Inleiding

Inleiding

Volgens Heese (Groep Sonder Grense, 1984, p.15) was daar tot voor die stigting van die Europese nedersetting aan die Kaap vier duidelik onderskeibare etniese groeperings aan die Suidpunt van Afrika.

Die eerste groep was die Bantoes van die Oostelike streke van die land. Weens hulle sterk politieke, ekonomiese, sosiale en militêre struktuur en weens die feit dat hulle veeboerdery, sowel as landbou be-oefen het, het hulle die boonste laag van die inheemse bevolkingsgroepe gevorm.

Volgende was die Khoi, wat by uitstek ‘n veebesittersgroep was en wat in die Kaap en Karoo gewoon het. Hulle het ‘n semi-nomadiese bestaan gevoer en het met hulle vee agter die beskikbare weiding in die droë landstreke rondgetrek.

Derdens was daar die San-groepe. Hulle was jagter-versamelaars en hulle welvaart is bepaal deur die teenwoordigheid van wild. Hulle het na aan die natuur geleef en het nie die kennis van onderwerping van die natuur soos landbou en veeteelt besit nie. Deur die gebruik van pyl en boog vir jagdoeleindes, asook uitgebreide veldkennis, het hulle die ekologiese stelsel grootliks onversteurd gelaat.

Die laaste groep was die Khoi-San. Dit was afstammelinge van die Khoi wat hulle veebesit verloor het en die gewoontes van die San aangeneem het. Behalwe vir die fisiese vermenging tussen Khoi en San, was daar ook kulturele vermenging. Hulle was bekend vir hul rooftogte op die ander groepe, veral dan ook op die nuwe nedersetters sedert 1652. Na die volksplanting is die volkereverskeidenheid uitgebrei deur die vestiging van blanke Europeërs en ‘n daaropvolgende voortdurende stroom van Wes-Europeërs na die Kaap. Kort op die hakke van die Europeërs het die grootskaalse invoer van slawe vanuit veral Indië en Indonisië gevolg.

Die situasie was geskik vir die fisiese en kulturele vermenging van al hierdie verskillende groepe. In die Kaapse skiereiland self was daar aanvanklik slegs die Khoi-stamme en die blanke Kompanjie-amptenare. Die Khoi-stamme het die blanke amptenare op finansiële vlak oorskadu omdat hulle selfvoorsienend was ten opsigte van lewensbehoeftes en voedsel. Daarenteen was die deursnee blanke soldaat of matroos in die laer range dikwels ‘n persoon wat in totale armoede geleef het en op die Kompanjie aangewese was om ‘n bestaan te voer. Die slawe het voorts ekonomies en kultureel spoedig deel van die Europese samelewing aan die Kaap geword. Die oneweredige verhouding tussen blanke mans en vroue ten opsigte van getalle, het fisiese vermenging tussen blanke mans en slavinne (veral Indies) en ook Khoi vroue tot gevolg gehad. Die kinders uit hierdie verbintenisse is grootliks in die blanke samelewing opgeneem.

Verskeie navorsers het gedurende die twintigste eeu, en veral tydens die periode wat gevolg het op die Nasionale regerings-oorname in 1948, gepoog om uitspraak te lewer oor die vermenging van rasse in die voorgeslagte van die Afrikanervolk. Sekere uitsprake, onder andere díe van A.P. Treurnicht in sy werk “Credo van ‘n Afrikaner”, het gepoog om Europese rassesuiwerheid van die Afrikaner-volk aan te dui. Laasgenoemde tipe uitsprake staan egter in skrille kontras met die bevindinge van navorsers wat die graad en omvang van ras-vermenging in die vroëe ontwikkelingsgeskiedenis van Suid-Afrika probeer bepaal het (Groep Sonder Grense, 1984, p.2).

Weens die heldeverering wat daar vir die Boere-volk in Europa bestaan het tydens en na die afloop van die Anglo-Boere oorlog, het dr. H.T. Colenbrander hom in 1902 daarop toegespits om die Nederlandse, Duitse en Franse aandeel in die samestelling van die Afrikanervolk vas te stel. Volgens sy berekening was die gekleurde komponent minder as 1% (Groep Sonder Grense, 1984, p.2).

Alhoewel hy nie soos Colenbrander persentasies probeer bereken het nie, het dr. J. Hoge in 1946 die hoë voorkoms van rasgemengde huwelike onder veral die Duitse immigrante beskryf (Groep Sonder Grense, p.2).

