Drie Geslagte In Suid-Afrika

- Bygewerk deur Simon Jansen

Drie Geslagte in Suid-Afrika

Stamvader Zirke Jansen en sy eggenote Catharina, het sewe kinders gehad: Twee seuns en vyf dogters.  Beide die seuns het ’n nageslag gelaat wat die Jansen-familienaam kon voortdra.  Hierdie twee seuns, Cornelis Rudolphus Jansen (#255) en Roelof Andries Jansen (#34), kan dus tereg die twee Tak-vaders van die Jansen-familie genoem word:

Nota:

Ferdie se familie kom uit Roelof Andries Jansen, b4 #34 se tak.
Myself (Simon) kom uit die Cornelius Rudolphus Jansen, b3 #255 se tak.

Nie Europese Banier
Drie Geslagte Diagram

Seuns en kleinseuns van stamvader Zirke Jansen

Bostaande diagram toon die manlike afstammelinge van Zirke Jansen tot in die derde geslag.  ’n Meer volledige weergawe (met datums en ’n verdere geslag, insluitend die Jansen-dogters) kan by die volgende skakels besigtig word:

Cornelis Rudolphus Tak

Roelof Andries Tak

TERUG