Helena van die Kaap

Helena na G v Niekerk

Diagram 12. Gerrit van Niekerk, ‘n kleinkind van, Helena Elisabeth Oberholster, ‘n kleinkind van Helena van die Kaap

Helena van die Kaap was ‘n slavin wat op 17 Oktober 1718 met Willem Stevenz Bergman, oorspronklik vanaf Deventer in Nederland, getroud is. Daar word soms na haar verwys as “Lena van die Kaap”. De Villiers en Pama verwys ook na haar as Helena Mulder. Hierdie huwelik tussen ‘n slavin en ‘n Europeër is ‘n voorbeeld van waar die huwelik tot die slavin se vrystelling gelei het. Hulle kinders is volledig in die Europese gemeenskap aan die Kaap opgeneem en het gevolglik ook bygedra tot die vorming van die Afrikanervolk. Gerrit van Niekerk, ‘n grootjie-oupa van F.A. Jansen van Olievenfontein, tel onder die nageslag van Helena van die Kaap. Verwys na Diagram 12. Gerrit van Niekerk was die agter-agterkleinkind van Willem Stevenz Bergman en Helena van die Kaap.

Dit is hier van belang om te meld dat Gerrit van Niekerk se dogter, Hendrina Cecilia van Niekerk, en sy kleindogter, Hendrina Cecilia Viljoen, na sy moeder, Hendrina Cecilia Steenkamp, vernoem is. Verwys na Tabel 1 (Genetika - werkstuk) en Diagram 12. Sy is op haar beurt na haar moeder Hendrina Cecilia Kruger vernoem. Dit is dan die oorsprong van F.A. Jansen (Olievenfontein) se moeder se naam. Hendrina Cecilia Viljoen was ‘n veelbesproke persoon in die Jansen-familie. Alhoewel hy haar beswaarlik kon onthou, het Frikkie altyd na sy moeder verwys as ‘n pragtige en lieft all ige moeder. Sy is kort na die geboorte van haar vierde kind op 12 Januarie 1895, oorlede op 31 Januarie 1895. Sodoende is Frikkie, sy twee sustertjies en hul baba-boetie Dirk, vroeg in hulle lewens wees gelaat. Frikkie was maar 2 jaar en ses maande oud toe sy moeder oorlede is. Slegs ses maande later, op 22 Julie 1895, is Frikkie se vader met Leonarda Johanna Louw getroud. ‘n Verdere ses kinders is uit die tweede huwelik gebore.

Soos later gesien sal word, het Hendrina Cecilia Kruger ook nie-Europese voorouers gehad. Die Kruger stammoeder was van nie-Europese oorsprong.

Soos voorheen aangedui, stam Gerrit van Niekerk se eggenote, Anna Christina Vermeulen ook vanuit Ariaantjie van Cathryn. In die volgende hoofstuk sal gesien word dat sy ook nog ander nie-Europese voorsate het.

TERUG