Dr. J.A. Heese het in 1971 op ‘n wetenskaplike wyse bevind dat gemiddeld 7% van alle Afrikaners se stamouers van gekleurde afkoms was(Groep Sonder Grense, H.F. Heese, 1984, p.3).

In die meegaande werk is, anders as in die geval van bogenoemde navorsing, gepoog om ‘n berekening te doen van die persentasie per persoon waarvoor gekleurde afkoms bewys kon word. So is de facto bewys gevind dat die nie-Europese aandeel in die afkoms van

Frederik Antonie Jansen
a.b4.c5.d6.e1.f3 (ou nommer stelsel, dit sal nogsteed hier en daar voorkom)

Gebore 23/07/1892; Gedoop 4/09/1892; Getroud 18/02/1919; Oorlede 9/09/1972,

en

Anna Sophia Jansen
a.b4.c5.d4.e1.f3 (ou nommer stelsel, dit sal nogsteed hier en daar voorkom)

Gebore 18/03/1895; Gedoop 2/06/1895; Getroud 18/02/1919; Oorlede 8/09/1972,

onderskeidelik op 8,3% en 8,0% gestel kan word. Hier is gebruik gemaak van ‘n berekeningsmetode wat deur dr. H.F. Heese van die Wes-Kaaplandse Instituut vir Historiese Navorsing voorgestel is (Groep Sonder Grense, H.F. Heese, 1984, p.12).

Die outeur moet dit egter op hierdie stadium baie duidelik stel dat hier nie bedoel word dat die betrokkenens onderskeidelik 8,3% en 8,0% gekleurde of slawebloed in hul are het nie. Voorts beteken hierdie persentasies ook geensins dat die genetiese samestelling van die persone sodanig is dat dit dui op die persentasie gene van gekleurde of slawe-afkoms nie. Hierdie persentasies dui hoogstens op die bydrae van gekleurde persone of nie-Europese slawe onder die voorgeslagte. Die leser word vriendelik verwys na die artikel elders op hierdie webtuiste waar oorerwing breedvoerig bespreek word.Gesinne

Huwelike tussen persone van gekleurde afkoms en Europese immigrante, burgers en besoekende skeepslui aan die Kaap het vry algemeen voorgekom onder die Hollandse bewind. Die eerste van hierdie huwelike het in 1656 plaasgevind en die tweede in 1658. Aanvanklik was die voorkoms van sulke huwelike beperk, maar daar was ‘n merkbare toename in die agtiende eeu tot 1795. Die eerste voorkoms van so ‘n huwelik onder die voorgeslagte van F.A. & A.S. Jansen was díe van Pieter van Meerhof (vanaf Kopenhagen, Denemarke) en Eva Krotoa (‘n Khoi boorling van die Kaap) in 1664.

Die afkoms van F.A. & A.S. Jansen is gerekonstrueer deur die voltooiing van ‘n kwartierstaat vir alle voorsate tot en met elke stamouer (vader en moeder), en insluitend die land van herkoms van elk. Die onderskeie persentasies van 8,3% en 8,0% is die uitvloeisel van die voorkoms van sestien individuele nie-Europese voorsate onder hul gesamentlike voorgeslagte. In terme van die genetiese oorsprong is gevind dat die ‘nie-Europese' voorsate afkomstig was vanaf die Kaap (gebore aan die Kaap, 7), Indië (Malabar, Bengale en Palicatta, 6) en Maleisië (Timor, 1). Een persoon (Eva) is afkomstig van die Khoi inheemse bevolking en een persoon (Jannetje Kemp) is van onbekende oorsprong, maar wel nie-Europees (Groep Sonder Grense, H.F. Heese, 1984, p.56).

Diegene wat gebore is “aan die Kaap” was meesal die gevolg van ras-vermenging tussen blankes en die inheemse bevolking, blankes en slawe (Negers, Indies en Maleis-Polinisies) en slawe onderling. Daar het ook vermenging tussen die slawe en die Khoi inboorlinge plaasgevind.

Die vreemde genetiese materiaal onder die Europese bevolking aan die Kaap het egter vinnig “verdun”. Die nasate van die nie-Europese/Europese verbintenisse is onder die Europese bevolking opgeneem en huwelike van kinders van gemengde afkoms was gewoonlik met Europeërs. Die “verdunning” van die gekleurde genetiese materiaal is egter in sommige gevalle vertraag deur familie-ondertrouery of deur met ander persone te trou wat ook van gemengde afkoms was. In die geval van F.A. & A.S. Jansen is daar voorkoms van beide hierdie tendense.

