Zirk Bernardus Jansen. Frikkie se derde eggenote, Johanna Susara Cornelia Potgieter, se seun Martin Viljoen by haar eerste eggenoot, staan agter.

Withuis Dogters

Die "Withuis"-dogters, kinders van Frikkie en sy 3de eggenote, Johanna Susara Cornelia Potgieter, hier afgeneem by hul Vader se 4de eggenote, Maria Johanna Joubert

#30 Familie

Die “Withuis” JANSEN – familie, ca Aug 1901. “Frikkie Withuis” (met wit baard) sit in die middel. Die vier mans in die agterste ry, van links, is Philippus Jacobus, Hendrik Lodewyk, Frederik Antonie en Roelof Andries. Die vrou aan Frikkie se regterkant is sy dogter Anna Catharina en aan sy linkerkant, sy dogter, Aletta Catharina, met haar eggenoot John Wolfaardt. Die twee vroue heel voor is Frikkie se dogters Johanna Susara Cornelia (links, met haar eggenote, George Wolfaardt) en Ellie Francina (regs)

#30 Withuis 1950

Bo: Die "Withuis" in Plasketstraat, Graaff-Reinet, ca 1950. Die skildery van die Withuis (onder links) is die eiendom van Jenni Rogers, van die plaas Hathersage tussen Graaff-Reinet en Middelburg, Sy het goedgunstiglik die foto van die skildery voorsien.

#30 Withuis skildery

Skildery van die "Withuis" deur Nora Pitman, voor 1950

#30 Withuis 2007

Die "Withuis se erf soos wat dit in 2007 gelyk het

#30 Voor Withuis

Freek "Withuis" voor die huis.

#30 Wingerd

(#431) Hendrik "Withuis", Freek se seun, in die wingerd agter die huis

#30 Withuis Erf

Panorama van Graaff-Reinet met die "Withuis", heel voor aan die onderpunt van Caledonstraaat. Die omvang van die wingerde agter die huis langs die Sondagsrivier is duidelik sigbaar. Foto: Met dank aan Reinet Museum

TERUG