Jan Jacobus van die Kaap

Jan Jacobus na JPC Carelse

Diagram 14. Jacobus Petrus Gerhardus Carelse, ‘n kleinkind van, Johanna Intrapniet, ‘n kleinkind van Anna Agneta Pieters (eggenote van Jan Jacobs van die Kaap), ‘n kind van Christina van die Kaap.

Hierdie twee nie-Europese voorsate van F.A. & A. S. Jansen word saam bespreek weens die besondere verbintenis van hulle direkte nageslag met mekaar. Hierdie is een van slegs drie opgetekende gevalle van ‘n nie-Europese man in die voorgeslagte van F.A. & A.S. Jansen. Onder Jan en Christina se nageslagte tel ‘n ouma-grootjie van F.A. Jansen, asook ‘n oupa-grootjie van A.S. Jansen. Hierdie twee grootjies is respektiewelik Anna Christina Vermeulen (Diagram 13) en Jacobus Petrus Gerhardus Carelse (Diagram 14).

Baie min is van Christina bekend. Sy is aan die Kaap gebore vanuit die slawe-geledere. Dit is nie bekend of sy met die vader van hul dogter, Anna Agneta Pieters, getroud was nie. Hy was Andreas Pieters, afkomstig vanaf Lubeck, Duitsland. Soos haar moeder, is Anna Agneta ook opgeteken as “van die Kaap”, ‘n onmiskenbare aanduiding dat Christina van nie-Europese oorsprong was en aan die Kaap gebore is. Anna Agneta is op 2 Januarie 1718 met Jan Jacobs, ook “van die Kaap”, getroud.

Vrouens van nie-Europese afkoms is veel makliker in die “blanke” samelewing aanvaar as hulle manlike eweknieë. Die dogters van slavinne is selfs makliker aanvaar – of hul moeders tydens geboorte van die kind in slawerny of vry was, was van minder belang (Heese, Groep Sonder Grense, p.14).

Dit is nie bekend wanneer en onder watter omstandighede Catharina Jacobs haar eerste eggenote, Renier Carelse, verloor het nie. Wat wel van belang is, is dat sy, uitsonderlik vir die tyd, die derde geslag van Kaapse nie-Europeërs was wat opgeteken is, en dat sy stammoeder vir twee Afrikaner-families was, naamlik Carelse en Intrapniet.

TERUG