As voorbeeld van huwelike van gekleurde nasate onder mekaar, kan genoem word dat die nageslag van Eva (Khoi) by vyf geleenthede teruggetrou het onder mekaar in die Jansen voorgeslagte. Net so kom die nageslag van Maria van die Kaap vyf keer in die Jansen voorgeslagte voor. Ander voorbeelde is die van Jan Jacobs, asook Arriaantje van Cathryn, wie se nageslagte elk twee keer teruggetrou het. Op dieselfde wyse het Bartholomeus Zaaiman (afstammeling van Eva) in 1741 met Anna van Billion (afstammeling van Maria van die Kaap) getrou. Etlike sodanige voorbeelde kan in die kwartierstaat van F.A. & A.S. Jansen gevind word.

Die frekwensie van ondertrouery in F.A. & A.S. Jansen se voorgeslagte was besonder hoog. F.A. & A.S. Jansen was byvoorbeeld eie klein-neef en klein-niggie met dieselfde oupa- en oumagrootjie aan beide se vaderskant. Hierdie selfde oupa- en oumagrootjie (Zirk Bernardus Jansen en Aletta Catharina Momberg) was voorts eie neef en niggie, met dieselfde oupa en ouma aan beide se moederskant. Zirk Bernardus en Aletta Catharina se moeders was susters en kinders van Frederik Antonie Vlotman en Aletta Catharina Zaaiman (agter-agter kleinkind van Eva). Hierdie is ‘n mooi voorbeeld van hoe die “verdunning” van die gekleurde genetiese materiaal deur ondertrouery vertraag word.

Ten einde ‘n volledige beeld te kan gee, volg hierna ‘n bespreking van die beskikbare inligting oor elk van die sestien gekleurde voorsate van F.A. & A.S. Jansen. Daar word voorts gepoog om met afstammingsregisters aan te dui wat die verbintenis van F.A. & A.S. Jansen met hierdie voorsate is.

Van die sestien agter-grootouers van F.A. & A.S. Jansen (verwys na Tabelle 1 en 2), is dit slegs Michieles Christoffel van der Merwe en Anna Francina Joubert wat van suiwer Europese afkoms was. Die nie-Europese voorouers in die voorgeslagte van die oorblywende veertien agter-grootouers word in Tabel 3 hieronder gelys.

Zirk Bernardus Jansen Frederik Antonie Jansen Zirk Bernardus Jansen Frederik Antonie Jansen
(Olievenfontein)
Aletta Catharina Momberg
Jan Bastiaan Rabie Anna Susanna Rabie
Elsie Elisabeth Kruger
Philippus Jacobus Viljoen Dirk Johannes Viljoen Hendriena Cecilia Viljoen
Hermina Aletta Booysen
Gerrit van Niekerk Hendrina Cecilia van Niekerk
Anna Christina Vermeulen

Tabel 1. Afkoms van Frederik Antonie Jansen (a.b4.c5.d6.e1.f3)Gesinne

Zirk Bernardus Jansen Frederik Antonie Jansen Zirk Bernardus Jansen Anna Sophia
Jansen (Olievenfontein)
Aletta Catharina Momberg
Mativus Johannes Willemse Geertruida Johanna Willemse
Maria Elisabeth Botha
Machieles Christoffel van der Merwe Isaac Johannes van der Merwe Anna Sophia van der Merwe
Anna Sophia Pretorius
Johannes Gerhardus Petrus Carelse Johanna Catharina Carelse
Anna Francina Joubert

Tabel 2. Afkoms van Anna Sophia Jansen (a.b4.c5.d4.e1.f3)Gesinne

EtnisiteitGesinne Plek van HerkomsGesinne NaamGesinne
GesinneKhoiGesinne GesinneKaap van Goeie HoopGesinne GesinneEva KrotoaGesinne
GesinneKaapsGesinne GesinneKaap van Goeie HoopGesinne

(:cel valign="middle" align="left":)GesinneMaria, Henrietta Wittebol, Ansela, Arriaantjie van Cathryn, Helena, Christina, Jan JacobsGesinne

GesinneIndies GesinneMalabar, Indië GesinneCatharina, Claas
GesinneIndies GesinneBengale, Indië GesinneMagteld, Maria Cornelisse, Constantia, Anthony
GesinneIndies GesinnePalicatte, Indië GesinneCatharina
GesinneMaleisies GesinneTimor, Maleisië GesinneHelena
GesinneOnbekend GesinneOnbekend GesinneCecilia Swerisse of Sweeris

Tabel 3. Die nie-Europese voorouers, hul etnisiteit en plek van herkoms.Gesinne

In Tabel 4 hieronder verskyn ‘n lys van al sestien agter-grootouers van F.A. en A.S. Jansen, tesame met die persentasie nie-Europese afkoms van elk. Hierdie persentasie is gebaseer op die berekeningsmetode soos voorgestel deur Dr Heese in sy boek waarna hierbo verwys is. Die berekening is voorts slegs gebaseer op die aantal nie-Europese voorsate waarvoor daar bewyse vir hulle bestaan in die bloedlyn van F.A. & A.S. Jansen gevind kon word. Soos voorheen gesê, is die persentasies nie verteenwoordigend van die hoeveelheid genetiese materiaal van die nie-Europese voorouers wat restant gebly het in die DNS van die individue in die lys nie.

F.A. en A.S. Jansen en elk se agter-GrootouersGesinne Gesinne Nie-Europese VoorouersGesinne Naam en Plek van Oorsprong van die Nie-EuropeërsGesinne
FREDERIK ANTONIE JANSEN 8,3 Eva, Maria van die Kaap, Henrietta Wittebol, Catharina van Malabar, Ansela van die Kaap, Cecilia Sweeris, Anthony van Bengale, Catharina van Palicatte, Ariaantje van Cathryn, Helena van die Kaap, Christina van die Kaap, Jan Jacobs
Zirk Bernardus Jansen 7.8 Eva, Maria van die Kaap
Aletta Catharina Momberg 10.9 Eva, Maria van die Kaap, Henrietta Wittebol
Jan Bastiaan Rabie 1.6 Catharina van Malabar
Elsie Elisabeth Kruger 8.6 Eva, Maria van die Kaap, Ansela van die Kaap, Cecilia Sweeris
Philippus Jacobus Viljoen 12.5 Anthony van Bengale, Catharina van Palicatte
Hermina Aletta Booysen 3.1 Ariaantje van Cathryn
Gerrit van Niekerk 9.4 Helena van die Kaap, Cecilia Sweeris
Anna Christina Vermeulen 12.5 Ariaantje van Cathryn, Christina van die Kaap, Jan Jacobs
ANNA SOPHIA JANSEN 8,0 Eva, Maria van die Kaap, Henrietta Wittebol, Magteld Maria Cornelisse, Anthony van Bengale, Catharina van Palicatte, Ariaantje van Cathryn, Christina van die Kaap, Jan Jacobs, Claas van Malabar, Helena van Timor, Constantia van Bengale
Zirk Bernardus Jansen 7.8 Eva, Maria van die Kaap
Aletta Catharina Momberg 10.9 Eva, Maria van die Kaap, Henrietta Wittebol
Mativus Johannes Willemse 12.5 Magteld Maria Cornelisse
Maria Elisabeth Botha 3.1 Anthony van Bengale, Catharina van Palicatte
Machieles Christoffel van der Merwe 0.0 Europese oorsprong
Anna Sophia Pretorius 1.6 Ariaantje van Cathryn
Johannes Gerhardus Petrus Carelse 28.2 Christina van die Kaap, Jan Jacobs, Claas van Malabar, Helena van Timor, Constantia van Bengale
Anna Francina Joubert 0.0 Europese oorsprong

Tabel 4. Persentasie nie-Europese komponent onder die voorgeslagte van F.A. & A.S. Jansen en hulle sestien agter-GrootouersGesinne

ZB JANSEN 1800

Zirk Bernardus Jansen (‘n kleinseun van die stamvader, Zirke Jansen, en die vader van Frederik Antonie Jansen, “Frikkie Withuis” en Zirk Bernardus Jansen, "Schaapkraal").

JPG CARELSE

Jacobus Petrus Gerhardus Carelse Hierdie is die enigste agter-grootouers van F.A. & A.S. Jansen van wie fotos behoue gebly het. Toevallig is J.P.G. Carelse ook die agter-grootouer met die grootste persentasie nie-europese afkoms (28.2%). J.P.G. Carelse is A.S. Jansen se moeder (Anna Sophia van der Merwe, “Ouma Vita”) se oupa aan moederskant. Zirk Bernardus, daarenteen, se moeder, Elsie Elisabeth Vlotman, was ‘n kleindogter van die agterkleinkind van die bekendste van al die nie-Europese voorouers van A.S. Jansen, Eva Krotoa, ‘n Khoi boorling van die Kaap uit die tyd van Jan van Riebeeck.

TERUG